Brasilië

República Federativa do Brasil
Federale Republiek Brasilië
Vlag van Brasilië Wapen van Brasilië
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Ordem e Progresso
( Portugees vir "Orde en vooruitgang")
Volkslied: Hino Nacional Brasileiro

Vlag-volkslied: Hino à Bandeira Nacional [1]
Ligging van Brasilië
Hoofstad Brasília

15°47′S 47°52′W / 15°47′S 47°52′W / -15.783; -47.867

Grootste stad São Paulo

23°33′S 46°38′W / 23°33′S 46°38′W / -23.550; -46.633

Amptelike tale Portugees [2]
Regering Federale presidensiële
grondwetlike republiek
Michel Temer
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
• Republiek
• Huidige grondwet

van Portugal
7 September 1822
29 Augustus 1825
15 November 1889
5 Oktober 1988
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
8 515 767 km2  ( 5de)
3 287 597 myl2
0,65
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
206 503 500 [3] ( 5de)
190 732 694 [4]
23,8 / km2 ( 190ste)
62 / myl2
BBP ( KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$3 101 miljard [5] ( 7de)
$15 049 [5] (77ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$1 535 miljard [5] ( 9de)
$7 447 [5] (69ste)

MOI ( 2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,755 [6] ( 75ste)  –  hoog
Gini ( 2012) 51,9 [7] –  hoog
Geldeenheid Real ( BRL)
Tydsone
 - Somertyd
BRT ( UTC -2 tot -5)
BRST ( UTC -2 tot -5)
Internet-TLD .br
Skakelkode +55

Brasilië ( Portugees: Brasil [bɾaˈziw]), amptelik die Federale Republiek Brasilië (República Federativa do Brasil [8]), is die grootste land en ook die land met die grootste bevolking in Latyns- en Suid-Amerika. Dit is verder ook die vyfde grootste land in die wêreld ten opsigte van bevolking en grondgebied. Die land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf sentraal-Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Die land strek die verste oos van al die lande in die Amerikas en grens aan Uruguay, Argentinië, Paraguay, Bolivië, Peru, Colombia, Venezuela, Guyana, Suriname en die Franse département van Frans-Guyana. Brasilië grens inderwaarheid aan bykans elke Suid-Amerikaanse land behalwe vir Ecuador en Chili. [9]

Daar word geglo dat dié land se naam afgelei is van pau-brasil, 'n boomsoort wat hoog op prys gestel is deur die vroeë koloniste. Ander reken egter die naam het sy oorsprong in 'n mitiese eiland wat in die Middeleeuse Europa bekend was. Brasilië bevat uitgebreide landbougebiede en reënwoude. Met sy baie natuurlike hulpbronne en groot arbeidsmark is dié land Suid-Amerika se leidende ekonomiese moondheid. [10]

Omdat dit 'n kolonie van Portugal was, is Portugees die amptelike taal van Brasilië. [11] Dié land is die grootste Portugeestalige land in die wêreld en die enigste een in die Amerikas. [12] Brasilië het die wêreld se tweede grootste Christen-bevolking na die Verenigde State (151 miljoen) en ook die wêreld se grootste Rooms-Katolieke bevolking, 'n sterk geskiedkundige band wat nagelaat is deur die Rooms-Katolieke Portugese koloniste. [13] [14]

Geskiedenis

Pedro Álvares Cabral land in Porto Seguro, 1500
Antieke kaart van Brasilië wat in 1519 deur Portugese ontdekkersreisigers opgestel is

Daar word geglo dat Brasilië vir ten minste 10 000 jaar lank deur semi-nomadiese stamme bevolk was voordat die eerste Portugese ontdekkingsreisigers onder leiding van Pedro Álvares Cabral in 1500 daar voet aan wal gesit het. [15]

