Namibië

Namibië
Republiek van Namibië ( Afrikaans) [1]
Republik Namibia ( Duits) [2]
Republic of Namibia ( Engels)
Republika yaNamibia ( Herero) [3]
Republika zaNamibia ( Kwangali) [4]
Orepublika yaNamibia ( Kwanyama) [5]
Namibia ye Lukuluhile ( Lozi) [6]
Namibiab Republiki dib ( Nama) [7]
Repaboleki ya Namibia ( Tswana) [8]
(al 9 name is amptelik)
Vlag van Namibië Wapen van Namibië
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity, Liberty, Justice
(Engels vir: "Eenheid, Vryheid, Geregtigheid")
Volkslied: Namibia, Land of the Brave
(Engels vir: "Namibië, Land van die Dapper")
Ligging van Namibië
Hoofstad Windhoek

22°34′S 17°05′O / 22°34′S 17°05′O / -22.567; 17.083

Grootste stad Windhoek
Amptelike tale Engelsa
Nasionale tale: Afrikaans ( lingua franca), Duits, Kwangali, Lozi, Tswana, Nama, Herero, Oshiwambo
Regering

President
• Adjunkpresident
Eerste minister
• Adjunkpremier
Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek [9] [10]
Hage Geingob
Nickey Iyambo
Saara Kuugongelwa
Netumbo Nandi-Ndaitwah
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• Erken

van Suid-Afrika
9 Februarie 1990
21 Maart 1990
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
825 615 km2  ( 34ste)
318 772 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - April 2015-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
2 300 000 [11] ( 142ste)
2 113 077 [12]
2,54 / km2 ( 235ste)
6,6 / myl2
BBP ( KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$27,451 miljard [13]
$11 839 [13]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$11,765 miljard [13]
$5 074 [13]

MOI ( 2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,640 [14] ( 125ste)  –  medium
Gini ( 2009) 59,7 [15] –  hoog
Geldeenheid Dollar ( NAD)
Tydsone
 - Somertyd
SAT ( UTC +2)
nie toegepas nie ( UTC +2)
Internet-TLD .na
Skakelkode +264
a Duits en Afrikaans was ook amptelike tale tot onafhanklikheid in 1990. Die meerderheid van die bevolking praat Afrikaans as ’n tweede taal, terwyl Oshiwambo die moedertaal van die helfte van die bevolking is. Duits is die moedertaal van sowat 32% van die blanke inwoners, terwyl net 3,4% Engels as huistaal praat. [16]

Namibië ( Duits: Namibia [naˈmiːbi̯a], Engels: Namibia [nəˈmɪbiə], [næˈmɪbiə] ), amptelik die Republiek van Namibië (Engels: Republic of Namibia, Duits: Republik Namibia ), is ’n republiek in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie is Namibië deur 200 m van die Zambezirivier se rivierbedding van Zimbabwe geskei (dit is waar die grens met Zambië en Botswana is). Die land het op 21 Maart 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika gekry na afloop van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog. Die hoofstad en grootste stad is Windhoek. Namibië is ’n lidland van die Afrika-unie, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, die Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Namibië geniet ’n hoë politieke, ekonomiese en sosiale stabiliteit.

Nasa-Satellietbeeld van Namibië

Die naam "Namibië" is afgelei van die Namibwoestyn, wat die hele kusgebied van dié land beslaan. Dit is as ’n neutrale naam ná dié land se onafhanklikheid gekies om ’n moontlike benadeling van een van die Namibiese volke te voorkom. Mburumba Karina word as Namibië se naamgewer beskou. [17]

Die droë grond van Namibië is sedert die vroegste tye deur Boesmans, Damaras en Namas bewoon en sedert ongeveer die 14de eeu n.C. deur immigrerende Bantoes wat met die Bantoemigrasie gekom het. Dit het in 1884 ’n protektoraat van die Duitse Keiserryk geword en ’n Duitse kolonie gebly tot aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog. In 1920 het die Volkebond aan Suid-Afrika ’n mandaat gegee om die land te bestuur. Suid-Afrika het sy apartheidswette dus ook op Suidwes-Afrika toegepas. Reeds in 1878 het die Britse Kaapkolonie die hawe van Walvisbaai en die aflandige Pikkewyn-eilande geannekseer, en het met die vorming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 ’n integrale deel daarvan geword.

