Io (maan)

Io   
Io
Io, soos waargeneem deur die Galileo-wenteltuig op 26 Junie 1996.
Ontdekking
Ontdek deur Galileo Galilei
Datum 7 Januarie 1610[1]
Alternatiewe nameJupiter I
Wentelbaaneienskappe
Periapside 420 000 km
0,002 807 AE
Apoapside 423 400 km
0,002 830 AE
Wentelbaanradius 421 700 km
0,002 819 AE
Eksentrisiteit 0,0041
Wentelperiode 1,769 137 786 dae
(152 853,504 7 s,
42,459 306 86 h)
Gem. omwentelingspoed 17,334 km/s
Inklinasie 2,21° (tot Ekliptika)
0,05° (tot Jupiter se ewenaar)
Satelliet van Jupiter
Fisiese eienskappe
Afmetings 3 660,0 × 3 637,4 × 3 630,6 km[2]
Gem. radius 1 821,3 km
(0,286 Aardes)[2]
Oppervlakte 41 910 000 km2
(0,082 Aardes)
Volume 2,53×1010 km3
(0,023 Aardes)
Massa 8,9319×1022 kga
(0,015 Aardes)
Gem. digtheid 3,528 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
1,796 m/s2 (0,183 g)
Ontsnapping-
snelheid
2,558 km/s
Rotasieperiode sinchronies
Rotasiespoed
by ewenaar
271 km/h
0,63 ± 0,02[3]
Oppervlak-temp.
   Oppervlak
mingem.maks
90 K110 K130 K[4]
Skynmagnitude 5,02 (opposisie)[5]
Atmosfeer
Oppervlakdruk Spoor
Samestelling 90% Swaweldioksied


Io (Grieks: Ἰώ; ook Jupiter I) is die derde grootste maan van die planeet JupiterCallisto, en ook die vierde grootste maan in die sonnestelsel na Callisto. Io is bekend vir sy uiters aktiewe vulkanisme en die groot voorkoms van swawel (albei is die grootste in die sonnestelsel), wat die maan se ongewone kleur veroorsaak. Die vier Mane van Galilei is met 'n teleskoop sigbaar. In vergelyking met die ander Galileiaanse mane het Io 'n baie ligte oppervlak met 'n albedo van 0,61, wat beteken, dat 61% van die sonlig wat dié maan bereik, absorbeer word.

Die orbitale resonansies van Ganymedes, Europa en Io

Galileo Galilei het die maan se bestaan op 7 Januarie 1610 geregistreer, saam met die drie ander Galileiaanse mane Callisto, Europa en Ganymedes. Die maan is genoem ná Io, een van Hera se priesteres, 'n nimf, 'n dogter van die riviergod Inachos en 'n geliefde van Zeus in die Griekse mitologie.

Vulkanisme

Die maan besit baie vulkanisme met meer as 400 aktiewe vulkane en dit is dié vulkanisme wat die hoogste temperatuur van die sonnestelsel besit. Io bestaan hoofsaaklik uit silikaatklippe wat 'n kern van gesmelte yster of ystersulfied omring. Die ekstreme vulkaniese aktiwiteit is die gevolg van die enorme getykragte wat Jupiter op die maan uitoefen en wat tot wrywing en daardeur verhitting in die inwendige dele van die maan lei. Verskeie vulkane op Io lewer groot pluime van swawel en swaweldioksied wat tot 500 km hoogte kan reik. Die temperatuur van die vulkane kan hoër as 1500 K wees. Die lawa is ook baie warm en bestaan dalk uit ultramafiese silikate. Op die Aarde het in die Hadeïkum en die Argeïkum vergelykbare omstandigede geheers en dit het tot die vorming van komatiïet gelei. Vandag is die Aarde se mantel daarvoor 200 °C te ver afgekoel. Op Io bestaan lawamere soos by Pele en 'n lawasee van 20 000 km² wat Loki Patera genoem word. Die litosfeer is meer as 30 km dik en daar is geen plaattektoniek. Io se vulkanisme kan dus vergelyk word met vulkanisme wat in die middel van die plate op die Aarde plaasvind.[6]

Other Languages
Alemannisch: Io (Mond)
العربية: آيو (قمر)
asturianu: Ío (lluna)
azərbaycanca: İo
تۆرکجه: آیو (قمر)
беларуская: Іо (спадарожнік)
беларуская (тарашкевіца)‎: Іо (спадарожнік Юпітэра)
български: Йо (спътник)
brezhoneg: Io (loarenn)
bosanski: Ija (satelit)
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Io (ôi-sĭng)
corsu: Io
čeština: Io (měsíc)
Чӑвашла: Ио (спутник)
Cymraeg: Io (lloeren)
dansk: Io (måne)
Deutsch: Io (Mond)
Ελληνικά: Ιώ (δορυφόρος)
English: Io (moon)
Esperanto: Ioo (luno)
español: Ío (satélite)
eesti: Io (kuu)
euskara: Io
فارسی: آیو (قمر)
suomi: Io (kuu)
français: Io (lune)
Gaeilge: Io (gealach)
galego: Ío (lúa)
עברית: איו (ירח)
हिन्दी: आयो (उपग्रह)
hrvatski: Ija (mjesec)
magyar: Ió (hold)
հայերեն: Իո (արբանյակ)
Bahasa Indonesia: Io
íslenska: Íó (tungl)
italiano: Io (astronomia)
日本語: イオ (衛星)
ქართული: იო
қазақша: Ио (серік)
한국어: 이오 (위성)
Кыргызча: Ио
Lëtzebuergesch: Io (Mound)
лезги: Ио
lietuvių: Ijo (palydovas)
latviešu: Jo (pavadonis)
македонски: Ија (месечина)
മലയാളം: അയോ
монгол: Ио (дагуул)
Bahasa Melayu: Io (bulan)
Mirandés: Io
Plattdüütsch: Io (Maand)
Nederlands: Io (maan)
norsk nynorsk: Jupitermånen Io
norsk: Io (måne)
occitan: Io (luna)
پنجابی: آئیو
português: Io (satélite)
română: Io (satelit)
русский: Ио (спутник)
sicilianu: Io (satèlliti)
Scots: Io (muin)
سنڌي: آيو
srpskohrvatski / српскохрватски: Io (mjesec)
සිංහල: අයෝ
Simple English: Io (moon)
slovenčina: Io (mesiac)
slovenščina: Io (luna)
српски / srpski: Ија (сателит)
svenska: Io (måne)
тоҷикӣ: Ио (радиф)
Tagalog: Io (buwan)
Türkçe: İo (uydu)
татарча/tatarça: Ио (иярчен)
українська: Іо (супутник)
Tiếng Việt: Io (vệ tinh)
Winaray: Io (bulan)
吴语: 木卫一
中文: 木卫一
文言: 木衛一
Bân-lâm-gú: Io (oē-chheⁿ)
粵語: 木衛一