Admiraal Cabral se vloot het in Maart 1500 die hawe van Lissabon verlaat en was met dertien skepe en 'n bemanning van 1 500 die grootste wat tot dusver na die Suid-Atlantiese gebiede gestuur is. Die Portugese was van plan om hulle handelsbelange in Indië met swaar gewapende skepe teen Arabiese mededingers en plaaslike heersers te beskerm. Die ontdekking van Brasilië was min of meer 'n toeval: op 2 April 1500 het Cabral se manne naby die huidige Porto Seguro vir die eerste keer land raakgesien. Op 22 April 1500 het die Portugese voet aan wal gesit en op vreedsame Indiane afgekom, maar daar was klaarblyklik geen rykdomme in hierdie land nie. Op 3 Mei het Cabral weer seile gespan om Indië betyds te bereik.

Brasilië, wat sy naam moontlik aan die rooi Brasil-hout te danke het, was aanvanklik van min belang vir Portugal, maar sou nogtans tot sy grootste en belangrikste kolonie ontwikkel. Oor die loop van drie eeue is dit deur die Portugese hervestig en is die houtbronne eers ontgin en later ook landboubedrywighede in die vorm van suikerriet en koffiebone gevestig en is goud ook daar ontgin. Die kolonie se mannekrag het aanvanklik bestaan uit slawe vanuit die oorspronklike boorlinge en ná 1550, hoofsaaklik vanuit Afrika. [16]

Tussen 1630 en 1654 is die gebied rondom Recife in die noordooste oorgeneem deur die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande en het die kolonie as Nederlands-Brasilië bekend gestaan. Die verskillende Nederlandse goewerneurs van die kolonie het probeer om soveel moontlik immigrante na die gebied te lok, met gematigde sukses. Uiteindelik word die Nederlanders, wat nie deur die moederland bygestaan kon word nie vanweë die Eerste Anglo-Nederlandse oorlog, in 1654 verdryf deur die Portugese wat die gebied weer by hulle kolonie ingelyf het. [17]

In 1808 het koningin Maria I van Portugal en haar seun, die toekomstige João VI van Portugal, op die vlug geslaan vir die leërs van Napoleon en hulself in Rio de Janeiro in Brasilië hervestig tesame met die res van die koninklike familie, die adel en die regering. [18]

Keiser Pedro I van Brasilië (1822–1831)
Proklamasie van Brasilië se onafhanklikheid deur Prins Pedro op 7 September 1822

Al het die koninklike familie in 1821 na Portugal teruggekeer, is daar intussen handelsroetes na die Verenigde Koninkryk gevestig, aangesien hulle van die Europese hawes afgesny is deur Napoleon se magte. Brasilië se status is ook verhoog na dié van 'n verenigde koninkryk onder die Portugese kroon. Na João VI van Portugal se vertrek het die oorblywende koninklike regering in Rio de Janeiro stappe gedoen om die Koninkryk Brasilië te ontbind en sy status weer na kroonkolonie te verlaag. Dit het gelei tot 'n reeks kleinskaalse konflikte wat bekend staan as die Brasiliaanse Onafhanklikheidsoorlog. Op 7 September 1822 het kroonprins Pedro I van Brasilië (later Pedro IV van Portugal) onafhanklikheid verklaar en die onafhanklike Koninkryk Brasilië tot stand gebring. 'n Verdrag wat die koninkryk se onafhanklikheid erken is op 29 Augustus 1825 met die Verenigde Koninkryk en Portugal onderteken.

Keiser Pedro II van Brasilië (1831–1889)

Aangesien die kroon steeds in die hande van die Huis van Braganza was, het die onafhanklikheid meer 'n verdeling van die Portugese Ryk in twee dele verteenwoordig en verskil dit ietwat met van die ander onafhanklikheidsbewegings wat elders in die Amerikas voorgekom het.

