Ivoorkus

République de Côte d'Ivoire
Republiek van Ivoorkus
Vlag van Ivoorkus Wapen van Ivoorkus
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Union – Discipline – Travail
( Frans vir: "Eenheid – Dissipline – Arbeid")
Volkslied: L'Abidjanaise
(Frans vir: "Lied van Abidjan")
Ligging van Ivoorkus
Hoofstad Yamoussoukro

6°51′N 5°18′W / 6°51′N 5°18′W / 6.850; -5.300

Grootste stad Abidjan
Amptelike tale Frans
Regering

President
• Adjunkpresident
Eerste minister
Unitêre
presidensiële republiek
Alassane Ouattara
Daniel Kablan Duncan
Amadou Gon Coulibaly
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van Frankryk


7 Augustus 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
322 463 km2  ( 69ste)
124 504 myl2
1,4 [1]
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
23 919 000 [2] ( 53ste)
22 671 331
63,9 / km2 ( 139ste)
165,5 / myl2
BBP ( KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$85,310 miljard [3]
$3 506 [3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$34,284 miljard [3]
$1 409 [3]

MOI ( 2014) 0,462 [4] ( 172ste)  –  laag
Gini ( 2008) 41,5 [5] –  medium
Geldeenheid CFA-frank ( XOF)
Tydsone
 - Somertyd
GMT ( UTC ±0)
nie toegepas nie ( UTC ±0)
Internet-TLD .ci
Skakelkode +225

Ivoorkus of Côte d'Ivoire ( Frans: [kot divwaʁ] ), amptelik die Republiek van Ivoorkus of Republiek van Côte d'Ivoire (République de Côte d'Ivoire), is 'n land in Wes-Afrika. Dit grens aan Liberië, Guinee, Mali, Burkina Faso, en Ghana in die weste, noorde en ooste, en grens aan die Golf van Guinee in die suide. Ivoorkus is een van die mees welvarende lande van die tropiese Wes-Afrikaanse lande. Die land se ekonomiese ontwikkeling is deur politiese onrus veroorsaak deur amptelike korrupsie en weiering om noodsaaklike hervormings te implementeer, ondergrawe.

Geskiedenis

Pre-Europese koninkryke
Louis-Gustave Binger van Frans-Wes-Afrika het in 1892 'n verdrag onderteken met Famienkro-leiers, in hedendaagse N'zi-Comoé-streek, Ivoorkus
Aankoms van die nuwe Frans-Wes-Afrikaanse goewerneur Louis-Gustave Binger in Kong, 1892
Samori Touré - stigter en leier van die Wassoulou-ryk, 'n djihadistiese land in Wes-Afrika wat die Franse regering weerstaan het

Nie veel is bekend oor Côte d'Ivoire voor die aankoms van die Europese skepe in die 1460's nie. Die hoof etniese groepe arriveer redelik laat uit naburige gebiede: die Kru bevolking migreer uit Liberië in omtrent 1600; die Senoufo en Lobi beweeg suidwaarts vanuit Burkina Faso en Mali. Eers in die 18de en 19de eeue migreer die Akan bevolkingsgroepe, insluitend die Baoulé, van Ghana na die oostelike gebied van die land en die Malinké vanuit Guinee na die noordweste.

In vergelyking met die naburige Ghana, het Côte d'Ivoire minder gelei onder die slawehandel. Europese slaaf- en handelskepe het ander gebiede langs die kus met beter hawens verkies. Frankryk raak in die 1840's in die gebied geïnteresseerd en haal lokale hoofmanne oor om Franse kommersiële handelaars 'n monopolie langs die kus toe te staan. Daarna bou die Franse vlootbasisse om nie-Franse handelaars uit te hou en begin 'n stelselmatige verowering van die binneland. Hulle verrig dit slegs na 'n lang oorlog in die 1890's teen Mandinka magte, meestal vanuit Gambië. Guerillaoorlogvoering deur die Baoulé en ander oostelike groep duur voort tot 1917.

Die Franse het een oorheersende doelwit gehad: om die produksie van uitvoere te stimuleer. Koffie, kakao en palmolie gewasse is spoedig aan die kus aangeplant. Côte d'Ivoire het opgeval as die enigste Wes-Afrika land met 'n beduidende bevolking 'setlaars'; elders in Wes- en Midde-Afrika was die Franse en Engelse meestal burokrate. Gevolglik het 'n derde van die kakao, koffie en piesang plantasies aan Fanse burgers behoort en 'n gehate dwangarbeid die ruggraat van die ekonomie geword.

