Wes-Indië

Wes-Indië
Ligging van Wes-Indië ten opsigte van die Amerikas
Ligging van Wes-Indië ten opsigte van die Amerikas
Geografie

LiggingAtlantiese Oseaan, Karibiese See, Golf van Meksiko
Koördinate21°59′N 79°2′W / 21°59′N 79°2′W / 21.983; -79.033

Totale eilandemeer as 100
HoofeilandeBahamas, Groot en Klein Antille
Oppervlakte234 325 vk km

Administrasie
Sien teks.

Demografie
Bevolking39 156 084

Wes-Indië, dikwels ook die Wes-Indiese of Karibiese Eilande genoem, is 'n eilandboog tussen die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan. In krieket word Wes-Indië deur die Wes-Indiese nasionale krieketspan verteenwoordig, een van die sterkste nasionale krieketspanne wêreldwyd, wat nog spelers van Guyana in Suid-Amerika insluit.

Die Karibiese Eilande sluit al die eilande in wat in die Karibiese See, tussen Noord- en Suid-Amerika, lê. Kuba is die verste wes in die eilandgordel en Barbados die verste oos. Die grootste eilande, van wes na oos, is Kuba, Jamaika, Hispaniola (Haïti en die Dominikaanse Republiek) en Puerto Rico.

Die eilande vorm saam die Groot Antille. Die Bahamas vorm 'n noordelike uitloper van die eilandgordel, terwyl die Klein Antille ('n versamelnaam vir die Benedewindse en Bowindse eilande) 'n suidelike uitloper is.

Tussen Puerto Rico en die Klein Antille lê 'n groepie eilande, die Britse Maagde-eilande, terwyl Barbados, Trinidad en Tobago, die Venezuela-eilande, Aruba, Curaçao en Bonaire teen die kuslyn van Suid-Amerika geleë is. Sommige eilande, soos Jamaika, Trinidad en Tobago, Barbados, die Bahamas en Dominica ('n eiland van die Klein Antille), is onafhanklike lede van die Britse Gemenebes, Guadeloupe (Klein Antille) en Martinique (Klein Antille) is oorsese gebiede van Frankryk, terwyl Puerto Rico en enkele van die Amerikaanse Maagde-eilande onder die gesag van die Verenigde State staan.

Sommige van die Klein Antille-eilande is oorsese gebiede van Nederland. Die Karibiese Eilande lê in 'n tropiese klimaatstreek, tussen 12 en 26° NB, en die klimaat word deur die Karibiese Eilande Noordoos-passaat oorheers. Die Karibiese See is 'n warm see met twee belangrike strome, die Antillestroom in die noorde en die Karibiese stroom in die suide. Die Karibiese Eilande het 'n droë en 'n nat seisoen: die meeste reën val in die somer en die minste in die winter. Gedurende die lente en herfs is die klimaat onaangenaam omdat dit baie warm en die humiditeit hoog is.

Die oorspronklike bewoners van die Karibiese Eilande was Indiane, maar hulle getalle het sterk afgeneem sedert die kolonisasie van die eilande. Saam met die koloniste het slawe uit Wes-Afrika na die eilande gekom om op die plantasies te werk. Vandag is die Swart bevolking in die meerderheid. Voorts bestaan die bevolking uit immigrante uit die Midde-Ooste (meestal handelaars) en 'n klein groepie Jode wat van Portugal na die eilande geïmmigreer het.

Die Blankes vorm sosio-ekonomies steeds die bolaag van die bevolking, hoewel hulle verreweg in die minderheid is. Suikerriet is die eilande se belangrikste produk. Ander belangrike landbouprodukte is tabak (Kuba), koffie (Haïti en Dominikaanse Republiek), piesangs (Puerto Rico en Jamaika), sitrusvrugte (Trinidad en Tobago) en palmolie (Barbados). Die grootste deel van die eilande se opbrengste beland egter uiteindelik in die buiteland omdat die plantasies deur buitelandse ondernemings bedryf word.

Other Languages
Ænglisc: Westindīega
অসমীয়া: ৱেষ্ট ইণ্ডিজ
žemaitėška: Vest Indėjė
беларуская: Вест-Індыя
беларуская (тарашкевіца)‎: Вэст-Індыя
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Să̤ Éng-dô Gùng-dō̤
Cebuano: West Indies
čeština: Západní Indie
dansk: Vestindien
English: West Indies
فارسی: هند غربی
Nordfriisk: Kariibisk eilunen
ગુજરાતી: વેસ્ટ ઇન્ડિઝ
客家語/Hak-kâ-ngî: Sî Yin-thu Khiùn-tó
հայերեն: Վեստ Ինդիա
interlingua: Indias Occidental
Bahasa Indonesia: Hindia Barat
한국어: 서인도 제도
Кыргызча: Вест-Индия
lietuvių: Vest Indija
latviešu: Vestindija
Nederlands: West-Indië
norsk: Vestindia
پنجابی: لہندا انڈیز
português: Índias Ocidentais
русский: Вест-Индия
sicilianu: Indi Uccidintali
српски / srpski: Западне Индије
svenska: Västindien
українська: Вест-Індія
oʻzbekcha/ўзбекча: Vest-Indiya
Tiếng Việt: Tây Ấn
Bân-lâm-gú: Sai Ìn-tō͘ Kûn-tó