Opstande en eise deur leiers in Afrika het daartoe gelei dat die VN direkte verantwoordelikheid vir die gebied aanvaar het. Dit het SWAPO in 1973 erken as die amptelike verteenwoordiger van die Namibiërs. Namibië het egter gedurende hierdie tyd steeds onder Suid-Afrikaanse regering gebly as Suidwes-Afrika. Na interne konflik het Suid-Afrika in 1985 ’n tussentydse administrasie in Namibië ingestel. Namibië het in 1990 volle onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry, met die uitsondering van Walvisbaai en die Pikkewyn-eilande wat tot 1994 onder Suid-Afrikaanse beheer gebly het.

Namibië het ’n bevolking van 2,1 miljoen en ’n parlementêre demokrasie met ’n veelpartystelsel. Landbou, veeteelt, toerisme en mynbou – insluitend die myn van diamante, uraan, goud, silwer en onedele metale – vorm die ruggraat van die Namibiese ekonomie. Gegewe die teenwoordigheid van die onherbergsame Namibwoestyn, is Namibië een van die ylbevolkste lande ter wêreld. Ongeveer die helfte van die bevolking leef onder die internasionale broodlyn en die land is swaar getref deur die Vigs-epidemie met 15% van die volwasse bevolking wat teen 2007 besmet was.

Geskiedenis

Die land se naam is afgelei van die Namibwoestyn, die oudste woestyn in die wêreld. [18] Voor onafhanklikheid in 1990 was die gebied bekend as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika) en daarna as Suidwes-Afrika. Dit weerspieël die koloniale besetting van Duitsland en die Suid-Afrikaanse regering namens die Britse kroon.

Pre-koloniale era

Die Wit Vrou

Die droë gebiede van Namibië is sedert die vroegste tye bewoon deur Boesmans, Damaras en Namas en sedert ongeveer die 14de eeu deur immigrerende Bantoes wat met die Bantoemigrasie uit sentraal Afrika gekom het. Van die laat 18de eeu en daarna het Oorlamstamme vanuit die Kaapkolonie die Oranjerivier oorgesteek en hulle in die area wat vandag suidelike Namibië is, gevestig. [19] Hulle ontmoetinge met die nomadiese Namastamme was oorwegend vreedsaam. Die sendelinge wat saam met die Oorlams getrek het, is goed ontvang deur die Namas [20] en die reg om watergate en weiding te gebruik is teen ’n jaarlikse fooi toegestaan. [21] Op hul pad noordwaarts het die Oorlams ontmoetings met segmente van die Hererostam by Windhoek, Gobabis en Okahandja gehad wat nie so akkommoderend was nie. Die Nama-Herero-oorlog het in 1880 uitgebreek met vyandighede wat eers afgeneem het nadat die Duitse Keiserryk troepe ontplooi het in die betwiste gebiede. Hulle het die status quo tussen die Namas, Oorlams en Herero's gehandhaaf. [22]

’n Groep Herero’s, ca. 1910

Die eerste Europeërs wat voet aan wal gesit en die gebied verken het was die Portugese seevaarder Diogo Cão in 1485 en Bartolomeus Dias in 1486; die gebied is egter nie deur die Portugese kroon beset nie. Soos die grootste deel van Afrika suid van die Sahara, is Namibië nie omvangryk verken deur Europeërs tot die 19de eeu nie, toe handelaars en setlaars, hoofsaaklik vanuit Duitsland en Swede, daar aangekom het. In die laat 19de eeu het die Dorslandtrekkers die gebied oorgesteek op pad van die Zuid-Afrikaansche Republiek na Angola. Van die Trekkers het in Namibië agtergebly in plaas daarvan om die tog na Angola te voltooi. Andere het na Namibië teruggekeer nadat Angola deur die Portugese hulle tot die katolisisme probeer bekeer het en die gebruik van hul taal in skole verbied het. [23]

Duitse bewind

Namibië het in 1884 onder Otto von Bismarck ’n Duitse kolonie geword om Britse besetting te voorkom en het bekend gestaan as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika); in die omgangstaal is hierdie benaming dikwels afgekort tot Deutsch-Südwest ("Duits-Suidwes"). [24] Die Palgrave-sendingstasie van die Britse Goewerneur het bepaal dat slegs die natuurlike diepwaterhawe van Walvisbaai die moeite werd was om te beset – dit is vir die Brittanje deur die Kaapkolonie beset.