Die seun van 'n Baoulé hoofman, Félix Houphouët-Boigny sou Côte d'Ivoire se vader van onafhanklikheid word. In 1944 vorm hy die land se eerste lanbouhandelsvereniging vir African kakao boere soos hy. Gegrief met die koloniale beleid wat Franse plantasie eienaars bevoordeel, verenig hulle om trekarbeiders te werf vir hulle eie plase. Houphouët-Boigny kom spoedig op die voorgrond en binne 'n jaar word hy verkies tot die Franse parlement in Parys. 'n Jaar later skaf die Franse dwangarbeid af. Soos Houphouët-Boigny liewer vir geld en mag word en meer bemin raak met die Franse, laat vaar hy geleidelik die meer radikale standpunte uit sy jeug. Frankryk vergoed hom deur hom die eerste persoon uit Afrika te maak wat 'n minister in 'n Europese regering word.

Ten tye van Côte d'Ivoire se onafhanklikheid in 1960 was die land gemaklik Frans Wes-Afrika se mees welgestelde land en dra meer as 40% van die gebied se totale uitvoere by. Toe Houphouët-Boigny die land se eerste president word gee sy regering die boere goeie pryse om produksie verder te stimuleer. Koffie produksie styg dan ook heelwat, wat Côte d'Ivoire na die derde plek in totale uitset, na Brasilië en Colombia, laat skiet. Met kokoa gebeur dieselfde; teen 1979 is die land die wêreld se nommer een produsent. Dit word ook Afrika se voorste uitvoerder van pynappels en palmolie. Agter die skerms was dit Franse tegnici wat die brein agter die program, waarna gereeld as die 'Ivoorse wonderwerk' bestempel is. In die res van Afrika is Europeërs na onafhanklikheid uitgedryf; in Côte d'Ivoire, het hulle ingestroom. Die Franse gemeenskap groei van 10 000 tot 50 000, meestal onderwysers en raadgewers. Vir 20 jaar handhaaf die ekonomie 'n jaarlikse groeitempo van byna 10% - die hoogste van Afrika se nie-olie uitvoer lande.

Polities het Houphouët-Boigny met 'n ysterhand regeer. Die pers was nie vry nie en slegs een party is verdra. Houphouët-Boigny was ook Afrika se nommer een skepper van 'skou' projekte. So veel miljoene dollars is gespandeer op die transformasie van sy tuisdorp, Yamoussoukro, na die nuwe hoofstad dat dit die onderwerpe van grappe geword het. Niemand lag egter teen die begin van die 1980's toe wêreld resessie en 'n lokale droogte skokgolwe deur die Ivoorse ekonomie stuur. Danksy die oor afkap van hout en suikerpryse wat ineenstort vermeerder die land se buitelandse skuld drievoudig. Stygende misdaad in Abidjan haal die nuus in Europa. Die wonderwerk was verby.

In 1990 staak honderde staatsamptenare waarby studente wat teen institusionele korrupsie betoog aansluit. Die onrus dwing die regering om veelparty demokrasie te ondersteun. Houphouët-Boigny word al hoe swakker en sterf in 1993. Sy keuropvolger is Henri Konan Bédié.

In Oktober 1995 wen Bédié oorweldigend in 'n herverkiesing teen 'n gefragmenteerde en swak georganiseerde opposisie. Hy verstewig sy houvas op die politieke lewe en stuur verskeie opposisie leier tronk toe. In kontras hiermee verbeter ekonomiese vooruitsigte, ten minste oppervlakkig beskou, met dalende inflasie en 'n poging om van buitelandse skuld ontslae te raak.

Ander as Houphouët-Boigny, wat baie versigtig was om enige etnies konflik te vermy en toegang tot Ivoorse nasionaliteit wys oop gelos het vir immigrante van naburige lande, beklemtoon Bedié die konsep van Ivoirité om sy mededinger Alassane Ouattara, wat slegs een ouer het van Ivoorkus nasionalitiet, uit te sluit uit toekomstige presidensiële verkiesings. Omdat mense met hulle oorsprong in Burkina Faso 'n groot deel van die Ivoorse bevolking uitmaak lei die beleid tot uitsluiting van baie mense met Ivoorse nasionaliteit en raak verhoudings tussen verskeie etniese groepe gespanne.

