Roger Moore

Roger Moore
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Roger Moore in 1973

GeboortenaamRoger George Moore
Geboorte14 Oktober 1927
Stockwell, Londen, Engeland
NasionaliteitBrits
Sterfte23 Mei 2017 (op 89)[1]
Crans-Montana, Valais/Wallis, Switserland
OuersLillian "Lily" (née Pope) en George Alfred Moore
LewensmaatDoorn van Steyn (∞ in 1946; geskei in 1953)

Dorothy Squires (∞ in 1953; geskei in 1968)

Luisa Mattioli (∞ in 1969; geskei in 1996)

Kristina Tholstrup (∞ in 2002)

KindersDrie
Aktiewe jare1945–2017
Webwerfroger-moore.com

Sir Roger George Moore KBE ([mɔər]; * 14 Oktober 1927, † 23 Mei 2017) was 'n Engelse akteur. Gedurende sy loopbaan, wat oor sewe dekades gestrek het, het hy - naas rolle in televisiereekse soos The Saint (as Simon Templar, tussen 1962 en 1969) en The Persuaders - veral bekendheid verwerf as Britse geheime agent James Bond. Hy was die derde akteur ná Sean Connery en George Lazenby wat dié rol vertolk het. Tussen 1973 en 1985 het hy sewe keer as Bond op die silwerdoek verskyn.

Roger Moore het baie van sy tyd aan humanitêre werk gewy, onder meer as Unicef-ambassadeur (sedert 1991). Vir sy bydraes tot liefdadigheidsdienste is Moore in 2003 deur koningin Elizabeth II tot ridder geslaan. Tot sy afsterwe het Roger Moore in Crans-Montana in die Switserse kanton Valais/Wallis en in Monaco gebly nadat hy jare lank 'n chalet in Gstaad (kanton Bern) bewoon het. In Switserland het Moore verskeie kere opgetree in advertensieveldtogte vir groot Switserse ondernemings, waaronder SBB (Switserse Federale Spoorweë) en die lugredery Swiss.[2]

Op 23 Mei 2017 het Roger Moore se kinders in hul amptelike Twitter-rekening bekend gemaak dat die akteur "ná 'n kort en dapper stryd teen kanker" in sy huis in Switserland oorlede is.[3][4] Hy word oorleef deur sy vrou, Kristina Tholstrup, en drie kinders.

Other Languages
Alemannisch: Roger Moore
aragonés: Roger Moore
العربية: روجر مور
Aymar aru: Roger Moore
azərbaycanca: Rocer Mur
تۆرکجه: راجر مور
беларуская: Роджэр Мур
български: Роджър Мур
català: Roger Moore
čeština: Roger Moore
Cymraeg: Roger Moore
Deutsch: Roger Moore
Ελληνικά: Ρότζερ Μουρ
English: Roger Moore
Esperanto: Roger Moore
español: Roger Moore
euskara: Roger Moore
فارسی: راجر مور
français: Roger Moore
Gaeilge: Roger Moore
Gàidhlig: Roger Moore
galego: Roger Moore
עברית: רוג'ר מור
hrvatski: Roger Moore
Kreyòl ayisyen: Roger Moore
magyar: Roger Moore
հայերեն: Ռոջեր Մուր
Bahasa Indonesia: Roger Moore
íslenska: Roger Moore
italiano: Roger Moore
Basa Jawa: Roger Moore
ქართული: როჯერ მური
қазақша: Роджер Мур
한국어: 로저 무어
Lëtzebuergesch: Roger Moore
lietuvių: Roger Moore
latviešu: Rodžers Mūrs
मराठी: रॉजर मूर
Bahasa Melayu: Roger Moore
မြန်မာဘာသာ: ရော်ဂျာမိုး
Nederlands: Roger Moore
Livvinkarjala: Roger Moore
polski: Roger Moore
português: Roger Moore
Runa Simi: Roger Moore
română: Roger Moore
русский: Мур, Роджер
srpskohrvatski / српскохрватски: Roger Moore
Simple English: Roger Moore
slovenčina: Roger Moore
slovenščina: Roger Moore
српски / srpski: Роџер Мур
Basa Sunda: Roger Moore
svenska: Roger Moore
Kiswahili: Roger Moore
Tagalog: Roger Moore
Türkçe: Roger Moore
українська: Роджер Мур
اردو: راجر مور
oʻzbekcha/ўзбекча: Roger Moore
Tiếng Việt: Roger Moore
მარგალური: როჯერ მური
Bân-lâm-gú: Roger Moore
粵語: 羅渣摩亞