Turkmenistan
English: Turkmenistan

Türkmenistan
Turkmenistan
Vlag van TurkmenistanEmbleem van Turkmenistan
VlagEmbleem
Volkslied:
Garaşsyz Bitarap Türkmenistanyň Döwlet Gimni
Ligging van Turkmenistan
HoofstadAsjchabat

37°58′N 58°20′O / 37°58′N 58°20′O / 37.967; 58.333

Grootste stadAsjchabat
Amptelike taleTurkmeens
Regering Unitêre dominante party
presidensiële republiek
Gurbanguly Berdimuhamedow
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
Turkmeense SSR
• Verklaar
• Erken

van die Sowjetunie
13 Mei 1925
27 Oktober 1991
25 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
491 210[1] km2  (52ste)
188 456 myl2
4,9
Bevolking
 - 2014-skatting
 - Digtheid
 
5 171 943[2] (112de)
10,5 / km2 (208ste)
27,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$43,359 miljard[3]
$7 846[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$25,742 miljard[3]
$4 658[3]

MOI (2013)Green Arrow Up Darker.svg 0,698[4] (103de)  –  medium
GeldeenheidManat (TMT)
Tydsone
 - Somertyd
TMT (UTC+5)
nie toegepas nie (UTC+5)
Internet-TLD.tm
Skakelkode+993

Turkmenistan, 'n voormalige Sowjet-republiek, is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië met 'n oppervlakte van 491 210 km². Sy buurlande is Kasakstan, Oesbekistan, Afghanistan en Iran. Die natuurlike grense van Turkmenistan is die Kaspiese See in die weste (die grenslyn met Azerbeidjan loop deur die see), die Amoedarja-rivier in die noorde en die Kopet-Dag-bergreeks in die suide.

Nasa-Satellietbeeld van Turkmenistan
Kaart van Turkmenistan
Topografiese kaart van Turkmenistan

Sowat negentig persent van Turkmenistan se oppervlakte word deur die Karakum-woestyn (letterlik die "Swart Sand") en die Kopet-Dag-gebergte beslaan. Net sowat 5 000 km² is vrugbare landbougrond, waarvan twee derdes egter net onder besproeiing vir landboudoeleindes gebruik kan word.

Meer as tagtig persent van die bevolking van 6,7 miljoen (volgens amptelike statistieke; internasionale skattings, soos dié van die CIA World Factbook, beraam die inwonertal op naastenby vyf miljoen) is etniese Turkmene, met Oesbeke, Kasakke en Russe as belangrikste minderhede. Meer as negentig persent van die bewoners is aanhangers van die Islamitiese godsdiens, terwyl Russies-Ortodokse Christene 'n minderheid van sowat nege persent vorm.

Na die hoofstad Asjchabat met sowat een miljoen inwoners word in Turkmeense volksverhale as die "Stad van Liefde" verwys. Dit is in elk geval die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land.

Weens die skynbaar permanente sonskyn word na Turkmenistan soms as die "Land van die ewige tyd" verwys. Sy vastelandse klimaat word deur uiters warm en droë somers en koue winters gekenmerk. Net in Maart val soms reën, terwyl die kwik in die somer tot 'n maksimum van 50 °C kan styg.

Turkmenistan is 'n presidensiële republiek met 'n eenkamer-parlement wat deur die regerende Demokratiese Party van Turkmenistan, die opvolger van die Kommunistiese Party van die Turkmeense Sosialistiese Sowjetrepubliek, oorheers word. Die grondwet van Turkmenistan maak voorsiening vir opposisie-partye, alhoewel daar tans geen sulke party amptelik bestaan nie. Die parlement het 'n swak posisie sodat Gurbanguly Berdimuhamedow, die huidige president (sedert 2007) en regeringsleier in personele unie, met omvattende bevoegdhede regeer.

Ekonomie

Die Turkmeense ekonomie word tans nog deur 'n uitgebreide staatssektor gekenmerk, waarby staatsondernemings hulle invloed veral in die olie- en gasbedryf laat geld. Met die hervormings van 2008 word egter in die Turkmeense grondwet erkenning aan die beginsel van vrye markekonomie verleen.

Die huidige staatspresident Berdimuhamedow is 'n voorstander van ekonomiese hervorming en modernisering. Tans word buitelandse beleggings in die land nog deur die gebrek aan 'n regtelike raamwerk, onvoldoende samewerking met die buurlande en korrupsie bemoeilik.

Die monetêre hervorming van 2008 het die swartmarkprys vir die inheemse geldeenheid manat deur 'n gekonsolideerde wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar vervang. Sedert 1 Januarie 2009 verhandel die Manat teen 'n vaste wisselkoers van 1 $ = 2,8430 TMT.