Die Christuskerk en Ruiterstandbeeld in Windhoek

Van 1904 tot 1907 het die Herero's en die Namakwas die wapen teen die Duitsers opgeneem en in die gevolglike opstand het 10 000 Namas (ongeveer die helfte van die bevolking) en naastenby 65 000 Herero's (ongeveer 80% van die bevolking) omgekom. [25] [26] Nadat die oorlewendes uit aanhouding vrygelaat is, is hulle onderwerp aan onteiening, deportasie, gedwonge arbeid en segregasie.

Die meeste Afrikane is beperk tot sogenaamde inboorlinggebiede wat later onder Suid-Afrikaanse regering tot Bantoestans verklaar is. Sommige historici gaan selfs sover as om te spekuleer dat die volksmoord in Namibië as model deur die Nazi’s in die sjoa [27] maar die meeste geleerdes meen dat dit nie werklik ’n invloed op die Nazi’s, wat in daardie tyd kinders was, gehad het nie. Die vader van Hermann Göring, Heinrich Göring, was wel op sy dag ’n koloniale goewerneur in Namibië en ’n straat in Swakopmund is na hom vernoem. [28] Die gedagte van die volksmoord bly relevant tot die etniese identiteit in onafhanklike Namibië en tot verhoudinge met Duitsland. [29]

Suid-Afrikaanse bewind en die stryd om onafhanklikheid

Die Odendaal-plan vir Bantoestans in Suidwes-Afrika in 1964
Kaart van tuislande in Suidwes-Afrika in 1978
VN- Posseël van 1975, wat die Onafhanklikheid van Namibië eis

Suid-Afrika het die kolonie in 1915 beset nadat die Duitse magte in die Eerste Wêreldoorlog verslaan is. Dit is as ’n mandaatgebied van die Volkebond vanaf 1919 geadministreer. Hoewel die Suid-Afrikaanse regering Suidwes in sy eie gebied wou inkorporeer, het dit nooit amptelik gebeur nie maar dit is deurgaans as die de facto ‘vyfde provinsie’ bestuur met die bevolking van Namibië wat verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika geniet het. Hulle het ook hul eie administrasie en Wetgewende Vergadering gekies. Die Suid-Afrikaanse regering het ’n administrateur vir SWA aangestel wat uitgebreide magte gehad het.

Na die Volkebond se tersydestelling en die ontstaan van die Verenigde Nasies in 1946 het Suid-Afrika geweier dat sy vroeëre mandaat deur ’n Trusteeskap van die Verenigde Nasies vervang moet word (wat nadere internasionale monitering van die gebied se administrasie saam met ’n definitiewe onafhenklikheidskedule vereis het). Die Herero's se Raad van Hoofmanne het ’n aantal petisies by die VN ingedien om te vra vir Namibië se onafhanklikheid gedurende die 1950’s. Gedurende die 1960’s, toe Europese moondhede onafhanklikheid aan hul kolonies en trustgebiede begin gee het, het die druk op Suid-Afrika begin toeneem om dieselfde met Namibië te doen. In 1966 het die Internasionale Geregshof ’n klag teen Suid-Afrika se volgehoue teenwoordigheid in die gebied van Ethiopië en Liberië van die hand gewys maar die VN se Algemene Vergadering het uiteindelik Suid-Afrika se mandaat teruggetrek. In 1971 het die Internasionale Geregshof ’n “adviserende mening” uitgebring waarin verklaar is dat Suid-Afrika se volgehoue administrasie van die gebied onwettig is. [30]

In reaksie op die 1966-beslissing deur die Internasionale Geregshof het SWAPO se militêre vleuel, Volksbevrydingsleër van Namibië (PLAN), ’n guerrilla-oorlog begin voer in die stryd om onafhanklikheid [31] maar dit was eers in 1988 wat Suid-Afrika ingestem het om die besetting van Namibië op te hef, [32] in ooreenstemming met ’n VN-vredesplan vir die hele gebied. Buite die sentraal-suidelike gebied van Namibië (bekend as die “Polisie-sone” sedert die Duitse era en waar die hoof dorpe, industrieë, myne en landbougrond was) is die land opgedeel in “tuislande‘, soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse Bantoestans maar die Swart bevolking het nie hul samewerking gegee nie.

