Réunion

La Réunion
Réunion
Vlag van RéunionWapen van Réunion
VlagWapen
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité
(Frans vir: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap")
Volkslied: Marseillaise
Ligging van Réunion
HoofstadSaint-Denis

20°53′S 55°27′O / 20°53′S 55°27′O / -20.883; 55.450

Grootste stadSaint-Denis
Amptelike taleFrans
Regering
Franse president
• President van die
territoriale Vergadering
• Prefek
Oorsese département
Emmanuel Macron

Nassimah Dindar
Dominique Sorain
Onafhanklikheid
Franse oorsese département
• Franse aanspraak
• Franse kolonisering
• Britse besetting
• Teruggegee aan Frankryk
• Oorsese département


1642
1665
1810
1815
19 Maart 1946
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 511 km2  
970 myl2
Bevolking
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
840 974[1]
330 / km2
870 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2013-skatting

€16,29 miljard[2]
$21,57 miljard[2]

GeldeenheidEuro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
RET (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD.re
Skakelkode+262

Réunion (Frans: La Réunion [la ʁeynjɔ̃], voorheen: Île Bourbon) is 'n eiland en oorsese département (département d'outre-mer, of DOM) van Frankryk, geleë in die Indiese Oseaan omtrent 700 kilometer oos van Madagaskar en 200 kilometer suidwes van Mauritius, met 'n oppervlak van 2 511 vierkante kilometer en 'n bevolking van 840 000 ("Réunionnais").

Soos ander oorsese Franse gebiede is Réunion ook een van die 18 régions van Frankryk met 'n status soortgelyk aan dié van die metropolitaanse Frankryk op die Europese vasteland. Réunion maak deel uit van die Europese Unie en was danksy sy ligging die eerste gebied ter wêreld waar Euro-banknote en munte ingevoer is. President Paul Vergés was die eerste verbruiker wat sy inkopies met Euro's betaal het.

Réunion is danksy die natuurskoon en die onmiddellike ervaring van die vier elemente vuur, water, aarde en lug, wat sy ongerepte landskappe en landvorms bied, nou een van die gewildste reisbestemmings vir Franse toeriste. Die vulkaniese landskappe van Pitons, cirques en remparts is in 2010 deur Unesco as wêrelderfenisgebied aangewys.

Geskiedenis

'n Vulkaanuitbarsting in 2004

Réunion was oorspronklik 'n onbewoonde eiland wat deur Arabiese seevaarders Dina Morgabin ("Westelike Eiland") genoem is. Die Portugese was die eerste Europeërs wat hier in 1513 voet aan wal gesit en die eiland Santa Apollonia genoem het. Tog was dit uiteindelik Franse wat die eiland later beset het. François Cauche het in 1638 die Franse vlag op Santa Apollonia gehys, en vier jaar later het Jacques Pronis die eiland tot 'n Franse besitting verklaar. Aanvanklik het die eiland as 'n verbanningsoord vir Franse muiters uit Madagaskar gedien. Hulle is later terug na Frankryk gebring. In 1649 is die naam van die eiland ter ere van die Franse koningshuis gewysig na Île Bourbon.

Die eiland het 'n belangrike rol as hawe en verversingspos vir handelskepe op pad na Oos-Indië gespeel en sou sy strategiese belangrikheid eers met die opening van die Suezkanaal in 1869 verloor. In die 17de eeu het die immigrasie van Franse setlaars, Indiërs, Han-Sjinese, Maleiers en Afrikane begin.

Tydens die Franse Rewolusie is die eiland se naam deur 'n dekreet van die Konvent gewysig. Die nuwe naam Île de la Réunion herdenk sedertdien die vereniging van die rewolusionêre strydmag uit Marseille met die Nasionale Garde in Parys op 10 Augustus 1792. Die derde Franse naam, Île Bonaparte, wat vanaf 1801 gebruik is, het nog eens die politieke gebeure in die moederland weerspieël.

Ná die verowering deur die Britse Vloot onder die bevel van kommodoor Josias Bowley het die eiland sy ou naam "Île Bourbon" teruggekry, maar eers met die rewolusie van 1848 is dit vir goed na Réunion gewysig.

