Volksrepubliek China

'中华人民共和国
Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó
Volksrepubliek China
Vlag van die Volksrepubliek China Embleem van die Volksrepubliek China
Vlag Embleem
Volkslied: 《义勇军进行曲》《義勇軍進行曲》
Yìyǒngjūn Jìnxíngqǔ
( Chinees vir: "Mars van die Vrywilligers")
Ligging van die Volksrepubliek China
Hoofstad Beijing (Peking)

39°55′N 116°23′O / 39°55′N 116°23′O / 39.917; 116.383

Grootste stad Sjanghai [1]
Amptelike tale Chinees [2]
Regering Enkele party
sosialistiese staat [3]
Xi Jinping
Li Keqiang
Onafhanklikheid
Vorming
• Eerste pre-imperiale dinastie
• Unifikasie van China
onder die Qin-dinaste
• Republiek gestig
• Volksrepubliek geproklameer



2070 v.C.
221 v.C.
1 Januarie 1912
1 Oktober 1949
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
9 596 961 [4] of 9 572 900 [5] km2  ( 3de/4de)
3 705 407 myl2
2,8
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
1 373 541 278 [6] ( 1ste)
1 339 724 852 [7]
145 / km2 ( 83ste)
375,5 / myl2
BBP ( KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$23 194 miljard [8] ( 1ste)
$16 676 [8] (83ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$11 795 miljard [8] ( 2de)
$8 481 [8] (72ste)

MOI ( 2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,738 [9] ( 90ste)  –  hoog
Gini ( 2015) 46,2 [10] –  hoog
Geldeenheid Renminbi (¥) ( CNY)
Tydsone
 - Somertyd
SST ( UTC +8:00)
nie toegepas nie ( UTC +8:00)
Internet-TLD .cn, .中國, .中国
Skakelkode +86

Die Volksrepubliek China [11] Mandaryns- Chinees: 中華人民共和國, pinyin: Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó; wat soms ook Rooi-China of net China genoem word) is 'n groot land in Oos-Asië en een van twee Chinese state wat aanspraak daarop maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is (sien ook Republiek China). Dit beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as China. Dit is die land met die grootste bevolking ter wêreld, byna 1 375 000 000, van wie die meeste etnies as van Han-Chinese herkoms geklassifiseer word. Dit het ook een van die oudste beskawings ter wêreld.

Nasa-Satellietbeeld van China

Vir langer as 2000 jaar is die land deur ’n reeks magtige dinastieë regeer. In 1912 word dit ’n republiek, en in 1949, ná ’n lang oorlog tussen die nasionaliste en die kommuniste, ’n kommunistiese staat bekend as die Volksrepubliek China. Die staat is sedert sy stigting in 1949 deur die Kommunistiese Party van China (aanvanklik onder Mao Zedong) gelei.

In meer onlangse tye het China ekonomies vinnig ontwikkel. Vandag is dit een van die belangrikste ekonomiese en industriële moondhede in die wêreld en een van die BRICS-lande. Vryheid van spraak word beperk en toegang tot die internet word streng beheer. Die hardhandige onderdrukking van die Tiananmen-plein-opstand in 1989 en die voortgesette onderwerping van die Tibetaanse volk vertroebel egter China se internasionale beeld. [12]

Geografie

Kaart van China

China is die grootste land volgens oppervlakte in Oos-Asië en die derde of vierde grootste ter wêreld (afhangende van die siening oor die Eiland Taiwan); net Kanada en Rusland is groter, soms ook die Verenigde State. Die volksrepubliek grens aan 14 lande: Afghanistan, Bhoetan, Mianmar (Birma), Indië, Kasakstan, Kirgisië, Laos, Mongolië, Nepal, Noord-Korea, Pakistan, Rusland, Tadjikistan en Viëtnam; meer as enige ander land ter wêreld behalwe vir Rusland wat ook aan 14 lande grens.

Die land is bergagtig met hoë plato's en die Taklamakan- en Gobi-woestyn in die weste en noordweste, heuwels en vlaktes in die ooste, waardeur die Jangtse- en Geelrivier seewaarts vloei, en subtropiese woude in die suidooste. China lê aan die Oos-Chinese See, die Geelsee en die Suid-Chinese See. Dit grens aan Mongolië in die noorde, Rusland en Noord-Korea in die noordooste, Viëtnam, Laos en Mianmar in die suide, Indië, Bhoetan, Afganistan en Nepal in die suidweste, Pakistan, Tadjikistan en Kirgisië in die weste, en Kasakstan in die noordweste.

