Verenigde Nasies

Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York Stad
Embleem van die Verenigde Nasies
Genl. Jan Smuts, indertydse eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, het die aanhef tot die grondwet van die Verenigde Volke-organisasie, soos dit destyds in Afrikaans geheet het, opgestel.
Lidlande van die Verenigde Nasies
Permanente lede van die Veiligheidsraad en die G4-lande
Sekretaris-generaal António Guterres (2017–hede)
Die VN-geboue in Wene, Oostenryk
Kofi Annan, agste sekretaris-generaal (1997–2006)
Die VN-gebou in Genève, Switserland

Die Verenigde Nasies ( Arabies: الأمم المتحدة, Engels: United Nations, Frans: Organisation des Nations unies, Russies: Организация Объединённых Наций, Sjinees: 联合国, Spaans: Organización de las Naciones Unidas), of VN, is 'n internasionale organisasie wat uit 193 lande [1] bestaan. Byna alle internasionaal-erkende lande is lede. Slegs die Vatikaanstad is geen lidland nie en Palestina is 'n waarnemer. [2]

Die VN is gestig ná die Tweede Wêreldoorlog op 24 Oktober 1945 in San Francisco ná die Dumbarton Oaks Konferensie in Washington, D.C., maar die eerste sitting van die Algemene Vergadering met 51 nasies verteenwoordig, is eers gehou op 10 Januarie 1946 in Church House, Londen. Die Verenigde Nasies is die direkte opvolger van die voormalige Volkebond, wat op 18 April 1946 ontbind is. Die organisasie se hoofkantoor is in United Nations Plaza in New York Stad, Verenigde State. Die VN het kantore in Genève, Wene en Nairobi.

Die amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Russies, Sjinees en Spaans, waarvan Engels en Frans werkstale is. [3] Die vyf permanente lede van die VN se Veiligheidsraad, wat die mag het om resolusies te veto, is Frankryk, Rusland (tot 21 Desember 1991 as die Sowjetunie), die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State en die Volksrepubliek van Sjina (tot 25 Oktober 1971 die Republiek van Sjina). Nie-permanente lede is tans Bolivië, Ethiopië, Italië, Kasakstan en Swede vir 2017–18 en Ekwatoriaal-Guinee, Ivoorkus, Koeweit, Peru en Pole vir 2018–19. [4] Daar is sterk steun vir 'n vergroting van die Veiligheidsraad en die uitbreiding van die vetoreg aan ander lande om die wêreld van vandag te weerspieël, maar ondanks inisiatiewe deur die G4-lande, Brasilië, Duitsland, Indië en Japan, asook vanuit die geledere van die Afrika-unie, kon eenstemmigheid hieroor steeds nie bereik word nie. [5]

Die doel van die organisasie is die fasilitering van samewerking rakende internasionale wetgewing, internasionale sekuriteit, ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike vooruitgang, menseregte en internasionale reg. In 2001 het die Verenigde Nasies en Kofi Annan die Nobelprys vir Vrede ontvang. [6]

Struktuur

Die Verenigde Nasies funksioneer deur middel van vyf hooforgane, te wete die Algemene Vergadering, die Veiligheidsraad, die Ekonomiese en Maatskaplike Raad, die Sekretariaat en die Wêreldhof. ’n Sesde hooforgaan, die Voogdyraad, het in 1994 sy werksaamhede opgeskort met die onafhanklikheid van Palau, die laaste oorblywende voogdygebied van die VN. [7] ( Suidwes-Afrika, wat die onafhanklike Namibië sou word, is ook dekades lank deur Suid-Afrika as ’n voogdygebied bestuur. Suid-Afrika het onder apartheid uiters gespanne betrekkinge met die VN gehandhaaf en het mettertyd Suidwes-Afrika byna as ’n soort ekstra provinsie beskou eerder as om in te willig dat die gebied onafhanklik word.)

Other Languages
Alemannisch: Vereinte Nationen
অসমীয়া: ৰাষ্ট্ৰসংঘ
Boarisch: UNO
Bikol Central: Nagkakasararong Nacion
беларуская (тарашкевіца)‎: Арганізацыя Аб’яднаных Нацыяў
বাংলা: জাতিসংঘ
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: জাতিসংঘ
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Lièng-hăk-guók
dolnoserbski: Zjadnośone narody
estremeñu: Nacionis Unías
Nordfriisk: Feriand Natjuunen
贛語: 聯合國
Avañe'ẽ: Tetãnguéra Joaju
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: संयुक्त राश्ट्रसंघटना
客家語/Hak-kâ-ngî: Lièn-ha̍p-koet
Fiji Hindi: United Nations
hornjoserbsce: Zjednoćene narody
Kreyòl ayisyen: ONI
Bahasa Indonesia: Perserikatan Bangsa-Bangsa
日本語: 国際連合
la .lojban.: gunma natmi
Kabɩyɛ: ONU ŋgbɛyɛ
kalaallisut: FN
한국어: 유엔
kernowek: Kenedhlow Unys
Lëtzebuergesch: Vereent Natiounen
Baso Minangkabau: Pasarikatan Banso-Banso
македонски: Обединети нации
မြန်မာဘာသာ: ကုလသမဂ္ဂ
Plattdüütsch: Vereente Natschonen
Nederlands: Verenigde Naties
norsk nynorsk: Dei sameinte nasjonane
Papiamentu: Nashonan Uni
پنجابی: اقوام متحدہ
armãneashti: Natsiile Unite
sardu: ONU
sicilianu: Nazzioni Uniti
davvisámegiella: Ovttastuvvan našuvnnat
srpskohrvatski / српскохрватски: Ujedinjene nacije
Simple English: United Nations
Gagana Samoa: Malo Aufaatasi
Soomaaliga: Qaramada Midoobay
Seeltersk: Fereende Natione
Kiswahili: Umoja wa Mataifa
oʻzbekcha/ўзбекча: Birlashgan millatlar tashkiloti
vèneto: ONU
Tiếng Việt: Liên Hiệp Quốc
吴语: 联合国
中文: 联合国
文言: 聯合國
Bân-lâm-gú: Liân-ha̍p-kok
粵語: 聯合國