Sowjetunie
English: Soviet Union

Broom icon.svgHierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Probleem: Die hoofbron Wêreldspektrum uit 1982 en dus groot dele van hierdie artikel het die Ontbinding van die Sowjetunie in 1991 misgeloop en is vervolgens verouderd.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Hierdie kennisgewing is op 13 Augustus 2019 hier geplaas.
Союз Советских Социалистических Республик
Sojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik

Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke
Flag of the Russian Soviet Federative Socialist Republic (1918–1937).svg
Flag of the Ukrainian Soviet Socialist Republic (1929-1937).svg
Flag of the Byelorussian Soviet Socialist Republic (1919-1927).svg
1922 – 1991
VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: Пролетарии всех стран, соединяйтесь!
Proletarii fsech stran, sojedinjaites'!
(Russies vir: "Werkers van die wêreld, verenig!")
Volkslied: Die Internasionale (1922–1944)

Госуда́рственный гимн Сове́тского Сою́за (1944–1991)
(tr.: Gosoedarstwenni gimn Sowjetskowo Sojoeza)
(Russies vir: "Volkslied van die Sowjetunie")
Ligging of Sowjetunie
Die Sowjetunie in het grootste verspreiding in die Koue Oorlog
HoofstadMoskou
Taal/TaleRussies
RegeringRepubliek
Staatshoof
 - 1917–1924Wladimir Lenin
 - 1924–1953Josef Stalin
 - 1953–1964Nikita Chroesjtsjof
 - 1964–1982Leonid Brezjnef
 - 1982–1984Joeri Andropof
 - 1984–1985Konstantin Tsjernenko
 - 1985–1991Michail Gorbatsjof
WetgewerOpperste Sowjet
Historiese tydperk20ste eeu
 - Stigting30 Desember 1922
 - Ontbinding26 Desember 1991
Oppervlakte
 - 199122 402 200 km2
8 649 538 sq mi
Bevolking
 - 1991 skatting293 047 571 
     Digtheid13,1 /km² 
33,9 /sq mi
GeldeenheidRussiese roebel
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Flag of the Russian Soviet Federative Socialist Republic (1918–1937).svgRussiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
Flag of the Transcaucasian SFSR.svgTranskaukasiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
Flag of the Ukrainian Soviet Socialist Republic (1929-1937).svgOekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek
Flag of the Byelorussian Soviet Socialist Republic (1919-1927).svgWit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
ArmeniëFlag of Armenia.svg
AzerbeidjanFlag of Azerbaijan.svg
EstlandFlag of Estonia.svg
GeorgiëFlag of Georgia (1990–2004).svg
KasakstanFlag of Kazakhstan.svg

Die Sowjetunie (Сове́тский Сою́з, Sowjetski Sojoez, [sɐˈvʲɛt͡skʲɪj sɐˈjus], ), amptelik die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) (Сою́з Сове́тских Социалисти́ческих Респу́блик (СССР), Sojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik (SSSR), [sɐˈjus sɐˈvʲɛtskʲɪx sətsɨəlʲɪsˈtʲitɕɪskʲɪx rʲɪˈspublʲɪk], ), was 'n staat in Noord-Eurasië wat bestaan het vanaf 1922 tot 1991.

Die lys van republieke in die Sowjetunie het in hierdie tyd gewissel. Gedurende die laaste jare van sy bestaan het die Sowjetunie 15 Sosialistiese Sowjetrepublieke (SSR'e) gehad. Die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) was die grootste republiek in die Sowjetunie en het dit in amper alle opsigte oorheers: oppervlakte, bevolking, ekonomie en politieke invloed. Die gebied van die Sowjetunie het ook heelwat gewissel en in die laaste jare was dit ongeveer dieselfde as die voormalige Russiese Ryk, met die uitsondering van Pole en Finland.

Setel van die Opperste Sowjet in Moskou, 1982.

Die Sowjetunie, met sy hoofstad Moskou, was met 'n oppervlakte van 22,4 miljoen km² die grootste land ter wêreld. Hierdie enorme land het oor ’n ryk skakering van landskappe en inwoners (130 volke) en 'n groot potensiaal van bodemrykdomme beskik. Die land het in 'n baie kort tyd van 'n agterlike landbouland tot 'n industriële wêreldmag ontwikkel.

Die land het egter vanweë sy geografiese ligging te kampe gehad met ernstige probleme, soos min ysvrye hawens, 'n beperkte landbou-oppervlakte en die strawwe koue in groot gebiede, wat bewoning en benutting van bodemrykdomme belemmer het. Die sosialistiese staat, wat in 1917 gevorm is, het aanvanklik heeltemal alleen gestaan en het hom in sy bestaan bedreig gevoel.

Teenslae soos hongersnood en geweldige verliese aan mense en materiaal in die Tweede Wêreldoorlog het modernisering op ekonomiese en maatskaplike gebied vertraag. In die eerste tien jaar van sy bestaan is die bevolking alle luukse ontsê, moes hulle baie eenvoudig lewe en is hulle sekere maatskaplike beperkinge opgelê.

