Dwergplaneet
English: Dwarf planet

  • die dwergplaneet ceres soos gesien deur die hubble-ruimteteleskoop. dit is die enigste dwergplaneet in die asteroïdegordel.
    pluto min of meer in sy regte kleure gebaseer op albedo-data van die hubble-ruimteteleskoop.
    haumea met sy mane, hiʻiaka en namaka (kunstenaarsvoorstelling).
    makemake (kunstenaarsvoorstelling)
    eris en sy maan, disnomia, soos gesien deur hubble.

    ’n dwergplaneet is ’n hemelliggaam met die massa van ’n planeet, maar wat nie aan al die vereistes vir ’n planeet voldoen nie en nie ’n maan is nie. volgens die internasionale astronomiese unie (iau), die amptelike liggaam vir sterrekundige benaming, is ’n dwergplaneet ’n hemelliggaam in die sonnestelsel wat aan die volgende vier vereistes voldoen:[1]

    • dit wentel om die son.
    • dit besit voldoende massa dat sy eie swaartekrag rigiede liggaamskragte oorwin en die liggaam ’n hidrostatiese ewewigsvorm (’n amper sferiese vorm) laat aanneem.
    • dit is nie in staat om ander voorwerpe in die omgewing van sy wentelbaan uit die weg te ruim nie.
    • dit is nie ’n natuurlike satelliet (maan) nie.

    die term "dwergplaneet" is in 2006 aangeneem as deel van ’n klassifisering van liggame wat om die son wentel[2] nadat al hoe meer voorwerpe verder weg as neptunus ontdek is wat net so groot soos pluto is, asook die ontdekking van ’n nog swaarder liggaam, eris.

    voorwerpe wat groot genoeg is om ander voorwerpe in die omgewing van hul wentelbaan uit die weg te ruim, word as "planete" gedefinieer, terwyl dié wat te klein is om ’n hidrostatiese ewewigsvorm aan te neem as "klein sonnestelselliggame" gedefinieer word. dwergplanete lê tussenin. volgens definisie kan die term "dwergplaneet" nie gebruik word om na hemelliggame in ander planeetstelsels te verwys nie.[3]

    die uitsluiting van dwergplanete deur die iau uit die lys planete is beide geloof en gekritiseer. een van die voorstanders is mike brown,[4][5][6] wat eris en ander nuwe dwergplanete ontdek het. een van die teenstanders is alan stern,[7][8] wat die term "dwergplaneet" in 1990 geskep het.[9]

    daar word tans vyf dwergplanete erken: ceres, pluto, eris, haumea en makemake. net twee van hulle, ceres en pluto, is in voldoende besonderhede bestudeer om te bewys hulle kwalifiseer as dwergplanete. daar is aanvaar eris is ’n dwergplaneet omdat dit ’n groter massa as pluto het. die iau het daarna besluit dat voortaan aanvaar sal word dat nuwe trans-neptunus-voorwerpe met ’n absolute magnitude van helderder as +1 (en dus ’n deursnee van ≥838 km as aangeneem word die geometriese albedo is ≤1)[10] dwergplanete is.[11] die enigste twee sodanige voorwerpe wat in dié tyd bekend was, is makemake en haumea, en hulle is as dwergplanete geklassifiseer.

    nog sowat 100 voorwerpe in die sonnestelsel is vermoedelik dwergplanete.[12] daar word geskat dat tot 200 dwergplanete gevind kan word as die hele gebied bekend as die kuipergordel verken word, en dat dié getal tot meer as 10 000 kan styg as voorwerpe verder weg as die kuipergordel in aanmerking geneem word.[13] individuele sterrekundiges erken verskeie van hulle,[12][13] en in augustus 2011 het mike brown ’n lys van 390 kandidaat-voorwerpe gepubliseer wat wissel van "byna vir seker" tot "moontlike" dwergplanete.[14] brown identifiseer onder meer nege bekende voorwerpe – die vyf wat deur die iau erken word plus 2007 or10, sedna, quaoar en orcus – as "feitlik seker", en nog twee dosyn as "hoogs waarskynlik".[12]

  • geskiedenis van die konsep
  • naam
  • dwergplanete en moontlike dwergplanete
  • mane met ’n planetêre massa
  • twispunt
  • verwysings
  • eksterne skakels

Die dwergplaneet Ceres soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. Dit is die enigste dwergplaneet in die asteroïdegordel.
Pluto min of meer in sy regte kleure gebaseer op albedo-data van die Hubble-ruimteteleskoop.
Haumea met sy mane, Hiʻiaka en Namaka (kunstenaarsvoorstelling).
Makemake (kunstenaarsvoorstelling)
Eris en sy maan, Disnomia, soos gesien deur Hubble.

’n Dwergplaneet is ’n hemelliggaam met die massa van ’n planeet, maar wat nie aan al die vereistes vir ’n planeet voldoen nie en nie ’n maan is nie. Volgens die Internasionale Astronomiese Unie (IAU), die amptelike liggaam vir sterrekundige benaming, is ’n dwergplaneet ’n hemelliggaam in die Sonnestelsel wat aan die volgende vier vereistes voldoen:[1]

  • Dit wentel om die Son.
  • Dit besit voldoende massa dat sy eie swaartekrag rigiede liggaamskragte oorwin en die liggaam ’n hidrostatiese ewewigsvorm (’n amper sferiese vorm) laat aanneem.
  • Dit is nie in staat om ander voorwerpe in die omgewing van sy wentelbaan uit die weg te ruim nie.
  • Dit is nie ’n natuurlike satelliet (maan) nie.

