Victor Hugo

Victor Hugo
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gebore26 Februarie 1802
Besançon, Frankryk
Oorlede22 Mei 1885
Parys, Frankryk
NasionaliteitFrankryk
BeroepSkrywer, digter, dramaturg
Bekend virBoggelrug van Notre-Dame
Les Misérables
Victor Hugo Signature.svg

Victor Hugo (26 Februarie 1802 Besançon22 Mei 1885 Parys) was ʼn Franse skrywer, digter en dramaturg. Hy word as een van die belangrikste Franse skrywers van alle tye beskou. Buiten sy skrywerswerk was hy ook invloedryk in politieke en intellektuele kringe gedurende die 19e eeu. Victor Hugo se beroemdste en gewildste romans was Notre-Dame de Paris (1831) (beter bekend as die Boggelrug van Notre-Dame, of die Klokkeluier van Notre-Dame) en Les Misérables (1862). Hugo het ook sosiale en historiese romans geskryf. Sy nuwe idees, wat hy hoofsaaklik deur middel van die toneel kenbaar gemaak het, het Hugo die voorste dramaturg in die Franse Romantiek gemaak.

Sy ouers het hulle later in Parys gevestig. Hugo het reeds gedurende sy skooljare sy literêre begaafdheid laat blyk, en op 20-jarige leeftyd het hy met 'n bundel klassieke gedigte, Odes (1822), sy debuut gemaak. In 1819 het hy en sy broers die tydskrif Concervateur littéraire begin, en in 1822 is hy met Adèle Foucher getroud. Juliette Drouet, met wie hy van 1833 tot met haar dood in 1883 'n verhouding gehad het, het 'n groot rol in sy lewe gespeel.

Hugo het aan die tydskrif La muse française (gestig in 1823) meegewerk en daar, in die kring van Charles Nodier (1780-1844), begin om sy vernuwende idees oor die literatuur voor te berei. Die vernuwing het begin met die voorwoord van Hugo se toneelstuk Cromwell (1827). Die gedenkwaardige opvoering van Hernani (1830), waartydens die toeskouers met mekaar slaags geraak het en wat in die geskiedenis as die "Bataille d'Hernani" bekend staan, het gelei tot die uiteindelike deurbraak van die Franse Romantiek.

Van toe af was Hugo die onbetwiste leier van die Franse Romantiese beweging. Hugo het as prosaskrywer ook welslae behaal, met onder meer Notre-Dame de Paris (1831), waarin hy 'n baie suggestiewe beeld van Parys as 15e-eeuse stad gegee het, en waarin die Notre-Dame as hoofkerk sentraal gestaan het. In die sosiale roman Les misérables (1862) het Hugo vir die versagting van die strafmaatreëls in die Franse regspraak gepleit.

As afgevaardigde in die konstituante was hy nog 'n aanhanger van Lodewyk Napoleon, die latere keiser Napoleon III, maar sy gevoel het gou verander. Vanweë sy steun aan die opposisie is hy gedwing om in ballingskap te gaan, eers in Brussel (1851 - 1852) en toe op die Kanaaleilande (1852- 1870). Pas na die totstandkoming van die Derde Republiek (1871) het hy na Parys teruggekeer en in 1876 het hy lid van die senaat geword. Hugo het sy gewildheid in groot mate aan sy literêre loopbaan te danke gehad. Met sy bundel Les orientales (1828) het Hugo hom as Romantiese digter gevestig.

Volgens Hugo kon enigiets die onderwerp van sy gedigte wees, ʼn opvatting wat die bestaan van die sogenaamde "poëtiese taal" ernstig aangetas het. Die digter het, syns insiens, 'n duidelike taak gehad: as leier van die mense moes hy op die liefde en geregtigheid wys. Hugo het 'n aantal liriese digbundels geskryf onder die titels Les feuilles d'automne (1831), Les chants du crépuscule (1835), Les voix intérieures (1837) en Les rayons et les ombres (1840). Die toon van Les châtiments (1853), waarin Hugo sy eie leeftyd aan die kaak stel deur vroeëre tydperke op te hemel, is satiries. Hierdie bundel het dan ook 'n sterk epiese karakter. In Les contemplations (1856) is die toon weer liries van aard.

Die digter word voorgestel as 'n siener wat deur die magiese krag van sy woorde met die bonatuurlike in verbinding tree. Met La légende des siècles (1859) het Hugo 'n "epos van die mensheid" geskryf, waarmee hy die vooruitgang probeer aantoon het. In 1866 het die roman Les travaifleurs de la mer (1866) verskyn, gevolg deur I'Homme qui rit (1869) en Ouatre-vingt treize (1874). Victor Hugo was so beroemd dat hy na sy dood op 22 Mei 1885 in Parys 'n staatsbegrafnis gekry het. Sy laaste rusplek is in die Panthéon in Parys.