So moes die basis vir nywerheidsontwikkeling gelê word. Selfs in die tweede helfte van die 20ste eeu het die bewind die bevolking met ’n ystervuis geregeer, hoewel die beleid ten opsigte van die verbruiksgoedere versoepel het. Oor die algemeen het die lewenstandaard van die Sowjetunie egter stadig toegeneem. In die vroeë 1970's was daar 'n kort détente met die Verenigde State, maar die spanning het met die Sowjet-Afghaanse Oorlog in 1979 hervat. In 1985 het die laaste Sowjet-premier, Michail Gorbatsjof, probeer om die ekonomie deur sy beleid te hervorm en te liberaliseer, naamlik glasnost (openheid) en perestroika (herstrukturering), wat politieke onstabiliteit veroorsaak het. In 1989 het Sowjet-satellietstate in Oos-Europa hul onderskeie kommunistiese regerings omvergewerp.

As deel van 'n poging om die land se ontbinding weens toenemende nasionalistiese en separatistiese bewegings te voorkom, is 'n referendum in Maart 1991 gehou, wat deur drie Sowjetrepublieke geboikot is, wat daartoe gelei het dat die meerderheid van die deelnemende burgers ten gunste van die bewaring van die unie as hernude federasie gestem het. Gorbatsjof se mag is aansienlik verminder na die Russiese president Boris Jeltsin se hoëprofiel rol om 'n staatsgreep teen te staan van die ekstremiste in die Kommunistiese Party. Aan die einde van 1991 het Gorbatsjof bedank en die Opperste Sowjet het vergader en die Sowjetunie formeel ontbind. Die oorblywende twaalf Sowjetrepublieke het oorgegaan as onafhanklike post-Sowjet-state, met die Russiese Federasie – voorheen die Russiese SFSR – wat die regte en verpligtinge van die Sowjetunie aanvaar het en as die opvolgstaat erken is.

Die Sowjetunie was 'n magtige staat wat baie belangrike tegnologiese prestasies en innovasies in die 20ste eeu bewerstekkig het waaronder die lansering van die wêreld se eerste mensgemaakte satelliet, die eerste mens in die ruimte en die eerste tuig wat op 'n ander planeet, Venus, geland het. Die land het die tweede grootste ekonomie ter wêreld gehad en die grootste staande militêre mag ter wêreld.[1][2][3] Die Sowjetunie is erken as een van die vyf kernwapenstate en het die grootste voorraad van massavernietigingswapens gehad.[4] Dit was 'n stigterslid en permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, sowel as 'n lid van die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), die Wêreldfederasie van Vakbonde (WFTU) en die voorste lid van die Raad vir Wedersydse Ekonomiese Bystand (Engelse afkorting: COMECON) en die Warskouverdrag.

Other Languages
Acèh: Uni Soviet
Alemannisch: Sowjetunion
অসমীয়া: ছ'ভিয়েট সংঘ
авар: СССР
تۆرکجه: شوروی
Boarisch: Sowjetunion
žemaitėška: Tarību Sājonga
беларуская (тарашкевіца)‎: Саюз Савецкіх Сацыялістычных Рэспублік
bosanski: Sovjetski Savez
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Sŭ-lièng
Cebuano: Unyong Sobyet
čeština: Sovětský svaz
Deutsch: Sowjetunion
dolnoserbski: Sowjetski zwězk
English: Soviet Union
Esperanto: Sovetunio
estremeñu: Unión Soviética
føroyskt: Sovjetsamveldið
Nordfriisk: Sowjetunioon
Frysk: Sovjet-Uny
贛語: 蘇聯
گیلکی: شؤروي
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌲𐌲𐌲𐌸
客家語/Hak-kâ-ngî: Sû-lièn
हिन्दी: सोवियत संघ
hrvatski: Sovjetski Savez
hornjoserbsce: Sowjetski zwjazk
magyar: Szovjetunió
interlingua: Union Sovietic
Bahasa Indonesia: Uni Soviet
Interlingue: Soviet-Union
íslenska: Sovétríkin
la .lojban.: sofygu'e
ភាសាខ្មែរ: សហភាពសូវៀត
한국어: 소련
कॉशुर / کٲشُر: صؤوِت اِتِفاق
kernowek: URSS
Lëtzebuergesch: Sowjetunioun
Limburgs: Sovjet-Unie
lietuvių: Tarybų Sąjunga
македонски: Советски Сојуз
مازِرونی: شوروی
Napulitano: Aunione Sovieteca
Plattdüütsch: Sowjetunion
Nedersaksies: Sovjetuny
Nederlands: Sovjet-Unie
norsk nynorsk: Sovjetunionen
Papiamentu: Union Sovietiko
Picard: URSS
Norfuk / Pitkern: UoSSR
پنجابی: سویت یونین
português: União Soviética
rumantsch: Uniun sovietica
davvisámegiella: Sovjetlihttu
srpskohrvatski / српскохрватски: Sovjetski Savez
Simple English: Soviet Union
slovenčina: Sovietsky zväz
slovenščina: Sovjetska zveza
Soomaaliga: Midowga Sofiyet
Seeltersk: Sowjetunion
svenska: Sovjetunionen
Tagalog: Unyong Sobyet
тыва дыл: ССРЭ
Tiếng Việt: Liên Xô
West-Vlams: Sovjet-Unie
walon: URSS
吴语: 苏联
Vahcuengh: Suhlienz
中文: 苏联
文言: 蘇聯
Bân-lâm-gú: So͘-liân
粵語: 蘇聯