Wang Mang

Wang Mang
Keiser van die Xin-Dinastie
Dinastie Xin-Dinastie
Bewind 923
Gebore 45 v.C.
Dahod, Mogolryk
Gesterf 6 Oktober 23 (op 68)
Voorganger geen, Ruzi Ying as keiser van die Wes- Han-dinastie
Opvolger Keiser Gengshi van die Xuan-Han-dinastie
Gade Keiserin Wang
Keiserin Shi
Zhenzhi, byvrou
Huaineng, byvrou
Kaiming, byvrou
Kinders Wang Yu (王宇)
Wang Hue (王獲)
Wang An, prins van Xinqian (王安)
Wang Lin, prins van Tongyiyang (王臨)
Wang Xing, prins van Gongxiu (王興)
Wang Kuang, hertog van Gongjian (王匡)
Lady Wang, keiserin Xiaoping van Han (孝平皇后)
Wang Jie, Lady van Mudai (王捷)
Lady Wang, Lady van Muxiu
Vader Wang Man (王曼)
Moeder Qu (渠)

Wang Mang ( Sjinees: 王莽; 45 v.C. - 23 n.C.) was keiser van Sjina van 9 tot 23 n.C.

Hy is die enigste keiser van die Xin-dinastie. Xin beteken vars, nuut. Die keiserlike weduwee was sy tante en hy dien as eerste minister aan die hof van die Westelike Han onder keiser Ai, wat 'n swak en openlik gay vors is. Wang Mang is die sterk man agter die troon en sorg dat Ai se opvolger Ping 'n kind met 'n hartprobleem is. Wanneer Ping ouer word en begin om sy eie beleid te voer, vermoor Wang Mang hom en sit die laaste keiser van die Westelike Han Ruzi op die troon wat nog 'n baba is. In 9 v.C. verklaar hy dat die Han die Hemelse Opdrag verloor het sit homself op die troon. [1]

Sy tante Wang Zhengjun was die weduwee van keiser Yang en sy was 'n magtige persoon aan die hof van die laaste Westelike Han-keisers. Sy gee hom die Nege Geskenke (jiuxi), 'n erkenning van sy werk wat sy posisie aan die hof versterk. Toe Wang Mang 'n agter-agter-kleinseun van keiser Xuan op die troon sit, hoewel daar volwasse prinse van 'n ouer generasie is, blokkeer sy pogings van die keiserlike Liu familie om hom teen te hou. Op 9 Januarie 9 egter stem sy glad nie saam met hom, wanneer hy homself op die troon sit en om die keiserlike seël vra. Sy skreeu en vloek en werp die seël op die grond, maar dit is nou te laat. In 16 sterf sy 84 jaar oud. [2]

Ekonomiese hervormings

Wang Mang se steun onder die elite is nie groot nie. Daar is talle van prinse uit die huis van Han wat volwassenes is en regte op die troon kan opeis. Hy begin 'n beleid van groot hervormings om die gewone volk se steun te kry. Die slawerny word afgeskaf en die belastingstelsel verander. Hy voer die inkomstebelasting in wat hom baie gehaat maak by die adel. [1]

Hy hervorm die munt in 7, 9, 10 en 14 en dit verteenwoordig 'n afwaardering in 7 en 14. Die markiese en laer edele word gedwing hulle goud in te wissel teen munte wat minder waarde het. Dit word onwettig om land te verkoop en al mans kry 'n standaard stukkie land. Indien mens meer land as die standaard besit moet hulle dit aan familie of bure gee wat nie genoeg land het nie. In 10 word staatsmonopolies ingevoer op sterk drank, sout en ysterwerktuie. Die staat probeer om die pryse vir graan, weefsels en syde te beïnvloed en te stabiliseer. Hierdie maatreëls word deur sommige geskiedkundiges soos Hu Shih gesien as 'n vroeë vorm van sosialisme wat faal omrede Sjina nog nie ryp vir sulke veranderings is nie, maar ander historici stem nie saam nie. [3]

Other Languages
العربية: وانغ مانغ
azərbaycanca: Van Man
беларуская: Ван Ман
български: Уан Ман
català: Wang Mang
čeština: Wang Mang
Deutsch: Wang Mang
Ελληνικά: Ουάνγκ Μανγκ
English: Wang Mang
español: Wang Mang
eesti: Wang Mang
suomi: Wang Mang
hrvatski: Wang Mang
Հայերեն: Վան Ման
日本語: 王莽
қазақша: Ван Ман
한국어: 왕망
Nederlands: Wang Mang
norsk: Wang Mang
polski: Wang Mang
پنجابی: وانگ منگ
português: Wang Mang
русский: Ван Ман
srpskohrvatski / српскохрватски: Wang Mang
svenska: Wang Mang
Türkçe: Wang Mang
українська: Ван Ман
Tiếng Việt: Vương Mãng
中文: 王莽
文言: 王莽
Bân-lâm-gú: Ông Bóng
粵語: 王莽