Circa

Die Latynse woord circa, beteken letterlik cirkel omstreeks, omtrent ongeveer, en word gebruik om verskeie datums (gereeld geboorte- of sterftedatums) wat onseker is aan te dui. 'n Mens kan byvoorbeeld sê dat Pearl Harbor circa (afgekort na c. of ca.) 1941 aangeval is, as daar onsekerheid is oor die jaar waarin dit plaasgevind het. Hoe verder terug die datum, hoe groter die tydperk wat deur circa ingesluit word:

  • Binne die vorige honderd jaar, behoort circa akkuraat te wees tot binne vyf jaar (bv., 1940, 1945, 1950, 1955);
  • Binne die vorige vyfhonderd jaar, behoort circa akkuraat te wees tot binne tien jaar (bv., 1720, 1730, 1740, 1750);
  • Binne die vorige duisend jaar, behoort circa akkuraat te wees tot binne vyf en twintig jaar (bv., 1250, 1275, 1300, 1325);
  • Binne die vorige tweeduisend jaar, behoort circa akkuraat te wees tot binne vyftig jaar (bv., 150s, 200s, 250s, 300s);
  • Oor die totale gedokumenteerde geskiedenis, behoort circa akkuraat te wees tot binne een tot twee honderd jaar.
  • kommersiële gebruik

Kommersiële gebruik

Circa is 'n handelsnaam in die skaatsplank industrie wat skoene, klere en skaatsplanke vervaardig. Professionele skaatsplankryers kan aan die Circa skaatsplankspan behoort.

Other Languages
العربية: حوالي
asturianu: Circa
تۆرکجه: شابلون:Circa
brezhoneg: Circa
català: Circa
čeština: Cirka
English: Circa
español: Circa
euskara: Circa
français: Circa
galego: Circa
עברית: Circa
Kreyòl ayisyen: Alantou
Bahasa Indonesia: Circa
日本語: Circa
Latina: Circa
македонски: Цирка
മലയാളം: സിർക
norsk nynorsk: Cirka
ਪੰਜਾਬੀ: ਅੰਦਾਜ਼ਨ
português: Circa
русский: Circa
Simple English: Circa
slovenčina: Circa
Türkçe: Circa
українська: Circa
Tiếng Việt: Circa
中文: Circa
Bân-lâm-gú: Circa