In parallel hiermee sluit Bédié baie politieke opponente uit die weermag. In laat 1999, voer 'n groep ontevrede offisiere 'n militêre staatsgreep uit en plaas Generaal Robert Guéi aan bewind, Bédié vlug in ballingskap na Frankryk. Die staatsgreep het die gevolg dat misdaad en korrupsie daal, en die generaals oefen druk uit vir spaarsamigheid en voer 'n openlike veldtog in die strate van die land vir 'n minder verkwistende samelewing.

'n Verkiesing word in Oktober 2000 gehou waarin Laurent Gbagbo met Robert Guéi meeding vir die presidentskap, maar dit was nog vreedsaam, nog demokraties. Die aanloop tot die verkiesing is gekenmerk deur militêre en burgerlike onrus. Guéi se pogings om die verkiesing te dokter lei tot publieke opstand wat 180 sterftes en sy vinnige vervanging met die gunsteling om te wen, Gbagbo, tot gevolg het. Alassane Ouattara, is deur die land se hoogsgereghof gediskwalifiseer gegrond op sy ongeskiktheid spruitend uit sy Burkinabé nasionaliteit. Die diskwalifikasie veroorsaak gewelddadige betogings waarin sy ondersteuners, hoofsaaklik van die land se Moslem Noorde, met die onluste polisie in die hoofstad, Yamoussoukro, veg.

Op 19 September 2002 muit troepe en wen beheer van die noorde van die land. In Abidjan, is die gendarmerie in beslag geneem deur die rebelle en voormalige president Guéi met 15 ander in sy huis vermoor. Alassane Ouattara naam skuiling in die Franse ambasade. Dit is nie heeltemal duidelik presies wat die nag van die 19de September gebeur het nie; sommige verslae berig die gebeure as 'n militêre staatsgreeppoging, maar ander bronne berig dat die opponente deur pro-Gbagbo moordbendes aangeval is en dat die rebellie 'n onbeplande reaksie daarop was.

'n Vroeë skietstilstand met die rebelle wat die volle ondersteuning van die noordelike bevolking het (meestal met Burkinabé oorsprong), blyk kortstondig te wees en gevegte oor die hoof kakao gebied word hervat. Frankryk stuur troepe om die skietstilstandgrense te handhaaf. Burgermagte, met inbegrip van warlords en vegters van Liberië en Sierra Leone, buit die krisis uit om dele van die weste oor te neem.

In Januarie 2003 teken President Gbagbo en rebelle leiers verdrae om 'n 'regering van nasionale eenheid te skep'. Aandklokreëls word opgehef en Franse troepe ruim die wettelose westelike grens van die land op. Maar die sentrale vraagstukke bly onopgelos en nie een van die kante bereik hulle doelwitte nie.

Sedertdien het die eenheidsregering uiters onstabiel blyk te wees. In Maart 2004 is 120 mense in 'n opposisie optog dood. 'n Verslag wat later gepubliseer word kom tot die gevolgtrekking dat die sterftes beplan is. Alhoewel Verenigde Nasies vredesbewaarders ontplooi is het verhoudings tussen Gbagbo en die opposisie aanhou versleg.

