Kurt Waldheim

Kurt Waldheim
Kurt Waldheim

Kurt Waldheim in 1973


9de President van Oostenryk
Ampstermyn
8 Julie 1986 – 8 Julie 1992
Eerste ministerFranz Vranitzky
Voorafgegaan deurRudolf Kirchschläger
Opgevolg deurThomas Klestil

4de Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies
Ampstermyn
1 Januarie 1972 – 31 Desember 1981
Voorafgegaan deurU Thant
Opgevolg deurJavier Pérez de Cuéllar

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
19 Januarie 1968 – 21 April 1970
Eerste ministerJosef Klaus
Voorafgegaan deurLujo Tončić-Sorinj
Opgevolg deurRudolf Kirchschläger

Persoonlike besonderhede
GeboorteKurt Josef Waldheim
(1918-12-21)21 Desember 1918
Sankt Andrä-Wördern naby Wene, Oostenryk
Sterfte14 Junie 2007 (op 88)
Wene, Oostenryk
Politieke partyOostenrykse Volksparty (ÖVP)
Eggenoot/eggenoteElisabeth Waldheim
Kind(ers)Lieselotte, Gerhard, Christa
Alma materWeense konsulêre Akademie
ReligieRooms-Katolieke Kerk
HandtekeningKurt Waldheim Signature.svg

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Oostenryk Oostenryk (1936–1937)
Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland (1941–1945)
Jare in diens1936–1945
RangOberleutnant
Eenheid5de Alpynse Divise Pusteria
Kampfgruppe West
9de Leër
11de Italiaanse Leër
Leërgroep E
Oorloë/VeldslaeTweede Wêreldoorlog
ToekenningsYsterkruis 2de Klas
Medalje van die Kroon van Koning Zvonimir

Kurt Josef Waldheim (1918–2007) was 'n Oostenrykse regsgeleerde, diplomaat en politikus. Hy was van 1972 tot 1981 die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), en van 1986 tot 1992 die bondspresident van Oostenryk.

Lewensloop

Kurt Waldheim, sekretaris-generaal van die VN, neem die DDR in die VN op, 25 September 1973

Waldheim is op 21 Desember 1918 in Sankt Andrä-Wördern in Oostenryk gebore. Sy familie was van Tsjeggiese afkoms en sy pa het hul familienaam van Václavík na Waldheim verander. Ná skool voltooi hy sy militêre dienspligtig en studeer hy vervolgens regte.

In 1941 word Waldheim 'n soldaat in die Duitse Wehrmacht, waar hy aan die oosfront dien. Hy is in Desember 1941 gewond, maar keer spoedig na aktiewe diens terug. Hy was tot 1945 'n soldaat, hoewel hy in sy outobiografie beweer dat hy die leër in 1942 verlaat het om aan die Universiteit van Wene te studeer.

As sekretaris van die minister van buitelandse sake maak hy opgang in die ministerie en werk hy later as 'n diplomaat in Parys, Toronto en New York. Van 1968 tot 1970 dien hy as Oostenryk se minister van buitelandse sake. In 1971 stel hy homself as kandidaat vir die presidensiële verkiesing beskikbaar, maar verloor teenoor Franz Jonas.

Van 1964 tot 1968 en van 1970 tot 1971 was hy Oostenryk se ambassadeur by die VN. In 1971 word hy tot sekretaris-generaal van die VN verkies. Hy dien twee termyne van vyf jaar, maar sy derde termyn is deur Sjina geveto.

Voor die presidensiële verkiesing van 1986 word dit bekend dat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n intelligensie-beampte in die Wehrmacht was, wat internasionale omstredenheid veroorsaak. Hy wen tog die verkiesing en dien van 8 Julie 1986 tot 8 Julie 1992 as Oostenryk se bondspresident. 'n Kommissie is aangestel om sy betrokkenheid by die Wehrmacht te ondersoek. Daar was geen bewyse dat hy oorlogsmisdade gepleeg het nie, maar die kommissie bevind dat Waldheim meer weet as hy wou erken.

In 1990 reis Waldheim na Irak en om die vryheid van westerse gyselaars van Saddam Hoesein te eis. Dit lei tot die vrylating van Oostenrykse en Switserse burgers (beide lande was neutraal).

Waldheim is op 14 Junie 2007 in Wene aan 'n hartaanval oorlede. Hy was op 88 jaar oud.[1]

Other Languages
беларуская: Курт Вальдхайм
беларуская (тарашкевіца)‎: Курт Вальдгайм
български: Курт Валдхайм
brezhoneg: Kurt Waldheim
bosanski: Kurt Waldheim
català: Kurt Waldheim
čeština: Kurt Waldheim
Cymraeg: Kurt Waldheim
Deutsch: Kurt Waldheim
English: Kurt Waldheim
Esperanto: Kurt Waldheim
español: Kurt Waldheim
euskara: Kurt Waldheim
français: Kurt Waldheim
hrvatski: Kurt Waldheim
Bahasa Indonesia: Kurt Waldheim
íslenska: Kurt Waldheim
italiano: Kurt Waldheim
Lëtzebuergesch: Kurt Waldheim
lietuvių: Kurt Waldheim
latviešu: Kurts Valdheims
Bahasa Melayu: Kurt Waldheim
မြန်မာဘာသာ: ကွတ်ဝေါလ်ဟိုင်း
Nederlands: Kurt Waldheim
norsk nynorsk: Kurt Waldheim
occitan: Kurt Waldheim
português: Kurt Waldheim
Runa Simi: Kurt Waldheim
română: Kurt Waldheim
srpskohrvatski / српскохрватски: Kurt Waldheim
Simple English: Kurt Waldheim
slovenčina: Kurt Waldheim
slovenščina: Kurt Waldheim
српски / srpski: Курт Валдхајм
svenska: Kurt Waldheim
Türkçe: Kurt Waldheim
українська: Курт Вальдгайм
oʻzbekcha/ўзбекча: Kurt Waldheim
Tiếng Việt: Kurt Waldheim
Winaray: Kurt Waldheim
Yorùbá: Kurt Waldheim
Bân-lâm-gú: Kurt Waldheim
粵語: 華德翰