Voël

Voëls
Tydperk: Laat-Jura – Hede Laat Jura–Onlangs
Platalea leucorodia, Lepelaar
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Subfilum:Vertebrata
Klas:Aves
Linnaeus, 1758
Ordes
Verskeie

Voëls (klas Aves) is tweevoetige, warmbloedige, eierlêende, gewerwelde (Latyn: vertebrata) diere, wat hoofsaaklik gekenmerk word deur vere en voorste ledemate wat vlerke genoem word, asook bene wat hol van binne is. Voëls het geëvolueer van theropoda dinosourusse tydens die Juratydperk en die eerste bekende voël is die Laat-Jurassiese Archaeopteryx. Voëls verskil in grootte van klein swaeltjies tot groot voëls soos volstruise en emoes. Daar is tussen 9000 en 10 000 bekende voëlspesies in die wêreld en die klas Aves is dus die mees diverse klas van gewerwelde landbewoners.

Moderne voëls word gekarakteriseer deur vere, 'n bek of snawel sonder tande, die lê van eiers met harde doppe, 'n vinnige metabolisme, 'n hart met vier kamers en 'n ligte dog sterk skelet. Die meeste voëls het voorste ledemate wat as vlerke aangepas is en kan dus vlieg, alhoewel loopvoëls en verskeie ander, veral endemiese eilandspesies, nie daartoe in staat is nie.

Baie voëlspesies onderneem jaarlikse langafstand migrasies en veel meer voer korter, meer onreëlmatige bewegings uit. Voëls is sosiale diere en kommunikeer deur visuele tekens en deur middel van roepe en sang. Ander sosiale gedrag sluit ook in gemeenskaplike jag, broei en vlug. Voëls is hoofsaaklik sosiaal monogaam, maar dit kom in sommige spesies voor dat voëls met ander voëls buiten dan hul maats ook paar; in ander spesies is totale poliandrie of poligamie weer aan die orde van die dag. Eiers word gewoonlik in 'n nes gelê en een of beide die volwasse voëls broei daarop. Sommige voëls (bv Koekoeke) is broeiparasiete wat hulle eiers in die neste van ander voëls lê en hierdie gasheervoëls broei die kuikens uit en maak hulle groot. Die meeste voëls het 'n korter of langer periode van ouersorg nadat kuikens uitgebroei het.

Voëls is op verskillende wyses van nut tot die mens: die meeste is belangrike bronne van voedsel en word gewoonlik gejag of geteel en dan kommersieel beskikbaar gestel. Sommige spesies, veral sangvoëls en papegaaie, is gewild as troeteldiere. Ghwano (voëlmis) word van eilande versamel om as misstof vir landboudoeleindes te gebruik. Voëls is teenwoordig in bykans alle aspekte van menslike kultuur, van geloof, die digkuns, mode tot musiek. Ongeveer 120-130 voëlspesies het sedert 1600 uitgesterf as gevolg van menslike aktiwiteite en honderde meer vóór dié tyd. Daar is tans talle voëlspesies wat bedreig word deur uitsterwing as gevolg van menslike aktiwiteite en pogings word aangewend om hulle te beskerm.