Other Languages
адыгабзэ: Кот-д-Ивуар
Alemannisch: Elfenbeinküste
አማርኛ: ኮት ዲቯር
aragonés: Costa de Vori
Ænglisc: Elpendbānrima
العربية: ساحل العاج
asturianu: Costa de Marfil
azərbaycanca: Kot-d'İvuar
башҡортса: Кот-д’Ивуар
žemaitėška: Dramblė Kaula Kronts
беларуская: Кот-д’Івуар
беларуская (тарашкевіца)‎: Кот д’Івуар
български: Кот д'Ивоар
भोजपुरी: आइवरी कोस्ट
Bahasa Banjar: Pantai Gading
bamanankan: Kɔnɔwari
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: কটে ডি'আইভরি
brezhoneg: Aod an Olifant
буряад: Кот д'Ивуар
català: Costa d'Ivori
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Côte d'Ivoire
нохчийн: Кот-д’Ивуар
کوردی: کۆتدیڤوار
qırımtatarca: Filtiş Yalısı
Чӑвашла: Кот-д'Ивуар
ދިވެހިބަސް: އައިވަރީ ކޯސްޓު
eʋegbe: Nyiɖu Ƒuta
English: Ivory Coast
Esperanto: Ebur-Bordo
español: Costa de Marfil
euskara: Boli Kosta
estremeñu: Costa de Marfil
فارسی: ساحل عاج
Fulfulde: Kodduwaar
français: Côte d'Ivoire
Nordfriisk: Elfenbianküst
Frysk: Ivoarkust
Gàidhlig: Costa Ìbhri
客家語/Hak-kâ-ngî: Côte d'Ivoire
עברית: חוף השנהב
Fiji Hindi: Côte d'Ivoire
hornjoserbsce: Słonowinowy pobrjóh
Kreyòl ayisyen: Kòt divwa
Հայերեն: Կոտ դ'Իվուար
interlingua: Costa de Ebore
Bahasa Indonesia: Pantai Gading
Interlingue: Costa de Ivor
italiano: Costa d'Avorio
Patois: Aivri Kuos
Basa Jawa: Pasisir Gadhing
ქართული: კოტ-დ’ივუარი
Qaraqalpaqsha: Kot-dİvuar
Taqbaylit: Tafsirt n Uẓer
Gĩkũyũ: Côte d'Ivoire
қазақша: Кот-д’Ивуар
kernowek: Côte d'Ivoire
Кыргызча: Кот-д'Ивуар
Lëtzebuergesch: Elfebeeküst
Luganda: Ivory Coast
Limburgs: Ivoorkös
lumbaart: Costa d'Avori
lingála: Kotdivuar
لۊری شومالی: بال دأریا عاج
latviešu: Kotdivuāra
Malagasy: Côte d'Ivoire
монгол: Кот д'Ивуар
кырык мары: Кот-д’Ивуар
Bahasa Melayu: Ivory Coast
مازِرونی: عاج ساحل
Dorerin Naoero: Aibori Kot
Plattdüütsch: Elfenbeenküst
Nedersaksies: Ivoorkuste
नेपाल भाषा: आइभोरी कोस्ट
Nederlands: Ivoorkust
norsk nynorsk: Elfenbeinskysten
Nouormand: Côte d'Iviéthe
Sesotho sa Leboa: Côte d'Ivoire
Livvinkarjala: Kot-d’Ivuar
ਪੰਜਾਬੀ: ਦੰਦ ਖੰਡ ਤਟ
Kapampangan: Côte d'Ivoire
Papiamentu: Côte d'Ivoire
Deitsch: Ivory Coast
Piemontèis: Còsta d'Avòri
پنجابی: آئیوری کوسٹ
پښتو: عاج ساحل
português: Costa do Marfim
Runa Simi: Marphil Chala
rumantsch: Costa d'Ivur
armãneashti: Côte d'Ivoire
русский: Кот-д’Ивуар
русиньскый: Кот-д'Івуар
Kinyarwanda: Kote Divuwari
саха тыла: Кот д'Ивуар
sicilianu: Côte d'Ivoire
davvisámegiella: Elefántačalánriddu
Sängö: Kôdivüära
srpskohrvatski / српскохрватски: Obala Slonovače
Simple English: Côte d'Ivoire
slovenčina: Pobrežie Slonoviny
slovenščina: Slonokoščena obala
Gagana Samoa: Côte d'Ivoire
chiShona: Côte d'Ivoire
Soomaaliga: Xeebta Foolmaroodi
српски / srpski: Обала Слоноваче
Seeltersk: Älfenbeenkuste
Basa Sunda: Basisir Gading
Kiswahili: Cote d'Ivoire
тоҷикӣ: Кот-д'Ивуар
Türkmençe: Kot-d’Iwuar
Türkçe: Fildişi Sahili
Xitsonga: Côte d'Ivoire
татарча/tatarça: Кот-д'Ивуар
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: پىل چىشى قىرغىغى
українська: Кот-д'Івуар
oʻzbekcha/ўзбекча: Kot-dʼIvuar
vepsän kel’: Kot d'Ivuar
Tiếng Việt: Bờ Biển Ngà
West-Vlams: Ivôorkust
Volapük: Viorajolän
Wolof: Kodiwaar
吴语: 科特迪瓦
მარგალური: კოტ-დ’ივუარი
Yorùbá: Côte d'Ivoire
中文: 科特迪瓦
文言: 科特迪瓦
Bân-lâm-gú: Côte d'Ivoire
粵語: 象牙海岸
isiZulu: Ugu Emhlophe