Na baie onsuksesvolle pogings deur die VN om Suid-Afrika te oorreed om in te stem tot die VN-besluit 435 te implementeer, wat in 1978 deur die VN se Veiligheidsraad aanvaar is as die internasionaal-ooreengekome dekoloniseringsplan vir Namibië. In 1988 het die oorgang na onafhanklikheid begin onder ’n drieledige diplomatieke ooreenkoms tussen Suid-Afrika, Angola en Kuba, met die VSA en die USSR as waarnemers, waaronder Suid-Afrika ingestem het om uit die gebied te onttrek en sy troepe te demobiliseer en Kuba ingestem het om sy troepe vanuit suid-Angola, wat gestuur is om die MPLA te ondersteun in sy stryd om Angola teen UNITA. ’n Gekombineerde VN Burgerlike en vredesmag onder die Finse diplomaat Martti Ahtisaari het toesig gehou oor die militêre onttrekkings, die terugkeer van SWAPO-bannelinge en die hou van Namibië se eerste verkiesing vir ’n grondwetlike vergadering in Oktober 1989. SWAPO het gewen maar nie hul eie verwagting van ’n twee-derde meerderheid gekry nie; die Suid-Afrikaans gesteunde Demokratiese Turnhalle-alliansie (DTA) het die amptelike opposisie geword.

Na die aanvaarding van die Namibiese grondwet, wat beskerming van menseregte, vergoeding vir staatsonteienings van privaat eiendom, ’n onafhanklike regbank en ’n uitvoerende presidensie (die grondwetgewende vergadering het die nasionale vergadering geword), ingesluit het, het Namibië op 21 Maart 1990 amptelik onafhanklik geword. Sam Nujoma is ingesweer as die eerste President van Namibië met verteenwoordigers van 147 lande, insluitend 20 staatshoofde, wat die plegtigheid bygewoon het. [33] Walvisbaai is in 1994 aan Namibië afgestaan.

Na onafhanklikheid

Hage Geingob, die huidige president van Namibië (sedert 2015)

Veelpartydemokrasie is ingestel en is volhou, ten spyte daarvan dat SWAPO telkens die verkiesings met ’n oorweldigende meerderheid wen, en verkiesings word gereeld op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak gehou. Verskeie geregistreerde politieke partye is aktief en word in die Nasionale Vergadering verteenwoordig. [34] Die oorgang van die 15 jaarbewind van president Nujoma na sy opvolger, Hifikepunye Pohamba in 2005 het glad verloop. [35]

Die Namibiese regering het ’n beleid van nasionale versoening bevorder en amnestie gegee aan mense wat aan beide kante van die oorlog geveg het. Die burgeroorlog in Angola het ’n beperkte impak gehad op Namibiërs wat in die noorde van die land woon. In 1998 het die Namibiese Weermag troepe na die Demokratiese Republiek van die Kongo gestuur as deel van ’n Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-kontingent. In Augustus 1999 is ’n poging tot afskeiding in die noordoostelike Caprivi suksesvol onderdruk. [35]