Other Languages
адыгабзэ: Китай
Akan: China
Alemannisch: Volksrepublik China
العربية: الصين
مصرى: الصين
অসমীয়া: চীন
авар: Чин
تۆرکجه: چین
Boarisch: Kina
беларуская: Кітай
беларуская (тарашкевіца)‎: Кітай
български: Китай
भोजपुरी: चीन
Bislama: Jaena
Bahasa Banjar: Ripublik Rakyat Cina
bamanankan: China
বাংলা: গণচীন
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: গণচীন
bosanski: Kina
Chavacano de Zamboanga: China
corsu: China
qırımtatarca: Çin Halq Cumhuriyeti
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Срѣдинꙗнє
dansk: Kina
डोटेली: चीन देश
ދިވެހިބަސް: ސީނުކަރަ
eʋegbe: China
emiliàn e rumagnòl: Cina
English: China
فارسی: چین
Fulfulde: Ciina
suomi: Kiina
Na Vosa Vakaviti: Jaina (matanitu)
français: Chine
Nordfriisk: China
Frysk: Sina
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: चीन
ગુજરાતી: ચીન
Hausa: Sin
Hawaiʻi: Kina
Fiji Hindi: China
hrvatski: Kina
hornjoserbsce: China
Kreyòl ayisyen: Chin
magyar: Kína
Հայերեն: Չինաստան
interlingua: China
Bahasa Indonesia: Republik Rakyat Tiongkok
Interlingue: China
Ilokano: Tsina
italiano: Cina
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: China
ქართული: ჩინეთი
Qaraqalpaqsha: Qıtay
Taqbaylit: Ccinwa
Kabɩyɛ: Siini
Kongo: Sina
Gĩkũyũ: China
kalaallisut: Kina
ភាសាខ្មែរ: ចិន
Перем Коми: Кина
къарачай-малкъар: Къытай Халкъ Республика
कॉशुर / کٲشُر: چیٖن
Kurdî: Çîn
коми: Китай
Кыргызча: Кытай
Lëtzebuergesch: Volleksrepublik China
Limburgs: China
lumbaart: Cina
lingála: Sína
latviešu: Ķīna
мокшень: Китай
олык марий: Китай
Māori: Haina
Baso Minangkabau: Republik Rakyaik Cino
മലയാളം: ചൈന
монгол: Хятад улс
मराठी: चीन
Bahasa Melayu: Republik Rakyat China
Malti: Ċina
Mirandés: China
مازِرونی: چین
Dorerin Naoero: Tsiene
Nāhuatl: China
Napulitano: Cina
Plattdüütsch: Volksrepubliek China
Nedersaksies: Volksrippebliek China
नेपाल भाषा: चीन
norsk nynorsk: Folkerepublikken Kina
Sesotho sa Leboa: Tšhaena
Chi-Chewa: China
Livvinkarjala: Kitai
Oromoo: Chaayinaa
ଓଡ଼ିଆ: ଚୀନ
Ирон: Китай
Papiamentu: China
Norfuk / Pitkern: Shiina
Piemontèis: Cin-a
پنجابی: چین
Ποντιακά: Κίνα
português: China
Romani: China
Kinyarwanda: Ubushinwa
sardu: Cina
sicilianu: Cina
سنڌي: چين
davvisámegiella: Kiinná
Sängö: Sînä
srpskohrvatski / српскохрватски: Kina
සිංහල: චීනය
slovenčina: Čína
Gagana Samoa: Saina
chiShona: China (nyika)
Soomaaliga: Shiinaha
shqip: Kina
српски / srpski: Кина
Sranantongo: Sneysa
SiSwati: IShayina
Sesotho: Tjhaena
svenska: Kina
தமிழ்: சீனா
తెలుగు: చైనా
tetun: Xina
Tagalog: Tsina
lea faka-Tonga: Siaina
Türkçe: Çin
Xitsonga: Chayina
татарча/tatarça: Кытай
chiTumbuka: China
Twi: China
reo tahiti: Tinitō
тыва дыл: Кыдат
удмурт: Китай
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: جۇڭخۇا خەلق جۇمھۇرىيىتى
اردو: چین
oʻzbekcha/ўзбекча: Xitoy
vepsän kel’: Kitai
Tiếng Việt: Trung Quốc
West-Vlams: China
Volapük: Tsyinän
isiXhosa: IShayina
მარგალური: ჩინეთი
ייִדיש: כינע
isiZulu: IShayina