Joodse kalender

Mosaiek van die diereriem in die 6de eeuse sinagoge by Beit Alpha, Israel.

Die Joodse kalender, ook die Joodse jaartelling of Hebreeuwse kalender genoem, is 'n kalender wat deur die Jode gebruik word en waarvan die jaartelling begin op die jaar wat geglo word die skepping (of die Anno Mundi) plaasgevind het.

Volgens die Tenach word die datum van skepping geag as in die jaar 3761 v.C. plaasgevind.

Die Jode gebruik 'n maankalender. 'n Maanmaand duur 29,5 dae - waar die een maand 29, en die ander maand weer 30 dae lank is. Aangesien daar 12 joodse maande is, het die Joodse jaar 354 dae, 11 dae minder as die sonkalender.

Hierdie probleem word opgelos deur 'n terugkerende periode van 19 jaar, waar 'n skrikkelmaand sewe keer bygevoeg word, in die 3de, 6de, 8ste, 11de, 14de, 17de en 19de jaar. Hierdie skrikkelmaande het as 'n reël 30 dae waardeur die kalender na 19 jaar weer in pas met die sonkalender sal wees. Die naam van die skrikkelmaand is tweede adar of kortweg adar 2.

Die nuwe jaar begin op Rosj Hasjana, 'n belangrike tweedaagse periode van gebed en inkeer, wat in September of Oktober volgens die Gregoriaanse kalender plaasvind.

  • eksterne skakels
Other Languages
Alemannisch: Jüdischer Kalender
العربية: تقويم عبري
azərbaycanca: Yəhudi təqvimi
беларуская: Яўрэйскі каляндар
беларуская (тарашкевіца)‎: Габрэйскі каляндар
Esperanto: Hebrea kalendaro
Nordfriisk: Hebreewsk kalender
interlingua: Calendario hebree
Bahasa Indonesia: Kalender Yahudi
日本語: ユダヤ暦
한국어: 히브리력
македонски: Еврејски календар
Bahasa Melayu: Takwim Ibrani
Nederlands: Joodse kalender
norsk nynorsk: Det jødiske året
srpskohrvatski / српскохрватски: Hebrejski kalendar
Simple English: Hebrew calendar
Basa Sunda: Kalénder Yahudi
Türkçe: İbrani takvimi
Tiếng Việt: Lịch Do Thái
ייִדיש: יידישער לוח
中文: 希伯來曆
粵語: 猶太曆