Thomas Edison

Thomas Edison
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
"Genialiteit is 1% inspirasie en 99% perspirasie"
– Thomas Alva Edison, Harper's Monthly (September 1932 uitgawe)

Geboortenaam Thomas Alva Edison
Gebore 11 Februarie 1847
Milan, Ohio
Oorlede 18 Oktober 1931 (op 84)
West Orange, New Jersey
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
Ouers Samuel Ogden Edison, Jr. (1804–1896)
Nancy Matthews Elliott (1810–1871)
Beroep Uitvinder, sakeman
Bekend vir uitvinding van die fonograaf, rolprentkamera en 'n langdurige, praktiese elektriese gloeilamp
Religie Deïs (voorheen Kongregasionalis)
Huweliksmaat Mary Stilwell (1871–84)
Mina Miller (1886–1931)
Kind(ers) Marion Estelle Edison (1873–1965)
Thomas Alva Edison Jr. (1876–1935)
William Leslie Edison (1878–1937)
Madeleine Edison (1888–1979)
Charles Edison (1890–1969)
Theodore Miller Edison (1898–1992)
Thomas Alva Edison Signature.svg

Thomas Alva Edison ( 11 Februarie 184718 Oktober 1931) was 'n Amerikaanse uitvinder en besigheidsman wat vele toestelle ontwikkel het wat die lewe reg oor die wêreld sterk beïnvloed het. Hy was een van die eerste uitvinders wat die beginsels van massaproduksie op die proses van uitvinding toegepas het en dus word die skepping van die eerste industriële navorsingslaboratorium dikwels aan hom toegeskryf.

Lewensgeskiedenis

Thomas Edison by 'n vroeë weergawe van sy fonograaf (c. 1877)
(en) A Day with Thomas Edison (1922)

Thomas Alva Edison is op 11 Februarie 1847 in Milan, Ohio, gebore. Reeds as 'n baie jong kind het Thomas 'n onuitputlike nuuskierigheid en 'n drang na kennis gehad. Sy skoolloopbaan het egter sleg begin en na drie maande het die onderwyser, 'n droë, streng vrou, (M.Erasmus) die "vertraagde" seun huis toe gestuur waar sy ma hom tot op twaalfjarige ouderdom onderrig het. Van haar het hy baie geleer, maar sy grootste bate was sy ondersoekende gees.

Toe hy elf jaar oud was, het hy sy eerste laboratorium in die kelder van hul huis ingerig. 'n Jaar later het hy 'n eenvoudige telegraaf gebou, en kort daarna, op twaalfjarige leeftyd, het hy sy eerste werk gekry – as koerant- en lekkergoedverkoper op die treine van die Grand Trunk-spoorlyn tussen Detroit en Port Huron. Hy wou egter nie sy eksperimente verwaarloos nie en het verlof gekry om 'n eenvoudige laboratorium op die trein in te rig.

Met die aanmoediging van 'n stasiemeester, wie se seun hy van 'n aankomende trein gered het, het hy 'n uitstekende telegrafis geword. Hy het egter gesukkel om 'n permanente werk te behou en het rondgeswerf tot hy uiteindelik in 1869 in die telegrafie-afdeling van die aandelebeurs in New York werk gekry het. Hier het hy sy eerste kommersiële sukses gesmaak toe hy 'n telegraafapparaat, wat bedoel was vir die uitstuur van nuus van die aandelebeurs, vir $40 000 verkoop het.

Met dié geld kon hy 'n ingenieurslaboratorium in Menlo Park, New Jersey, inrig. Hiervandaan, en later van West Orange in New Jersey – waarheen hy in 1887 verhuis het – het 'n nimmereindigende stroom uitvindsels gekom. In 1877 het hy die fonograaf (grammofoon) voltooi. In dieselfde jaar het hy ook begin werk aan sy ander groot uitvindsel, die elektriese gloeilamp.

Twee jaar lank het hy hom daarvoor afgesloof en op 21 Oktober 1879 het hy 'n lamp voltooi met 'n gloeidraad van katoenvesel wat met koolstof oorgetrek was. Veertig uur lank het die draadjie in 'n lugleegte gegloei terwyl 'n elektriese stroom daardeur gestuur is. Dit was 'n triomf vir Edison. Teen 1882 is 'n hele distrik in New York reeds met Edison se nuwe lamp verlig.

