Wetenskaplike klassifikasie

Wetenskaplike klassifikasie:
Arr d.png
Domein
Arr d.png
Koninkryk
Arr d.png
Filum of Divisie
Arr d.png
Klas
Arr d.png
Orde
Arr d.png
Familie
Arr d.png
Genus (geslag)
Arr d.png
Spesie (soort)

Wetenskaplike klassifikasie of biologiese klassifikasie is die manier waarop bioloë uitgestorwe en lewende spesies groepeer en kategoriseer (teenoor volkstaksonomie). Moderne klassifikasie is gebaseer op die werk van Carolus Linnaeus, wat spesies volgens gedeelde fisieke eienskappe gegroepeer het. Die groeperings is sedertdien hersien om ooreenkoms met Darwin se beginsels van gedeelde afkoms te verbeter. Molekulêre sistematiek, wat DNS-reekse as data gebruik, het aanleiding gegee tot baie van die onlangse hersienings en sal na verwagting 'n belangrike dryfveer bly. Wetenskaplike klassifikasie behoort tot die wetenskap van taksonomie of biologiese sistematiek.

Die onderstaande lys wys hoe lewende dinge geklassifiseer word:

'n Organisme se wetenskaplike naam is 'n kombinasie van sy genus en spesie. 'n Hond se wetenskaplike naam is byvoorbeeld Canis familiaris en 'n perd is Equus caballus. Die wetenskaplike naam word gewoonlik kursief (skuinsgedruk) geskryf. Die genus word met 'n hoofletter geskryf en die spesie met 'n kleinletter.

Die volgende tabel is 'n lys van die verskillende koninkryke met ooreenstemmende filums/afdelings (die wetenskaplike naam is soms tussen hakies):

KoninkrykFilum (diere) / afdeling (plante)(1)Voorbeelde
DiereGewerweldes (Vertebrata) / rugstringdiere (Chordata)Vierpotiges (Tetrapoda)Soogdiere, voëls, reptiele, amfibieë
Visse met kakeTuna, haaie, pylsterte
Kaaklose visse (Agnatha)Slymprik, lamprei
Ongewerweldes (Invertebrata)Wurms, slakke.
Ongewerweldes – geleedpotiges (Arthropoda)Spinnekoppe, skerpioene, duisendpote, krappe, insekte
Stekelhuidiges (Echinodermata)Seelelies, seesterre
Protosoë (Protozoa])AmoebozoaAmoeba
PlanteBlomplante (Angiospermae)
Varingplante (Pteridophyta)Varings
Denne (Pinophyta)Dennebome
Bakterieë
Skimmels/swamme (Fungi)Paddastoele
Protiste (Protista)
Eensellige mikro-organismes (Archaea)

Nota:
Sien Filum vir 'n redelik volledige lys van verskillende filums/afdelings.

Die volgende tabelle van die verskillende filums bou voort op die boonste tabel:

Other Languages
العربية: تصنيف حيوي
azərbaycanca: Bioloji təsnifat
беларуская (тарашкевіца)‎: Біялягічная клясыфікацыя
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Sĕng-ŭk hŭng-lôi-huák
Esperanto: Biologia klasado
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐍄𐌴𐍅𐌰𐌽𐍉𐌼𐌾𐌰
Bahasa Indonesia: Klasifikasi ilmiah
日本語: 生物の分類
한국어: 생물 분류
Basa Banyumasan: Klasifikasi Ilmiah
Baso Minangkabau: Klasifikasi ilmiah
Bahasa Melayu: Pengelasan biologi
नेपाल भाषा: जैविक वर्गीकरण
oʻzbekcha/ўзбекча: Biologik klassifikatsiya
Tiếng Việt: Phân loại sinh học
粵語: 物種分類