Other Languages
Acèh: Cicém
адыгабзэ: Бзыу
Alemannisch: Vögel
አማርኛ: ወፍ
aragonés: Aves
Ænglisc: Fugol
العربية: طائر
ܐܪܡܝܐ: ܛܝܪܐ
مصرى: طير
অসমীয়া: চৰাই
asturianu: Páxaru
авар: ХӀинчӀ
Aymar aru: Jamach'i
azərbaycanca: Quşlar
تۆرکجه: قوش
башҡортса: Ҡоштар
Boarisch: Vegl
žemaitėška: Paukštē
Bikol Central: Gamgam
беларуская: Птушкі
беларуская (тарашкевіца)‎: Птушкі
български: Птици
भोजपुरी: चिरई
Bislama: Pijin
Bahasa Banjar: Burung
বাংলা: পাখি
བོད་ཡིག: བྱ།
brezhoneg: Evn
bosanski: Ptice
буряад: Шубуун
català: Ocells
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Cēu
нохчийн: Олхазарш
Cebuano: Langgam
Tsetsêhestâhese: Ve'kese
کوردی: مەل
čeština: Ptáci
kaszëbsczi: Ptôchë
Cymraeg: Aderyn
dansk: Fugle
Deutsch: Vögel
Zazaki: Mıriçıki
dolnoserbski: Ptaški
Ελληνικά: Πτηνά
English: Bird
Esperanto: Birdoj
español: Aves
eesti: Linnud
euskara: Hegazti
estremeñu: Páxaru
فارسی: پرنده
suomi: Linnut
Võro: Tsirk
Na Vosa Vakaviti: Manumanu vuka
føroyskt: Fuglur
français: Oiseau
arpetan: Usél
Nordfriisk: Fögler
Frysk: Fûgels
Gaeilge: Éan
贛語: 雀仔
Gàidhlig: Eun
galego: Aves
Avañe'ẽ: Guyra
ગુજરાતી: પક્ષી
Gaelg: Ushag
Hausa: Tsuntsu
客家語/Hak-kâ-ngî: Tiâu
עברית: עופות
हिन्दी: पक्षी
Fiji Hindi: Chirriya
hrvatski: Ptice
hornjoserbsce: Ptaki
Kreyòl ayisyen: Zwazo
magyar: Madarak
հայերեն: Թռչուններ
interlingua: Aves
Bahasa Indonesia: Burung
Ilokano: Billit
ГӀалгӀай: Оалхазараш
Ido: Ucelo
íslenska: Fugl
italiano: Aves
日本語: 鳥類
Patois: Bod
la .lojban.: lo cipni
Basa Jawa: Manuk
ქართული: ფრინველები
Taqbaylit: Afrux
Адыгэбзэ: Къуалэбзухэр
Kabɩyɛ: Sumaɣ
қазақша: Құстар
ភាសាខ្មែរ: បក្សី
ಕನ್ನಡ: ಪಕ್ಷಿ
한국어:
Перем Коми: Кайез
kurdî: Balinde
kernowek: Edhen
Кыргызча: Куш
Latina: Aves
Ladino: Pasharos
Lëtzebuergesch: Vullen
лакку: Лелуххи
лезги: НуькI
Lingua Franca Nova: Avia
Limburgs: Veugel
Ligure: Aves
lingála: Ndɛkɛ
lietuvių: Paukščiai
latgaļu: Putni
latviešu: Putni
мокшень: Нармонь
Malagasy: Vorona
олык марий: Кайык
Baso Minangkabau: Buruang
македонски: Птици
മലയാളം: പക്ഷി
монгол: Шувуу
मराठी: पक्षी
кырык мары: Кек
Bahasa Melayu: Burung
Malti: Għasfur
မြန်မာဘာသာ: ငှက်
эрзянь: Нармунть
Nāhuatl: Tototl
Napulitano: Auciello
Plattdüütsch: Vagels
Nedersaksies: Voegel
नेपाली: चरा
नेपाल भाषा: झंगः
Nederlands: Vogels
norsk nynorsk: Fuglar
norsk: Fugler
Nouormand: Ouaîsé
Diné bizaad: Tsídii
occitan: Ausèl
ଓଡ଼ିଆ: ପକ୍ଷୀ
Ирон: Мæргътæ
ਪੰਜਾਬੀ: ਪੰਛੀ
Kapampangan: Ayup
Picard: Oizo
Deitsch: Voggel
polski: Ptaki
Piemontèis: Osej
پنجابی: پنچھی
پښتو: مرغه
português: Aves
Runa Simi: Pisqu
rumantsch: Utschels
română: Pasăre
armãneashti: Puľiu
русский: Птицы
русиньскый: Птахы
संस्कृतम्: पक्षिणः
саха тыла: Көтөрдөр
ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ: ᱪᱮᱬᱮ
sardu: Aves
sicilianu: Aceddu
Scots: Bird
سنڌي: پکي
srpskohrvatski / српскохрватски: Ptica
ၽႃႇသႃႇတႆး : ၼူၵ်ႉ
සිංහල: කුරුල්ලෝ
Simple English: Bird
slovenčina: Vtáky
slovenščina: Ptiči
chiShona: Shiri
Soomaaliga: Shimbir
shqip: Zogjtë
српски / srpski: Птице
SiSwati: Tinyoni
Seeltersk: Fuugele
Basa Sunda: Manuk
svenska: Fåglar
Kiswahili: Ndege (mnyama)
ślůnski: Ptoki
தமிழ்: பறவை
ತುಳು: ಪಕ್ಕಿ
తెలుగు: పక్షి
тоҷикӣ: Паранда
Tagalog: Ibon
Türkçe: Kuş
татарча/tatarça: Кошлар
chiTumbuka: Viyuni
удмурт: Тылобурдо
українська: Птахи
اردو: پرندہ
oʻzbekcha/ўзбекча: Qushlar
vèneto: Oxei
vepsän kel’: Lindud
Tiếng Việt: Chim
West-Vlams: Veugel
Volapük: Böds
walon: Oujhea
Winaray: Tamsi
吴语:
хальмг: Шовуд
isiXhosa: Yentaka
მარგალური: მაფურინჯეეფი
ייִדיש: פויגל
Yorùbá: Ẹyẹ
Vahcuengh: Duzroeg
Zeêuws: Veugels
中文:
Bân-lâm-gú: Chiáu
粵語: