Greep

SI-voorvoegselsBinêre voorvoegsels
Simbool
(naam)
Standaard-
gebruik
Historiese
gebruik
Simbool
(naam)
Waarde
kG (kilogreep)10001=10310241KiG (kibigreep)210
MG (megagreep)10002=10610242MiG (mebigreep)220
GG (gigagreep)10003=10910243GiG (gibigreep)230
TG (teragreep)10004=101210244TiG (tebigreep)240
PG (petagreep)10005=101510245PiG (pebigreep)250
EG (eksagreep)10006=101810246EiG (eksbigreep)260
ZG (zettagreep)10007=102110247ZiG (zebigreep)270
YG (jottagreep)10008=102410248YiG (jobigreep)280

’n Greep (Engels: 'byte') is die kleinste adresseerbare gedeelte van ’n rekenaargeheue. Met adresseerbaar word bedoel dat dit nie moontlik is om minder as een greep tegelyk na die geheue te skryf of daarvan te lees nie.

By moderne rekenaars bestaan ’n greep uit 8 bisse.Een greep is ’n groep van agt bisse wat saam gebruik word.

Soms word die waarde van ’n greep weergegee as twee heksadesimale syfers; daarby word die greep opgedeel in twee groepe van vier bisse elk. Die groepe word nibbles genoem.

NaamHoeveelheid NaamHoeveelheid
kilo (k)1000kibi (Ki)1024
mega (M)1 000 000mebi (Mi)1 048 576
giga (G)1 000 000 000gibi (Gi)1 073 741 824
tera (T)1 000 000 000 000tebi (Ti)1 099 511 627 776

Geskiedenis

Vroeë rekenaars het ’n verskeidenheid van 4-bis binêrgekodeerde desimale (BKD) verteenwoordigings gebruik en die 6-bis kodes vir drukbare grafiese patrone wat algemeen gebruik is in die Amerikaanse weermag. Hierdie verteenwoordigings het alfanumeriese karakters en spesiale grafiese simbole ingesluit. Die stelle is in 1963 uitgebrei na 7 koderingsbisse, genaamd die Amerikaanse Standaardkode vir die Verwisseling van Inligting (ASCII), om die Federale Inligtingsprosesseringstandaard wat die onversoenbare teledrukkerkodes wat in verskeie Amerikaanse regeringstakke gebruik is, te vervang. ASCII het die onderskeiding van hoof- en kleinletters ingesluit asook ’n stel beheerkarakters om die oordrag van geskrewe taal en druktoestelfunksies, soos bladsy- en lynvoere en die fisiese of logiese beheer van datavloei oor die oordragmedia, te fasiliteer. Aangesien daar met slegs een bis meer twee 4-bispatrone gebruik kon word om twee syfers te kodeer met binêrgekodeerde desimale, is die 8-bis EBCDIC-karakterkodering gedurende die vroeë 1960’s aangeneem en uitgevaardig en as standaard deur die IBM in die System/360 gebruik.

In die vroeë 1960’s het AT&T digitale telefonie oor langafstand hooflyne bekendgestel. Dit het die 8-bis µ-wetkodering gebruik. Hierdie groot belegging het beloof om die oordragkoste van 8-bisdata te verminder. Die gebruik van 8-biskodes vir digitale telefonie het ook veroorsaak dat 8-bisdata-oktette aanvaar word as die basiese data-eenheid van die vroeë internet.

Die ontwikkeling van die 8-bis mikroverwerker in die 1970's het hierdie bergingsgrootte gewild gemaak. Mikroverwerkers soos die Intel 8008, die direkte voorganger van die 8080 en die 8086 wat in vroeë persoonlike rekenaars gebruik is, kon ook ’n klein hoeveelheid operasies op 4-bisse uitvoer, soos die DAA- (desimale verstelling) instruksie. Hierdie 4-bishoeveelhede word soms ’n nibbel genoem en korrespondeer met heksadesimale syfers.

Other Languages
Alemannisch: Byte
Ænglisc: Bita
العربية: بايت
অসমীয়া: বাইট
asturianu: Byte
azərbaycanca: Bayt
تۆرکجه: بایت
башҡортса: Байт
беларуская: Байт
беларуская (тарашкевіца)‎: Байт
български: Байт
বাংলা: বাইট
bosanski: Bajt
català: Byte
čeština: Bajt
dansk: Byte
Deutsch: Byte
Ελληνικά: Byte
English: Byte
Esperanto: Bajto
español: Byte
eesti: Bait
euskara: Byte
فارسی: بایت
français: Byte
galego: Byte
עברית: בית (מחשב)
हिन्दी: बाइट
hrvatski: Bajt
magyar: Byte
հայերեն: Բայթ
interlingua: Byte
Bahasa Indonesia: Bita
íslenska: Bæti
italiano: Byte
Basa Jawa: Bita
ქართული: ბაიტი
қазақша: Байт
한국어: 바이트
Кыргызча: Байт
Lëtzebuergesch: Byte
lumbaart: Byte
ລາວ: ໄບຕ໌
lietuvių: Baitas
latviešu: Baits
олык марий: Байт
македонски: Бајт
മലയാളം: ബൈറ്റ്
Bahasa Melayu: Bait
မြန်မာဘာသာ: ဘိုက် (ကွန်ပျူတာ)
Nederlands: Byte
norsk nynorsk: Byte i informatikk
norsk: Byte
occitan: Byte
ਪੰਜਾਬੀ: ਬਾਈਟ
polski: Bajt
پنجابی: بائٹ
پښتو: بايټ
português: Byte
română: Byte
русский: Байт
sicilianu: Byte
Scots: Byte
srpskohrvatski / српскохрватски: Bajt
Simple English: Byte
slovenčina: Bajt
slovenščina: Bajt
shqip: Bajti
српски / srpski: Бајт
svenska: Byte
தமிழ்: பைட்டு
తెలుగు: బైట్
тоҷикӣ: Байт
ไทย: ไบต์
Türkçe: Bayt
українська: Байт
اردو: بائٹ
oʻzbekcha/ўзбекча: Bayt (toʻplam)
Tiếng Việt: Byte
Winaray: Byte
中文: 字节
Bân-lâm-gú: Byte
粵語: 字節