Other Languages
Alemannisch: Victor Hugo
aragonés: Victor Hugo
العربية: فكتور هوغو
asturianu: Victor Hugo
Aymar aru: Victor Hugo
azərbaycanca: Viktor Hüqo
تۆرکجه: ویکتور هوقو
башҡортса: Виктор Гюго
Boarisch: Victor Hugo
žemaitėška: Victor Hugo
беларуская: Віктор Гюго
беларуская (тарашкевіца)‎: Віктор Юго
български: Виктор Юго
Bislama: Victor Hugo
brezhoneg: Victor Hugo
bosanski: Victor Hugo
буряад: Виктор Гюго
català: Victor Hugo
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Victor Hugo
нохчийн: Гюго, Виктор
čeština: Victor Hugo
Чӑвашла: Виктор Гюго
Cymraeg: Victor Hugo
Deutsch: Victor Hugo
Zazaki: Victor Hugo
Ελληνικά: Βίκτωρ Ουγκώ
English: Victor Hugo
Esperanto: Victor Hugo
español: Victor Hugo
euskara: Victor Hugo
estremeñu: Victor Hugo
føroyskt: Victor Hugo
français: Victor Hugo
Nordfriisk: Victor Hugo
Gaeilge: Victor Hugo
贛語: 雨果
Gàidhlig: Victor Hugo
galego: Victor Hugo
Avañe'ẽ: Victor Hugo
客家語/Hak-kâ-ngî: Victor Hugo
Fiji Hindi: Victor Hugo
hrvatski: Victor Hugo
Kreyòl ayisyen: Victor Hugo
magyar: Victor Hugo
interlingua: Victor Hugo
Bahasa Indonesia: Victor Hugo
Interlingue: Victor Hugo
Ilokano: Victor Hugo
íslenska: Victor Hugo
italiano: Victor Hugo
la .lojban.: viktor.ugos
ქართული: ვიქტორ ჰიუგო
Qaraqalpaqsha: Victor Hugo
Taqbaylit: Victor Hugo
Адыгэбзэ: Виктор Гюго
Kabɩyɛ: Victor Hugo
қазақша: Виктор Гюго
한국어: 빅토르 위고
kurdî: Victor Hugo
Кыргызча: Виктор Гюго
Latina: Victor Hugo
Lëtzebuergesch: Victor Hugo
Lingua Franca Nova: Victor Hugo
Limburgs: Victor Hugo
لۊری شومالی: ڤیکتور ھوگو
lietuvių: Victor Hugo
latviešu: Viktors Igo
Malagasy: Victor Hugo
олык марий: Виктор Гюго
Baso Minangkabau: Victor Hugo
македонски: Виктор Иго
монгол: Виктор Гюго
Bahasa Melayu: Victor Hugo
Mirandés: Victor Hugo
မြန်မာဘာသာ: ဗစ်တာဟူးဂိုး
مازِرونی: ویکتور هوگو
Nāhuatl: Victor Hugo
Nederlands: Victor Hugo
norsk nynorsk: Victor Hugo
Nouormand: Victor Hugo
occitan: Victor Hugo
Livvinkarjala: Victor Hugo
ਪੰਜਾਬੀ: ਵਿਕਤੋਰ ਊਗੋ
Kapampangan: Victor Hugo
Picard: Victor Hugo
polski: Victor Hugo
Piemontèis: Victor Hugo
پنجابی: وکٹر ہیوگو
português: Victor Hugo
Runa Simi: Victor Hugo
română: Victor Hugo
armãneashti: Victor Hugo
русский: Гюго, Виктор
русиньскый: Віктор Гюґо
संस्कृतम्: विक्टर ह्यूगो
саха тыла: Гюго Виктор
ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ: ᱦᱩᱜᱚ ᱵᱷᱤᱠᱴᱚᱨ
sicilianu: Victor Hugo
srpskohrvatski / српскохрватски: Victor Hugo
Simple English: Victor Hugo
slovenčina: Victor Hugo
slovenščina: Victor Hugo
српски / srpski: Виктор Иго
Seeltersk: Victor Hugo
svenska: Victor Hugo
Kiswahili: Victor Hugo
ślůnski: Victor Hugo
Türkmençe: Wiktor Gýugo
Tagalog: Victor Hugo
Türkçe: Victor Hugo
татарча/tatarça: Виктор Гюго
українська: Віктор Гюго
oʻzbekcha/ўзбекча: Victor Hugo
vèneto: Victor Hugo
vepsän kel’: Gügo Viktor
Tiếng Việt: Victor Hugo
Volapük: Victor Hugo
Winaray: Victor Hugo
მარგალური: ვიქტორ ჰიუგო
Yorùbá: Victor Hugo
Bân-lâm-gú: Victor Hugo
粵語: 雨果