Die term "dwergplaneet" is in 2006 aangeneem as deel van ’n klassifisering van liggame wat om die Son wentel[2] nadat al hoe meer voorwerpe verder weg as Neptunus ontdek is wat net so groot soos Pluto is, asook die ontdekking van ’n nog swaarder liggaam, Eris.

Voorwerpe wat groot genoeg is om ander voorwerpe in die omgewing van hul wentelbaan uit die weg te ruim, word as "planete" gedefinieer, terwyl dié wat te klein is om ’n hidrostatiese ewewigsvorm aan te neem as "klein sonnestelselliggame" gedefinieer word. Dwergplanete lê tussenin. Volgens definisie kan die term "dwergplaneet" nie gebruik word om na hemelliggame in ander planeetstelsels te verwys nie.[3]

Die uitsluiting van dwergplanete deur die IAU uit die lys planete is beide geloof en gekritiseer. Een van die voorstanders is Mike Brown,[4][5][6] wat Eris en ander nuwe dwergplanete ontdek het. Een van die teenstanders is Alan Stern,[7][8] wat die term "dwergplaneet" in 1990 geskep het.[9]

Daar word tans vyf dwergplanete erken: Ceres, Pluto, Eris, Haumea en Makemake. Net twee van hulle, Ceres en Pluto, is in voldoende besonderhede bestudeer om te bewys hulle kwalifiseer as dwergplanete. Daar is aanvaar Eris is ’n dwergplaneet omdat dit ’n groter massa as Pluto het. Die IAU het daarna besluit dat voortaan aanvaar sal word dat nuwe trans-Neptunus-voorwerpe met ’n absolute magnitude van helderder as +1 (en dus ’n deursnee van ≥838 km as aangeneem word die geometriese albedo is ≤1)[10] dwergplanete is.[11] Die enigste twee sodanige voorwerpe wat in dié tyd bekend was, is Makemake en Haumea, en hulle is as dwergplanete geklassifiseer.

Nog sowat 100 voorwerpe in die Sonnestelsel is vermoedelik dwergplanete.[12] Daar word geskat dat tot 200 dwergplanete gevind kan word as die hele gebied bekend as die Kuipergordel verken word, en dat dié getal tot meer as 10 000 kan styg as voorwerpe verder weg as die Kuipergordel in aanmerking geneem word.[13] Individuele sterrekundiges erken verskeie van hulle,[12][13] en in Augustus 2011 het Mike Brown ’n lys van 390 kandidaat-voorwerpe gepubliseer wat wissel van "byna vir seker" tot "moontlike" dwergplanete.[14] Brown identifiseer onder meer nege bekende voorwerpe – die vyf wat deur die IAU erken word plus 2007 OR10, Sedna, Quaoar en Orcus – as "feitlik seker", en nog twee dosyn as "hoogs waarskynlik".[12]

Other Languages
Alemannisch: Zwergplanet
aragonés: Planeta nana
العربية: كوكب قزم
অসমীয়া: বাওনা গ্ৰহ
asturianu: Planeta nanu
Boarisch: Zweagplanet
беларуская (тарашкевіца)‎: Карлікавая плянэта
български: Планета джудже
भोजपुरी: बौना ग्रह
Banjar: Planet kihit
বাংলা: বামন গ্রহ
brezhoneg: Korrblanedenn
català: Planeta nan
Deutsch: Zwergplanet
Ελληνικά: Πλανήτης νάνος
English: Dwarf planet
Esperanto: Nanplanedo
español: Planeta enano
euskara: Planeta nano
français: Planète naine
Avañe'ẽ: Mbyjajere michĩ
हिन्दी: बौना ग्रह
Fiji Hindi: Dwarf planet
interlingua: Planeta nano
Bahasa Indonesia: Planet katai
italiano: Pianeta nano
日本語: 準惑星
la .lojban.: cmaplini
ქართული: ჯუჯა პლანეტა
Taqbaylit: Amtiweg agezlan
한국어: 왜행성
Ripoarisch: Zwerchplaneet
kernowek: Planet korr
Latina: Planetula
Lëtzebuergesch: Zwergplanéit
Lingua Franca Nova: Planeta nana
Limburgs: Dwergplaneet
lumbaart: Pianeta nano
latviešu: Pundurplanēta
Basa Banyumasan: Planet cilik
македонски: Џуџеста планета
मराठी: बटुग्रह
Bahasa Melayu: Planet kerdil
Mirandés: Planeta nano
Napulitano: Chianeta nano
Plattdüütsch: Dwargplanet
Nederlands: Dwergplaneet
norsk nynorsk: Dvergplanet
occitan: Planeta nana
Piemontèis: Pianeta nan
پنجابی: بونا سیارہ
português: Planeta anão
Runa Simi: Sit'i pachahina
sicilianu: Pianeta nanu
srpskohrvatski / српскохрватски: Patuljasta planeta
Simple English: Dwarf planet
slovenščina: Pritlikavi planet
српски / srpski: Патуљаста планета
svenska: Dvärgplanet
Kiswahili: Sayari kibete
Türkçe: Cüce gezegen
татарча/tatarça: Кәрлә планета
українська: Карликова планета
vèneto: Pianeta nano
Tiếng Việt: Hành tinh lùn
吴语: 矮行星
მარგალური: ჯუჯა პლანეტა
中文: 矮行星
文言: 矮行星
Bân-lâm-gú: É-he̍k-chheⁿ
粵語: 矮行星