Oktant (sterrebeeld)
English: Octans

Oktant
Octans constellation map.png
Latynse naamOctans
GenitiefOctantis
AfkortingOct
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming22h
Deklinasie-19º
Grootte291 vk. grade (50ste)
KwadrantSQ4
Besonderhede
Hoofsterre3
Helderste sterNu Octantis (ν Oct)
Naaste sterLHS 531
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete3
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre27
Aangrensende sterrebeelde
Toekan, Indiër, Pou, Paradysvoël, Kameleon, Tafel, Suidelike Waterslang
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Die Oktant (Latyn: Octans ) is ’n dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in 1732 deur die sterrekundige Nicolas Louis de Lacaille voorgestel en is genoem na die navigasie-instrument met dieselfde naam. Die Latynse naam was aanvanklik Octans Hadleianus ter ere van John Hadley, wat die instrument in 1730 uitgevind het, maar is later verkort.

Die Oktant bevat die suidelike hemelpool. Anders as die noordpool, het dit geen helder poolster nie. Sigma Octantis (σ Oct) is baie na aan die pool en kan met die blote oog gesien word, maar is te dof (5,6  mag) om bruikbaar te wees vir navigasie. Daarvoor word eerder die sterrebeeld Suiderkruis gebruik wat na die pool wys.

Die sterrebeeld is in die Suidelike Halfrond dwarsdeur die jaar sigbaar. Die drie helderste sterre kan in November die duidelikste gesien word omdat hulle dan op hul hoogste is. Die helderste ster is Nu Octantis (ν Oct), met ’n helderheid van 3,8 mag.

Verwysings

  • Ridpath, Ian; Tirion (2007), Stars and Planets Guide, Princeton University Press, ISBN 978-0-691-13556-4 
  • Staal, Julius D.W. (1988), The New Patterns in the Sky: Myths and Legends of the Stars, The McDonald and Woodward Publishing Company, ISBN 0-939923-04-1 
Other Languages
العربية: الثمن (كوكبة)
asturianu: Octans
azərbaycanca: Oktant (bürc)
беларуская: Актант (сузор’е)
беларуская (тарашкевіца)‎: Актант (сузор’е)
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Nàng-gĭk-cô̤
corsu: Octans
dansk: Oktanten
Ελληνικά: Οκτάς
English: Octans
español: Octans
suomi: Oktantti
français: Octant
galego: Octans
客家語/Hak-kâ-ngî: Nàm-khi̍t-chho
Bahasa Indonesia: Octans
Jawa: Octans
한국어: 팔분의자리
Lëtzebuergesch: Octans
lietuvių: Oktantas
македонски: Октант (соѕвездие)
Bahasa Melayu: Oktan (buruj)
norsk nynorsk: Oktanten
norsk: Oktanten
português: Octans
Scots: Octans
srpskohrvatski / српскохрватски: Oktant (zviježđe)
Simple English: Octans
slovenčina: Oktant (súhvezdie)
slovenščina: Oktant (ozvezdje)
српски / srpski: Октант (сазвежђе)
svenska: Oktanten
українська: Октант (сузір'я)
اردو: ثمن
oʻzbekcha/ўзбекча: Oktant
Tiếng Việt: Nam Cực (chòm sao)
Winaray: Octans
中文: 南极座
Bân-lâm-gú: Pat-hun-gî-chō
粵語: 南極座