Jan Christian Smuts

Jan Christian Smuts
Jan Christian Smuts

Ampstermyn
5 September 1939 –  4 Junie 1948
Monarg George VI
Goewerneur-generaal Patrick Duncan
Nicolaas de Wet (wnd.)
Gideon Brand van Zyl
Voorafgegaan deur Barry Hertzog
Opgevolg deur Daniël François Malan
Ampstermyn
3 September 1919 –  29 Junie 1924
Monarg George V
Goewerneur-generaal Sydney Charles Buxton
Arthur van Connaught
Alexander Cambridge
Voorafgegaan deur Louis Botha
Opgevolg deur Barry Hertzog

Minister van Verdediging
Ampstermyn
6 September 1939 – 3 Junie 1948
Voorafgegaan deur Oswald Pirow
Opgevolg deur Frans Erasmus
Ampstermyn
31 Mei 1910 – 12 November 1919
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Hendrik Mentz

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
6 September 1939 – 3 Junie 1948
Voorafgegaan deur Barry Hertzog
Opgevolg deur Daniël François Malan

Minister van Justisie
Ampstermyn
31 Maart 1933 – 5 September 1939
Voorafgegaan deur Oswald Pirow
Opgevolg deur Colin Steyn

Minister van Finansies
Ampstermyn
13 Junie 1912 – 23 Februarie 1915
Voorafgegaan deur Henry Charles Hull
Opgevolg deur D.P. de Villiers Graaff

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
31 Mei 1910 – 24 Junie 1912
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Abraham Fischer

Minister van Mynwese
Ampstermyn
7 Oktober 1938 – 7 November 1938
Voorafgegaan deur Jannie Hofmeyr
Opgevolg deur Deneys Reitz
Ampstermyn
31 Mei 1910 – 31 Januarie 1912
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur F.S. Malan

Minister van Naturellesake
Ampstermyn
3 September 1919 – 29 Junie 1924
Voorafgegaan deur Louis Botha
Opgevolg deur Barry Hertzog

Persoonlike besonderhede
Geboorte 24 Mei 1870
Bovenplaats, Kaapkolonie
Sterfte 11 September 1950 (op 80)
Doornkloof, Irene, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Politieke party Suid-Afrikaanse Party
Verenigde Party
Eggenoot/eggenote Sybella Margaretha (Issie) Krige (1870–1954)
Kind(ers) Nege, van wie ses grootgeword het
Alma mater Stellenbosch, Cambridge
Religie Nederduits Gereformeerd
Handtekening J Smuts sign.png

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek  Zuid-Afrikaansche Republiek
Vlag van Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika Unie van Suid-Afrika
Rang Veldmaarskalk
Oorloë/Veldslae Tweede Vryheidsoorlog

Eerste Wêreldoorlog

Tweede Wêreldoorlog

Veldmaarskalk Jan Christian Smuts [1] ( Riebeek-Wes, 24 Mei 1870 – Doornkloof naby Irene, distrik Pretoria, 11 September 1950) was 'n vooraanstaande Suid-Afrikaanse en Statebond-staatsman, militêre leier en filosoof. Behalwe dat hy verskeie kabinetsposte beklee het, het hy ook gedien as die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948.

Herkoms en opvoeding

Jacobus en Catharina Smuts, 1893.
'n Chemieklas aan die Victoria-kollege, 1890. Agter: H. Brincker, Jan Smuts, J.N. de Vos, H, Stroebel, F.S. Malan. Voor: P.C. Luttig en Marthinus Daneel.
Jan Smuts afgeneem op Stellenbosch toe hy sy B.A.-graad verwerf het aan die ou Victoria-kollege, voorganger van die Universiteit Stellenbosch. Die graad was in sowel letterkunde as wetenskap. Hy wen 'n beurs van £100 per jaar om aan die Universiteit van Cambridge te gaan studeer waar hy 'n graad in die regte behaal.
Christ's College, Cambridge, waar Smuts in die regte studeer het.

Smuts was die tweede kind van Jacobus Abraham Smuts ( 16 April 184525 Augustus 1914), later lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering vir die kiesadeling Malmesbury, en Catharina Petronella (Philippina) Gerhardina de Vries (Mei 1845 – 13 Februarie 1902), 'n suster van ds. Boudewyn Homburg de Vries, destyds predikant van die NG kerk op Riebeek-Wes. Die stamvader van die Smuts-familie, Michiel Cornelis Smuts, het omstreeks 1692 na Suid-Afrika gekom uit Middelburg in Zeeland en vanaf 1786 het sy nasate in die Swartland geboer. Smuts se doopname kom van voorvader aan moederskant, Johann Christian Davel, 'n Duitser uit Bautzen, wat in 1734 na die Kaap gekom het, deur sy oupa Jan Christiaan de Vries, wat doopgetuie was en na wie Smuts vernoem is.