Die Brasiliaanse Ryk was teoreties 'n demokrasie volgens die Britse styl, al het die magsverdeling tussen die keiser en die parlement meer ooreenkomste met die destydse Keiserryk Oostenryk gehad. Slawerny is in 1888 afgeskaf deur die "Goue Wet" wat deur Prinses Isabel uitgevaardig is. 'n Grootskaalse immigrasie uit Europa het daarna die basis geskep vir verdere nywerheidsontwikkeling. Pedro I is opgevolg deur sy seun Pedro II — wat op sy oudag vasgevang is in 'n politiese stryd tussen die weermag en die kabinet, 'n krisis wat ontstaan het as gevolg van die Paraguayaanse Oorlog. Om 'n burgeroorlog tussen die weermag en die vloot te voorkom het Pedro II op 15 November 1889 van sy troon afstand gedoen toe 'n federale republiek tot stand gebring is deur Veldmaarskalk Deodora da Fonseca.

In die laat 19de en vroeë 20ste eeue, het Brasilië meer as 5 miljoen Europese, Arabiese en Japannese immigrante gelok. Die tydperk het dan ook die verdere nywerheidsontwikkeling en kolonialisasie van die binneland teweeg gebring. Brasiliaanse demokrasie is drie keer omvergegooi en deur diktatorskappe vervang tussen 1930–1934 en 1937–1945 onder die bewind van Getúlio Vargas en tussen 1964–1985 onder opeenvolgende generaals wat deur die militêre bewind aangestel is met die hulp van die Verenigde State.

Republiekwording en die tydperk van die wêreldoorloë

Proklamasie van die republiek in 1889

Die eerste Brasiliaanse republiek met 'n federatiewe grondwet (24 Februarie 1891), die Verenigde State van Brasilië (Portugees: República dos Estados Unidos do Brasil) is deur maarskalk Manuel Deodoro da Fonseca geproklameer, met die Verenigde State van Amerika as sy model. Die republikeinse regerings het die vinnige ontwikkeling van die Brasiliaanse ekonomie bevorder, en grenskonflikte met die buurstate is op 'n vreedsame manier besleg.

Die groot internasionale aanvraag na koffie, een van Brasilië se hoofsaaklike uitvoerprodukte, het aanvanklik die ekonomiese welvaart van die land verseker en die landbou het hom veral op hierdie gewas toegespits. Weens sterk mededinging van Asiatiese produsente het die plaaslike rubberbedryf egter al in 1914 in 'n ernstige krisis beland wat uiteindelik die hele ekonomie geraak het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was Brasilië sedert 1917 amptelik 'n lid van die geallieerde koalisie teen Duitsland, maar het egter geen aktiewe rol by die oorlogshandelinge gespeel nie.

Getúlio Vargas (links) saam met die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt in Rio de Janeiro, 1936

Die aanvraag na koffie het ná die einde van die oorlog skerp gedaal en die politieke stabiliteit is deur rewolusies in die deelstate Sāo Paulo en Rio Grande do Sul bedreig. Tydens die twintigerjare het groot dele van die bevolking daarvoor gepleit om 'n einde aan die oligargiese regeringstelsel te maak.

Met die tweede krisis van die koffiebedryf in 1930 het die bevolking onder die leiding van Getúlio Vargas, die sogenaamde "Vader van die Armes", in opstand teen die regering gekom en Vargas het die amp van presidentskap oorgeneem. In die eerste maande van sy regering het die Brasiliaanse ekonomie begin herstel. In 1937 is Vargas tot lewenslange president en "welwillende diktator" uitgeroep.

Nadat die Verenigde State druk op hom geplaas het, het Vargas in 1942 oorlog teen Nazi-Duitsland en die ander Spilmoondhede verklaar. 'n Afdeling van sowat 25 000 Brasiliaanse soldate is na Italië gestuur en het onder meer aan die Slag van Monte Cassino deelgeneem. Ná die oorlog is Vargas deur die Brasiliaanse weermag as president ontslaan.

Die tydperk ná 1945

Laaste vergadering van die Grondwetgewende Parlement in 1988
Die BRICS-leiers in 2016: Temer, Modi, Xi, Poetin en Zuma (v.l.n.r.)

