Driehoek (sterrebeeld)

Driehoek
Triangulum constellation map.png
Latynse naamTriangulum
GenitiefTrianguli
AfkortingTri
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming2h
Deklinasie30º
Grootte132 vk. grade (78ste)
KwadrantNQ1
Besonderhede
Hoofsterre3
Helderste sterBeta Trianguli
Naaste sterDelta Trianguli
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete1
Messier-voorwerpe1
Bayer-/Flamsteed-sterre15
Aangrensende sterrebeelde
Andromeda, Visse, Ram, Perseus
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Die Driehoek (Latyn: Triangulum) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim en moenie verwar word met die Suidelike Driehoek nie. Die naam kom van die drie helderste sterre, met ’n helderheid van 3 of 4 mag, wat ’n nou driehoek vorm. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Ruimtevoorwerpe

Die Driehoek het geen sterre wat ’n helderheid van 1 mag het nie. Sy helderste ster is die wit reusester Beta Trianguli (β Tri) van 3 mag. Die tweede helderste is die geel-wit subreus Alpha Trianguli (α Tri, ook bekend as Caput Trianguli) van 3,41 mag. Die derde ster, 6 Trianguli, is ’n dubbelster met ’n merkbare kleurkontras wat deur ’n medium-groot teleskoop in ’n sterk geel en dowwe blou ster geskei word. Albei dié sterre is self ook dubbelsterre.[1]

Die Driehoek-sterrestelsel, ook bekend as Messier 33, wat in die 1600's deur Giovanni Battista Hodierna ontdek is, is sowat 2,3 miljoen ligjare van die Aarde af. Teen ’n helderheid van 5,8 mag kan dit op ’n baie donker nag met die blote oog gesien word. Dit het ’n deursnee van 46 000 ligjare en is dus kleiner as die Melkweg. Die sterrebeeld bevat ook verskeie ander, dowwer sterrestelsels.

Other Languages
asturianu: Triangulum
azərbaycanca: Üçbucaq (bürc)
беларуская (тарашкевіца)‎: Трыкутнік (сузор’е)
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Săng-gáe̤k-cô̤
corsu: Triangulum
dansk: Trekanten
Ελληνικά: Τρίγωνον
English: Triangulum
español: Triangulum
فارسی: سه‌سو
Gaeilge: An Triantán
galego: Triangulum
客家語/Hak-kâ-ngî: Sâm-kok-chho
日本語: さんかく座
Basa Jawa: Triangulum
한국어: 삼각형자리
Lëtzebuergesch: Triangulum (Stärebild)
Bahasa Melayu: Segi Tiga (buruj)
norsk nynorsk: Triangelet
norsk: Triangelet
português: Triangulum
Scots: Triangulum
srpskohrvatski / српскохрватски: Trokut (zviježđe)
Simple English: Triangulum
slovenščina: Trikotnik (ozvezdje)
српски / srpski: Троугао (сазвежђе)
oʻzbekcha/ўзбекча: Uchburchak (yulduz turkumi)
Tiếng Việt: Tam Giác (chòm sao)
Winaray: Triangulum
中文: 三角座
Bân-lâm-gú: Saⁿ-kak-chō
粵語: 三角座