In 1876 het J.A. Smuts die plaas Klipfontein naby Riebeek-Wes bekom. Jan Christian is op die boonste gedeelte (Bovenplaats) van die plaas Ongegund gebore, maar in 1876 trek sy vader na Klipfontein, dertien myl noordwes van Riebeek-Wes. Op Klipfontein het Jan Christiaan 'n gelukkige kindertyd saam met drie broers en twee susters deurgebring. By sy ma het hy geleer lees en skryf in Engels, maar met die dood van sy oudste broer in 1882 is hy as 12-jarige as loseerder na die dorpskool van T.C. Stoffberg, wat later 'n senator in opposisie tot Smuts se Suid-Afrikaanse Party geword het, gestuur. Tot op daardie tydstip is nog net sy ouer broer, Michiel, wat bestem was om predikant te word, skool toe gestuur. In 1887 matrikuleer hy met onderskeiding aan die Victoria-kollege op Stellenbosch. In 1891 behaal hy in albei rigtings 'n eerste in die gekombineerde letterkunde- en wetenskapgraadeksamen van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop en wen hy die Ebden-beurs. Sy jare op Stellenbosch het 'n belangrike rol in sy lewe gespeel. Daar het hy die politieke filosofie van Onze Jan Hofmeyr, leier van die Afrikanerbond aangegryp. Daar het hy ook sy toekomstige vrou, Sybella Margaretha (Issie) Krige, dogter van Jacob Daniël Krige, vooraanstaande plaaslike boer, ontmoet. Ook op Stellenbosch het hy as assistent van prof. Rudolf Marloth sy lewenslange belangstelling in die botanie aangekweek. Ander intellektuele belangstellings destyds was Engelse en Duitse digkuns en Grieks. Hy was ook aktief in die kollege se debatsvereniging en sy vrywilligersvereniging en as Sondagskoolonderwyser, waar dr. D.F. Malan, in 1948 sy opvolger as eerste minister, een van sy leerlinge was.

In Oktober 1891 gaan Smuts na Engeland om in die regte te studeer aan Christ's College, Cambridge. Soos tevore, het sy hoë intelligensie en metodiese gewoontes hom hier die eerste plek in alle interkollegiale eksamens in die regte besorg en hom in 1894 die ongekende onderskeiding gegee om eerste te staan in albei dele van die tripos in die regte – 'n prestasie wat tot op daardie tydstip aan die universiteit ongeëwenaard was. Hy het die sosiale lewe en sportbedrywighede van sy kollege vermy, waarvoor hy nóg die geld nóg die aanvoeling gehad het, maar 'n vrugbare vriendskap aangeknoop met H.J. Wolstenholme, wat sy toenemende belangstelling in die filosofie aangewakker het. Die inkomste uit sy studiebeurs moet deels aangevul word deur 'n lening van prof. J.I. Marais van die Kweekskool, wat hom ook op Stellenbosch gehelp het. Tydens 'n besoek aan Duitsland na die eksamens bestudeer hy die filosofie en die Duitse letterkunde. In Oktober 1894 is hy toegelaat tot die Middle Temple en daar was hy drie maande later die enigste kandidaat wat die uitdagende honneurseksamen van die Inns of Court kon slaag. Hy is die enigste suksesvolle kandidaat en wen twee geldpryse. Hy kon egter nie daarin slaag om 'n uitgewer vir sy filosofiese werk te kry wat aan Cambridge begin het nie en wat getiteld was Walt Whitman: a study in the evolution of personality.

Other Languages
العربية: جان سموتس
български: Ян Смьотс
català: Jan Smuts
čeština: Jan Smuts
dansk: Jan Smuts
Ελληνικά: Γιαν Σματς
English: Jan Smuts
Esperanto: Jan Smuts
español: Jan Smuts
suomi: Jan Smuts
français: Jan Smuts
Frysk: Jan Smuts
עברית: יאן סמאטס
Bahasa Indonesia: Jan Smuts
italiano: Jan Smuts
한국어: 얀 스뮈츠
latviešu: Jans Smetss
မြန်မာဘာသာ: ယန် စမတ်
norsk: Jan Smuts
occitan: Jan Smuts
polski: Jan Smuts
português: Jan Smuts
română: Jan Smuts
Simple English: Jan Smuts
slovenščina: Jan Christiaan Smuts
svenska: Jan Smuts
українська: Ян Смутс