Organiese landbou

Biologiese groentekwekery op 'n organiese plaas in Capay (deelstaat Kalifornië, VSA)
13-09-01-kochtreffen-wien-RalfR-02.jpg

Die terme organiese of biologiese landbou verwys na boerderypraktyke waarby graan, vrugte, vleis en ander agrariese produkte op die basis van natuurlike en volhoubare metodes en met gebruikmaking van kennis uit vakgebiede soos ekologie en omgewingsbewaring geproduseer word. Organiese boerderye gebruik slegs natuurlike dier- en plantprodukte as bemesting, terwyl chemikalieë soos sintetiese plaagdoders, kunsmis en sintetiese groeihormone net soos geentegnologie en voedselbestraling — in teenstelling met praktyke in die konvensionele landbou — glad nie toegelaat word nie. Verbruikers betaal gewoonlik 'n premie vir biologiese produkte.

Organiese landbou wêreldwyd

In 2007 het die totale organiese landbouoppervlakte in vergelyking met die vorige jaar met 1,5 miljoen hektaar toegeneem tot 32 miljoen hektaar wêreldwyd (waarvan 'n kwart in Europa). Die internasionale markvolume vir biologiese produkte het tot meer as 46 miljard VSA-$ toegeneem.

Die grootste organiese landbouoppervlakte is in Australië (12 miljoen hektaar), Argentinië (2,8 miljoen hektaar) en Brasilië (1,8 miljoen hektaar) geleë. 'n Groot deel van die biologiese landbougrond in hierdie lande is weivelde. Van die totale biologiese landbouoppervlakte is 37,6 persent in Australië en Oseanië, 24,1 persent in Europa en 19,9 persent in Latyn-Amerika geleë. Die twee Alpelande Oostenryk en Switserland beskik oor die grootste persentasies organiese boerderygrond met respektiewelik 13,4 en 11 persent.[1]

Other Languages
العربية: زراعة عضوية
অসমীয়া: জৈৱিক কৃষি
български: Биоземеделие
हिन्दी: जैविक खेती
Bahasa Indonesia: Pertanian organik
日本語: 有機農業
한국어: 유기농
മലയാളം: ജൈവകൃഷി
Bahasa Melayu: Pertanian organik
မြန်မာဘာသာ: အော်ဂဲနစ်
नेपाली: जैविक खेती
ਪੰਜਾਬੀ: ਜੈਵਿਕ ਖੇਤੀ
srpskohrvatski / српскохрватски: Organska poljoprivreda
Simple English: Organic farms
slovenščina: Ekološko kmetijstvo
српски / srpski: Organska poljoprivreda
Türkçe: Organik tarım
Tiếng Việt: Nông nghiệp hữu cơ
吴语: 有機農業
中文: 有機農業
Bân-lâm-gú: Iú-ki lông-gia̍p