Op 19 Maart 1946 het Réunion 'n oorsese département (département d'outre-mer) van Frankryk geword. Sedert 1986 is dit ook 'n oorsese administratiewe gebied (région d'outre-mer). In 1997 het Réunion een van die agt sogenaamde régions ultrapériphériques of "uiterste randgebiede" van die Europese Unie geword.

Other Languages
Alemannisch: Réunion
አማርኛ: ሬዩንዮን
aragonés: Reunión
العربية: لا ريونيون
asturianu: Reunión
azərbaycanca: Reyunyon
تۆرکجه: رئونیون
Boarisch: Réunion
беларуская: Рэюньён
беларуская (тарашкевіца)‎: Рэюньён
български: Реюнион
বাংলা: রেউনিওঁ
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: রিইউনিয়ন
brezhoneg: Enez ar Reünion
bosanski: Réunion
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Réunion
нохчийн: Реюньон
Cebuano: Réunion
کوردی: ڕیۆنیۆن
čeština: Réunion
Cymraeg: Réunion
dansk: Réunion
Deutsch: Réunion
Zazaki: Réunion
ދިވެހިބަސް: ރިޔޫނިއަން
Ελληνικά: Ρεϋνιόν
English: Réunion
Esperanto: Reunio
eesti: Réunion
euskara: Réunion
فارسی: رئونیون
suomi: Réunion
français: La Réunion
arpetan: Rèunion
Nordfriisk: Réunion
Gaeilge: La Réunion
Gagauz: Réunion
Gàidhlig: Réunion
客家語/Hak-kâ-ngî: Réunion-tó
עברית: ראוניון
हिन्दी: रेयूनियों
Fiji Hindi: Réunion
hrvatski: Réunion
Kreyòl ayisyen: La Reyinyon
magyar: Réunion
Հայերեն: Ռեյունյոն
interlingua: Reunion
Bahasa Indonesia: Réunion
Igbo: Réunion
Ilokano: Réunion
Ido: Reunion
íslenska: Réunion
日本語: レユニオン
Patois: Reunioh
Basa Jawa: Réunion
ქართული: რეიუნიონი
қазақша: Реюньон
한국어: 레위니옹
kurdî: Réunion
kernowek: Réunion
Latina: Reunio
Lëtzebuergesch: Departement La Réunion
Limburgs: Réunion
Ligure: Réunion
lumbaart: Réunion
لۊری شومالی: رئونیون
lietuvių: Reunjonas
latviešu: Reinjona
Malagasy: La Réunion
македонски: Реинион
മലയാളം: റീയൂണിയൻ
монгол: Реюньон
кырык мары: Реюньон
Bahasa Melayu: Réunion
Plattdüütsch: Réunion
Nedersaksies: Réunion
Nederlands: Réunion
norsk nynorsk: Réunion
norsk: Réunion
Novial: Reunion
Sesotho sa Leboa: Réunion
occitan: Reünion
Ирон: Реюньон
ਪੰਜਾਬੀ: ਰੇਊਨੀਓਂ
Norfuk / Pitkern: Réunion Ailen
polski: Reunion
Piemontèis: La Réunion
پنجابی: ریونین
Runa Simi: Riyunyun
română: Réunion
русский: Реюньон
Kinyarwanda: Reyiniyo
sicilianu: Riunioni
Scots: Réunion
davvisámegiella: Reuion
srpskohrvatski / српскохрватски: Réunion
Simple English: Réunion
slovenčina: Réunion
slovenščina: Reunion
shqip: Reunioni
српски / srpski: Реинион
Basa Sunda: Réunion
svenska: Réunion
Kiswahili: Réunion
ślůnski: Reunion
Tagalog: Réunion
Türkçe: Réunion
Xitsonga: Reunion
татарча/tatarça: Реюньон
українська: Реюньйон
vèneto: Réunion
Tiếng Việt: Réunion
Winaray: Réunion
Wolof: Reiñõo
吴语: 留尼汪
მარგალური: რეიუნიონი
Yorùbá: La Réunion
Zeêuws: Réunion
中文: 留尼汪
Bân-lâm-gú: Réunion
粵語: 留尼旺
isiZulu: IRiyunion