Edison het drie kinders by sy eerste vrou, Mary, gehad. Toe sy onverwags aan tifuskoors sterf in 1884, was sy hart gebreek en het hy hom die volgende twee jaar byna doodgewerk. In 1886 trou hy met die pragtige, jong Mina Miller, by wie hy ook drie kinders gehad het. Hy is op 18 Oktober 1931 op 84-jarige ouderdom oorlede in West Orange.

Other Languages
Alemannisch: Thomas Alva Edison
العربية: توماس إديسون
Aymar aru: Thomas Edison
azərbaycanca: Tomas Alva Edison
žemaitėška: Tuoms Edėsuons
беларуская: Томас Эдысан
беларуская (тарашкевіца)‎: Томас Эдысан
български: Томас Едисън
Bislama: Thomas Edison
Bahasa Banjar: Thomas Alva Edison
brezhoneg: Thomas Edison
Chavacano de Zamboanga: Thomas Edison
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Thomas Edison
Cebuano: Thomas Edison
Cymraeg: Thomas Edison
Ελληνικά: Τόμας Έντισον
English: Thomas Edison
français: Thomas Edison
Gaeilge: Thomas Edison
贛語: 愛迪生
Avañe'ẽ: Thomas Edison
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: Thomas Edison
ગુજરાતી: થૉમસ ઍડિસન
客家語/Hak-kâ-ngî: Thomas Eddison
Fiji Hindi: Thomas Edison
Հայերեն: Թոմաս Էդիսոն
interlingua: Thomas Edison
Bahasa Indonesia: Thomas Alva Edison
Ilokano: Thomas Edison
italiano: Thomas Edison
Qaraqalpaqsha: Thomas Edison
Taqbaylit: Thomas Edison
Kabɩyɛ: Thomas Edison
Gĩkũyũ: Thomas Edison
къарачай-малкъар: Эдисон, Томас Альфа
Ripoarisch: Thomas Alva Edison
Кыргызча: Эдисон, Томас
Lëtzebuergesch: Thomas Alva Edison
Limburgs: Thomas Edison
lumbaart: Thomas Edison
لۊری شومالی: توٙماس ئدیسون
lietuvių: Thomas Edison
latviešu: Tomass Edisons
Basa Banyumasan: Thomas Alva Edison
Malagasy: Thomas Edison
македонски: Томас Алва Едисон
Bahasa Melayu: Thomas Edison
Mirandés: Thomas Edison
မြန်မာဘာသာ: သောမတ် အက်ဒီဆင်
مازِرونی: ادیسون
नेपाल भाषा: थोमस एडिसन
Nederlands: Thomas Edison
norsk nynorsk: Thomas Edison
occitan: Thomas Edison
Livvinkarjala: Thomas Edison
ਪੰਜਾਬੀ: ਥਾਮਸ ਐਡੀਸਨ
Kapampangan: Thomas Edison
Piemontèis: Thomas Edison
português: Thomas Edison
armãneashti: Thomas Alva Edison
русиньскый: Томас Едісон
संस्कृतम्: थामस् एडिसन्
саха тыла: Томас Эдисон
srpskohrvatski / српскохрватски: Thomas Alva Edison
Simple English: Thomas Edison
slovenčina: Thomas Alva Edison
slovenščina: Thomas Alva Edison
Gagana Samoa: Thomas Edison
Soomaaliga: Tomas Edison
српски / srpski: Томас Алва Едисон
Basa Sunda: Thomas Alfa Edison
svenska: Thomas Edison
Kiswahili: Thomas Edison
Türkmençe: Tomas Edison
Tagalog: Thomas Edison
Türkçe: Thomas Edison
татарча/tatarça: Томас Эдисон
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: توماس ئېدىسون
українська: Томас Алва Едісон
oʻzbekcha/ўзбекча: Thomas Edison
vepsän kel’: Edison Tomas Alva
Tiếng Việt: Thomas Edison
Volapük: Thomas Edison
Winaray: Thomas Edison
吴语: 爱迪生
Yorùbá: Thomas Edison
Zeêuws: Thomas Edison
中文: 爱迪生
Bân-lâm-gú: Thomas Edison
粵語: 愛迪生