New Horizons

Kunstenaarsvoorstelling van die sending

New Horizons is 'n onbemande ruimtetuig wat op 19 Januarie 2006 gelanseer is met die doel om foto's van Pluto en sy mane, asook die Kuiper-gordel te neem. Die missie vorm deel van NASA se New Frontiers-program. Die tuig is gebou deur Johns Hopkins University Applied Physics Laboratory (APL) en Southwest Research Institute (SwRI). S. Alan Stern het die bouprogram gelei.

Die tuig het met die eerste deel van sy sending geslaag, nadat foto's op 'n afstand van 12 600 km van Pluto op 14 Julie 2015 geneem is. Dit het die data 4 ure en 25 minute geneem om die afstand van 4,7 miljard km na die aarde af te lê. Op daardie stadium was die ruimtetuig se snelheid 14 km/s (31 000mph). Die data is deur 'n reuse skottelantenna in Madrid, Spanje ontvang, wat deel van Nasa se kommunikasienetwerk vorm.

Datatransmissie

Die ruimtetuig beskik oor 'n sender van 12 Watt. Dit beteken dat die ruimtetuig effektiewelik inligting met die krag van een LED-liggie amper 5 miljard km ver deur die Sonnestelsel kan stuur. Die sendspoed is pynlik stadig, gemiddeld 1 kbis per sekonde, wat tot 4 kbis kan styg wanneer dit goed gaan. Teen die slakkepas neem dit die tuig ongeveer 3 ure om een swart-en-wit foto na die Aarde te stuur. Selfs as dit saamgepers word, sal dit steeds 20 minute neem om die aarde te bereik. Die hardeskyf aan boord van die tuig is vol inligting na die besoek aan Pluto, maar dit gaan 16 maande neem om al die inligting na die Aarde te versend.

Die ruimtetuig is tans oppad na die Kuiper-gordel waar dit 'n voorwerp genaamd 2014 MU69 sal besoek wat dit teen 1 Januarie 2019 sal bereik.

Other Languages
Alemannisch: New Horizons
azərbaycanca: Yeni üfüqlər
беларуская: New Horizons
български: Нови хоризонти
brezhoneg: New Horizons
bosanski: New Horizons
català: New Horizons
čeština: New Horizons
Cymraeg: New Horizons
Deutsch: New Horizons
Ελληνικά: New Horizons
English: New Horizons
Esperanto: New Horizons
español: New Horizons
euskara: New Horizons
français: New Horizons
Gaeilge: New Horizons
galego: New Horizons
hrvatski: New Horizons
magyar: New Horizons
Bahasa Indonesia: New Horizons
italiano: New Horizons
Limburgs: New Horizons
lumbaart: New Horizons
lietuvių: New Horizons
latviešu: New Horizons
Bahasa Melayu: New Horizons
မြန်မာဘာသာ: New Horizons
Nederlands: New Horizons
norsk nynorsk: New Horizons
polski: New Horizons
português: New Horizons
română: New Horizons
sicilianu: New Horizons
srpskohrvatski / српскохрватски: New Horizons
Simple English: New Horizons
slovenčina: New Horizons
slovenščina: New Horizons
српски / srpski: Нови хоризонти
svenska: New Horizons
Türkçe: New Horizons
українська: New Horizons
oʻzbekcha/ўзбекча: New Horizons
Tiếng Việt: New Horizons
Yorùbá: New Horizons
中文: 新视野号
Bân-lâm-gú: New Horizons