Nobelprys vir fisika

 Nobel prize medal.svg Nobelprys vir fisika 

Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Toegeken virUitstaande bydraes vir die mensdom in fisika
BorgKoninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe
LandVlag van Swede Swede
Datum10 Desember
Eerste toekenning10 Desember 1901 (1901-12-10) (116 jaar oud)
Webtuistenobelprize.org

Die Nobelprys vir fisika (Sweeds: Nobelpriset i fysik) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisika gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.

Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir fisika tradisioneel tweede en op 'n Dinsdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot met 2018 is die prys aan altesaam 209 individue toegeken.[2] Nog net drie vroue het dit gekry: Marie Curie in 1903, Maria Goeppert-Mayer in 1963 en Donna Strickland in 2018.[3]

John Bardeen is een van twee bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1956 and 1972. Frederick Sanger is die ander en is twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 1956 and 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).[4]

Die 2018-Nobelprys vir fisika is toegeken aan Arthur Ashkin, Gérard Mourou en Donna Strickland "vir baanbrekende uitvindings in die veld van laserfisika".[5]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word)[6], 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir fisika vanaf 1901 tot op hede. In 1916, 1931, 1934 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie; die toekenning van 1921 is in die volgende jaar toegeken, toe Albert Einstein die Nobelprys vir fisika ontvang het.


1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's

1900's

Nobelprys vir fisika, 1900's
Jaar Naam Land Beweegrede
1901[7] WilhelmRöntgen.JPG Wilhelm Röntgen Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk "ter erkenning van die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur die ontdekking van die merkwaardige X-strale wat later na hom genoem is"
1902[8] H A Lorentz (Nobel).jpg Hendrik Lorentz Vlag van Nederland Nederland "ter erkenning van die buitengewone diens wat hulle deur hul ondersoeke op die invloed van magnetisme op stralingverskynsels gelewer het"
Pieter Zeeman.jpg Pieter Zeeman
1903[9] Portrait of Antoine-Henri Becquerel.jpg Henri Becquerel Vlag van Frankryk Frankryk "vir sy ontdekking van spontane radioaktiwiteit"
PierreCurie.jpg Pierre Curie "vir hul gesamentlike ondersoeke na die stralingverskynsels wat deur professor Henri Becquerel ontdek is"
Mariecurie.jpg Marie Curie Vlag van Pole Pole
Vlag van Frankryk Frankryk
1904[10] John William Strutt.jpg John William Strutt Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk "vir sy ondersoek na die digtheid van die belangrikste gasse en vir sy ontdekking van argon in verband met hierdie studies"
1905[11] Phillipp Lenard in 1900.jpg Philipp Lenard Vlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye
Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk
"vir sy werk op katodestrale"
1906[12] J.J Thomson.jpg J.J. Thomson Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk "vir sy teoretiese en eksperimentele ondersoeke op die geleiding van elektrisiteit deur gasse"
1907[13] Albert Abraham Michelson2.jpg Albert A. Michelson Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Pole Pole
"vir sy optiese presisie instrumente en die spektroskopiese en metrologiese ondersoeke wat uitgevoer is met hul hulp"
1908[14] G lippmann.jpg Gabriel Lippmann Vlag van Frankryk Frankryk "vir sy metode om kleure te fotografeer gebaseer op die verskynsel van inmenging"
1909[15] Guglielmo Marconi.jpg Guglielmo Marconi Vlag van Italië Italië "vir hul bydraes tot die ontwikkeling van draadlose telegrafie"
Ferdinand Braun.jpg Karl Ferdinand Braun Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk
Other Languages
беларуская (тарашкевіца)‎: Нобэлеўская прэмія ў галіне фізыкі
Bahasa Indonesia: Nobel Fisika
Lëtzebuergesch: Nobelpräis fir Physik
Plattdüütsch: Nobelpries för Physik
norsk nynorsk: Nobelprisen i fysikk
português: Nobel de Física
srpskohrvatski / српскохрватски: Nobelova nagrada za fiziku
oʻzbekcha/ўзбекча: Fizika boʻyicha Nobel mukofoti
Tiếng Việt: Giải Nobel Vật lý