Other Languages
Acèh: Namibia
адыгабзэ: Намибие
Alemannisch: Namibia
አማርኛ: ናሚቢያ
aragonés: Namibia
Ænglisc: Namibia
العربية: ناميبيا
مصرى: ناميبيا
asturianu: Namibia
azərbaycanca: Namibiya
تۆرکجه: نامیبیا
башҡортса: Намибия
Boarisch: Namibia
žemaitėška: Namibėjė
Bikol Central: Namibya
беларуская: Намібія
беларуская (тарашкевіца)‎: Намібія
български: Намибия
भोजपुरी: नामीबिया
Bahasa Banjar: Namibia
bamanankan: Namibia
བོད་ཡིག: ན་མི་བྷི་ཡ།
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: নামিবিয়া
brezhoneg: Namibia
bosanski: Namibija
буряад: Намиби
català: Namíbia
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Namibia
нохчийн: Намиби
Cebuano: Namibya
Tsetsêhestâhese: Namibia
کوردی: نامیبیا
qırımtatarca: Namibiya
čeština: Namibie
Чӑвашла: Намиби
Cymraeg: Namibia
dansk: Namibia
Deutsch: Namibia
Zazaki: Namibya
dolnoserbski: Namibija
डोटेली: नामिबिया
eʋegbe: Namibia
Ελληνικά: Ναμίμπια
English: Namibia
Esperanto: Namibio
español: Namibia
eesti: Namiibia
euskara: Namibia
estremeñu: Namibia
فارسی: نامیبیا
Fulfulde: Namibiya
suomi: Namibia
Võro: Namiibia
føroyskt: Namibia
français: Namibie
arpetan: Namibie
Nordfriisk: Namiibia
Frysk: Namybje
Gaeilge: An Namaib
Gagauz: Namibiya
Gàidhlig: Naimibia
galego: Namibia
Gaelg: Yn Nameeb
Hausa: Namibiya
客家語/Hak-kâ-ngî: Namibia
עברית: נמיביה
हिन्दी: नामीबिया
Fiji Hindi: Namibia
hrvatski: Namibija
hornjoserbsce: Namibija
Kreyòl ayisyen: Namibi
magyar: Namíbia
Հայերեն: Նամիբիա
interlingua: Namibia
Bahasa Indonesia: Namibia
Interlingue: Namibia
Igbo: Namibia
Ilokano: Namibia
Ido: Namibia
íslenska: Namibía
italiano: Namibia
日本語: ナミビア
Patois: Namibia
la .lojban.: namibias
Basa Jawa: Namibia
ქართული: ნამიბია
Qaraqalpaqsha: Namibiya
Taqbaylit: Namibya
Адыгэбзэ: Намибие
Kabɩyɛ: Namibi
Kongo: Namibia
Gĩkũyũ: Namibia
қазақша: Намибия
ಕನ್ನಡ: ನಮೀಬಿಯ
한국어: 나미비아
къарачай-малкъар: Намибия
Kurdî: Namîbya
kernowek: Namibi
Кыргызча: Намибия
Latina: Namibia
Ladino: Namibia
Lëtzebuergesch: Namibien
лезги: Намибия
Luganda: Namibia
Limburgs: Namibië
Ligure: Namibia
lumbaart: Namibia
lingála: Namibia
لۊری شومالی: نامیبیا
lietuvių: Namibija
latgaļu: Namibeja
latviešu: Namībija
Malagasy: Namibia
Baso Minangkabau: Namibia
македонски: Намибија
മലയാളം: നമീബിയ
монгол: Намиби
मराठी: नामिबिया
Bahasa Melayu: Namibia
Malti: Namibja
مازِرونی: نامیبیا
Dorerin Naoero: Namibiya
Nāhuatl: Namibia
Plattdüütsch: Namibia
नेपाली: नामिबिया
नेपाल भाषा: नामिबिया
Nederlands: Namibië
norsk nynorsk: Namibia
norsk: Namibia
Novial: Namibia
Sesotho sa Leboa: Namibia
occitan: Namibia
Livvinkarjala: Namibii
Oromoo: Namiibiyaa
ଓଡ଼ିଆ: ନାମିବିଆ
Ирон: Намиби
ਪੰਜਾਬੀ: ਨਮੀਬੀਆ
Kapampangan: Namibia
Papiamentu: Namibia
Deitsch: Namibien
पालि: नमीबिया
Norfuk / Pitkern: Namibia
polski: Namibia
Piemontèis: Namibia
پنجابی: نمیبیا
پښتو: نېمبیا
português: Namíbia
Runa Simi: Namiwya
rumantsch: Namibia
română: Namibia
русский: Намибия
Kinyarwanda: Namibiya
संस्कृतम्: नमीबिया
саха тыла: Намибия
sardu: Namìbia
sicilianu: Namibbia
Scots: Namibie
davvisámegiella: Namibia
Sängö: Namibùii
srpskohrvatski / српскохрватски: Namibija
Simple English: Namibia
slovenčina: Namíbia
slovenščina: Namibija
Gagana Samoa: Namipia
chiShona: Namibia
Soomaaliga: Namibiya
shqip: Namibia
српски / srpski: Намибија
SiSwati: INamibiya
Sesotho: Namibia
Seeltersk: Namibia
Basa Sunda: Namibia
svenska: Namibia
Kiswahili: Namibia
ślůnski: Namibijo
தமிழ்: நமீபியா
తెలుగు: నమీబియా
тоҷикӣ: Намибия
ትግርኛ: ናሚቢያ
Türkmençe: Namibiýa
Tagalog: Namibia
Setswana: Namibia
Türkçe: Namibya
Xitsonga: Namibia
татарча/tatarça: Намибия
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: نامىبىيە
українська: Намібія
اردو: نمیبیا
oʻzbekcha/ўзбекча: Namibiya
Tshivenda: Namibia
vèneto: Namibia
vepsän kel’: Namibii
Tiếng Việt: Namibia
Volapük: Namibiyän
Winaray: Namibia
Wolof: Namibi
吴语: 納米比亞
მარგალური: ნამიბია
ייִדיש: נאמיביע
Yorùbá: Nàmíbíà
Zeêuws: Namibië
中文: 纳米比亚
文言: 納米比亞
Bân-lâm-gú: Namibia
粵語: 納米比亞
isiZulu: INamibhiya