Volkebond

Die hoofkantoor van die Volkebond in Genève, Switserland
Logo van die Volkebond
Vergaderingskamer van die Volkebond in Genève
Lidlande volgens jare
Lidlande met kolonies en mandate van die Volkebond
Genl. Jan Smuts, indertydse eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, het die beginsels opgestel waarop die Volkebond gegrond was.

Die Volkebond (Engels: League of Nations, Frans: Société des Nations, Spaans: Sociedad de Naciones) was 'n internasionale organisasie wat gestig is om "'n einde aan alle oorloë" te bewerkstellig. Dit is op 25 Januarie 1919 gestig (die eerste algemene vergadering was op 10 Januarie 1920) op basis van die Verdrag van Versailles en gevestig in Genève. Tussen 28 September 1934 en 23 Februarie 1935 het die Volkebond met 58 lidlande sy grootste uitbreiding gehad.[1] Die amptelike tale was Engels, Frans en Spaans.[2]

Genl. Jan Smuts van Suid-Afrika het ná die beëindiging van vyandighede in die Eerste Wêreldoorlog 'n gedetailleerde plan voorgelê aan die Britse Oorlogskabinet vir die daarstelling van 'n wêreldliggaam om die vrede te bewaar. Die voorstelle is in 1918 gepubliseer as The League of Nations, a practical suggestion en was die grondslag van die onderneming waaroor later tydens die Paryse vredeskonferensie ooreengestem is.

Die bond was egter te swak en was byvoorbeeld nie in staat om een van die lede, Ethiopië, teen die koloniale ambisies van 'n ander lid, Italië, te beskerm nie. Met die koms van Adolf Hitler en Benito Mussolini het die onmag van die Volkebond al te duidelik geword. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die organisasie op 18 April 1946 in Parys ontbind en deur die Verenigde Nasies opgevolg.

Sekretarisse-generaal

Die Sekretarisse-generaal van die Volkebond was:[3]

  • James Eric Drummond (Verenigde Koninkryk) 10 Januarie 1920 – 3 Julie 1933
  • Joseph Avenol (Frankryk) 3 Julie 1933 – 31 Augustus 1940
  • Seán Lester (Ierland) 31 Augustus 1940 – 18 April 1946
Other Languages
العربية: عصبة الأمم
azərbaycanca: Millətlər Liqası
беларуская: Ліга Нацый
беларуская (тарашкевіца)‎: Ліга народаў
bosanski: Društvo naroda
Deutsch: Völkerbund
Esperanto: Ligo de Nacioj
euskara: Nazioen Liga
فارسی: جامعه ملل
Frysk: Folkebûn
hrvatski: Liga naroda
հայերեն: Ազգերի լիգա
Bahasa Indonesia: Liga Bangsa-Bangsa
日本語: 国際連盟
ქართული: ერთა ლიგა
한국어: 국제 연맹
къарачай-малкъар: Миллетлени Лигасы
Lëtzebuergesch: Vëlkerbond
Limburgs: Volkerbóndj
lietuvių: Tautų Sąjunga
latviešu: Tautu Savienība
Bahasa Melayu: Liga Bangsa
Nederlands: Volkenbond
norsk nynorsk: Folkeforbundet
русский: Лига Наций
русиньскый: Лига Народох
srpskohrvatski / српскохрватски: Liga naroda
Simple English: League of Nations
slovenščina: Društvo narodov
Soomaaliga: Midowga Umadaha
српски / srpski: Друштво народа
татарча/tatarça: Милләтләр Лигасы
українська: Ліга Націй
oʻzbekcha/ўзбекча: Millatlar ligasi
Tiếng Việt: Hội Quốc Liên
ייִדיש: פעלקער-ליגע
中文: 國際聯盟
文言: 國際聯盟
粵語: 國際聯盟