Other Languages
адыгабзэ: Туркменистан
Alemannisch: Turkmenistan
aragonés: Turkmenistán
Ænglisc: Turcmenistan
العربية: تركمانستان
asturianu: Turkmenistán
azərbaycanca: Türkmənistan
башҡортса: Төркмәнстан
Boarisch: Tuakmenien
žemaitėška: Torkmienėstans
Bikol Central: Turkmenistan
беларуская: Туркменістан
беларуская (тарашкевіца)‎: Туркмэністан
български: Туркменистан
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: তুর্কমেনিস্তান
brezhoneg: Turkmenistan
bosanski: Turkmenistan
ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ: Turkmenistan
català: Turkmenistan
Chavacano de Zamboanga: Turkmenistan
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Turkmenistan
нохчийн: Туркмени
Cebuano: Turkmenistan
qırımtatarca: Türkmenistan
čeština: Turkmenistán
kaszëbsczi: Turkmenistan
Чӑвашла: Туркменистан
Cymraeg: Tyrcmenistan
Deutsch: Turkmenistan
dolnoserbski: Turkmeńska
ދިވެހިބަސް: ތުރުކުމެނިސްތާން
eʋegbe: Turkmenistan
Ελληνικά: Τουρκμενιστάν
English: Turkmenistan
Esperanto: Turkmenio
español: Turkmenistán
euskara: Turkmenistan
estremeñu: Turkmenistán
فارسی: ترکمنستان
føroyskt: Turkmenistan
français: Turkménistan
arpetan: Turcmènistan
Nordfriisk: Turkmeenistaan
Gàidhlig: Turcmanastàn
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: तुर्कमेनिस्तान
客家語/Hak-kâ-ngî: Turkmenistan
Fiji Hindi: Turkmenistan
hrvatski: Turkmenistan
hornjoserbsce: Turkmenistan
Kreyòl ayisyen: Tirkmenistan
հայերեն: Թուրքմենստան
interlingua: Turkmenistan
Bahasa Indonesia: Turkmenistan
Interlingue: Turkmenistan
Ilokano: Turkmenistan
íslenska: Túrkmenistan
italiano: Turkmenistan
ქართული: თურქმენეთი
Qaraqalpaqsha: Tu'rkmenistan
Адыгэбзэ: Тыркуменистэн
Kabɩyɛ: Turkimenistanɩ
Gĩkũyũ: Turkmenistan
қазақша: Түрікменстан
ភាសាខ្មែរ: តួរមិនីស្ថាន
kurdî: Tirkmenistan
kernowek: Pow Turkmen
Кыргызча: Түркмөнстан
Latina: Turcomannia
Ladino: Turkmenistan
Lëtzebuergesch: Turkmenistan
Lingua Franca Nova: Turcmenistan
Limburgs: Turkmenistan
Ligure: Turkmenistan
lumbaart: Turkmenistan
lingála: Turkmenistáni
لۊری شومالی: تورکمنستان
lietuvių: Turkmėnija
latviešu: Turkmenistāna
Malagasy: Torkmenistàna
олык марий: Туркменистан
Māori: Turkmenistan
Minangkabau: Turkmenistan
македонски: Туркменистан
монгол: Туркмен
Bahasa Melayu: Turkmenistan
эрзянь: Туркмения
مازِرونی: ترکمونستون
Dorerin Naoero: Turkmenistan
Plattdüütsch: Turkmenistan
नेपाल भाषा: तर्कमेनिस्तान
Nederlands: Turkmenistan
norsk nynorsk: Turkmenistan
Novial: Turkmenistan
occitan: Turcmenistan
Livvinkarjala: Turkmenistuanu
Kapampangan: Turkmenistan
Papiamentu: Turkmenistan
Norfuk / Pitkern: Terkmenistaan
polski: Turkmenistan
Piemontèis: Turkmenistan
پنجابی: ترکمانستان
Ποντιακά: Τουρκμενιστάν
português: Turquemenistão
Runa Simi: Turkminsuyu
română: Turkmenistan
русский: Туркмения
русиньскый: Туркменістан
Kinyarwanda: Turukimenisitani
संस्कृतम्: तुर्कमिनिस्थान
саха тыла: Түркменистаан
sicilianu: Turkmenistan
davvisámegiella: Turkmenistan
srpskohrvatski / српскохрватски: Turkmenistan
Simple English: Turkmenistan
slovenčina: Turkménsko
slovenščina: Turkmenistan
chiShona: Turkmenistan
Soomaaliga: Turkmenistan
српски / srpski: Туркменистан
SiSwati: IThumekhi
Basa Sunda: Turkménistan
svenska: Turkmenistan
Kiswahili: Turkmenistan
ślůnski: Turkmyńistan
Türkmençe: Türkmenistan
Tagalog: Turkmenistan
Türkçe: Türkmenistan
татарча/tatarça: Төрекмәнстан
chiTumbuka: Turkmenistan
удмурт: Туркмения
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: تۈركمەنىستان
українська: Туркменістан
oʻzbekcha/ўзбекча: Turkmaniston
vepsän kel’: Turkmenistan
Tiếng Việt: Turkmenistan
West-Vlams: Turkmenistan
Volapük: Turkmenän
Winaray: Turkmenistan
хальмг: Йомудин Орн
მარგალური: თურქმენეთი
Vahcuengh: Turkmenistan
Zeêuws: Toerkmenistan
Bân-lâm-gú: Turkmenistan
粵語: 土庫曼