Cooktown

Cooktown
Cooktown.jpg
Ligging van Cooktown in Australië
Ligging van Cooktown in Australië
Koördinate: 15°28′0″S 145°17′0″O / 15°28′0″S 145°17′0″O / -15.46667; 145.28333
Administrasie
StaatVlag van Australië Australië
DeelstaatFlag of Queensland.svg Queensland
Stigting25 Oktober 1873
Hoogtem (20 vt)
Bevolking (2006)
 - Dorp1 336
TydsoneAEST (UTC+10)

Cooktown is die mees noordelike dorp aan die ooskus van Australië en is geleë aan die mond van die Endeavour-rivier op die Cape York skiereiland in verre noorde van Queensland.

Geskiedenis

Cook se aankoms

'n Replika van HMS Bark Endeavour in Cooktown se hawe
Kangaroo standbeeld op Grassy Hill

Die plek waar Cooktown vandag geleë is was die ontmoetingsplek van twee wyduiteenlopende kulture toe die beskadigde seilskip HMS Bark Endeavour teen die kusgebied van die Guugu Yimithirrstam opgeseil het soekend na 'n veilige hawe, na hul skeepsromp ernstig beskadig is toe dit teen die Endeavour-rif, suid van Cooktown, vasgevaar het.

Die Engelse bemanning het sewe weke op die plek waar Cooktown vandag geleë is deurgebring en hul skip herstel, hulle voedsel- en watervoorrade aangevul en na hul siekes omgesien. Die welvarende wetenskaplike Joseph Banks en die Sweedse natuurkundigie Daniel Solander wat Cook op die ekspedisie vergesel het, het baie nuwe plantspesies versamel en gedokumenteer en met behulp van 'n jong kunstenaar by name Sydney Parkinson is daar ook tekeninge van die soorte gemaak. Hy was dan ook die eerste Engelse kunstenaar om Aborigines te teken uit eie waarneming.

Na etlike weke het Banks van die plaaslike mense ontmoet en met hulle gepraat en sowat 50 woorde van die Guugu Yimithirrtaal opgeteken, insluitende die naam vir die verstommende dier wat die inboorlinge 'n gangarru genoem het. Die kangaroe is vir die eerste keer deur Europeërs waargeneem by Grassy Hill tydens hierdie vaart.

Cook het die rivier “Endeavour” na sy skip vernoem, en met sy noordwaartse vaart het hy die 'Queen Anne Jack' gehys en die hele ooskus van Australië vir Brittanje opgeëis. Hy het ook die Cape York-skiereiland na die Graaf van York vernoem.

Other Languages
Cebuano: Cooktown
Deutsch: Cooktown
español: Cooktown
français: Cooktown
italiano: Cooktown
한국어: 쿡타운
Nederlands: Cooktown
polski: Cooktown
português: Cooktown
русский: Куктаун
Simple English: Cooktown, Queensland
svenska: Cooktown
українська: Куктаун
中文: 庫克敦