Net vyf jaar later is Vargas deur die Brasiliaanse volk vir 'n tweede ampstermyn gekies. Hy het 'n duidelik Sosialistiese beleid gevolg, maar nadat die Verenigde State en regsgesinde politieke kringe steeds meer druk op hom geplaas het om te bedank, het hy in 1954 selfmoord gepleeg. Sy opvolger Juscelino Kubitschek het saam met die Partido Trabalhista Brasileiro (PTB) daarin geslaag om buitelandse beleggers na dié land te lok en in die laat vyftigerjare het die Brasiliaanse ekonomie weer vinniger begin groei. President Kubitschek se ambisieuse projek om 'n nuwe hoofstad Brasília in die sentrum van die land te stig, het die staatsfinansies erg verswak. Jânio da Silva Quadros het die presidentsverkiesing in 1960 gewen en 'n beleid van politieke onafhanklikheid (veral teenoor die VSA) en volhoubare staatsfinansies gevolg. Maar slegs enkele maande nadat hy die ampseed afgelê het, het hy in 1961 ten gunste van sy adjunkpresident Joāo Goulart afgedank.

Met die onbloedige rewolusie van 1964 wat deur 'n aantal goewerneurs in die deelstate gesteun is, is 'n einde aan die presidentskap van die links-liberale Goulart gemaak en 'n militêre bewind het die mag oorgeneem. Brasilië het tot een van die gewildste bestemmings vir internasionale beleggings ontwikkel en 'n groot aantal multinasionale maatskappye het hulle in dié land gevestig.

Sedert 1985 word Brasilië internasionaal as 'n demokrasie, en spesifiek 'n presidensiële demokrasie, erken. Die status is in 1993 deur 'n volkstemming bevestig, toe die kiesers gevra is om te kies tussen 'n presidensiële demokrasie of 'n parlementêre stelsel: kiesers het ook toe besluit om nie die land se grondwetlike monargie te herstel nie.

In 2009 het Brasilië saam met Rusland, Indië en die Volksrepubliek van Sjina die BRIC-organisasie gestig, wat in 2010 Suid-Afrika opgeneem en sy naam in BRICS verander het. In 2014 het Brasilië die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi aangebied, die tweede keer ná 1950. Net twee jaar later is die Olimpiese Somerspele van 2016 in Rio de Janeiro beslis, die eerste in Suid-Amerika.

Other Languages
Acèh: Brasil
адыгабзэ: Бразилие
Akan: Brazil
Alemannisch: Brasilien
አማርኛ: ብራዚል
aragonés: Brasil
Ænglisc: Brasil
العربية: البرازيل
ܐܪܡܝܐ: ܒܪܐܙܝܠ
مصرى: برازيل
অসমীয়া: ব্ৰাজিল
asturianu: Brasil
Aymar aru: Wrasil
azərbaycanca: Braziliya
تۆرکجه: برزیل
башҡортса: Бразилия
Boarisch: Brasilien
žemaitėška: Brazilėjė
Bikol Central: Brasil
беларуская: Бразілія
беларуская (тарашкевіца)‎: Бразылія
български: Бразилия
भोजपुरी: ब्राज़ील
Bislama: Brazil
bamanankan: Brazil
বাংলা: ব্রাজিল
བོད་ཡིག: པུ་རུ་ཟིལ།
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: ব্রাজিল
brezhoneg: Brazil
bosanski: Brazil
буряад: Бразил
català: Brasil
Chavacano de Zamboanga: Brasil
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Bă-să̤
нохчийн: Бразили
Cebuano: Brasil
Chamoru: Brazil
ᏣᎳᎩ: ᏆᏏᎵ
Tsetsêhestâhese: Brazil
کوردی: بەڕازیل
corsu: Brasile
qırımtatarca: Brazil
čeština: Brazílie
kaszëbsczi: Brazylskô
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Браꙁїлїꙗ
Чӑвашла: Бразили
Cymraeg: Brasil
dansk: Brasilien
Deutsch: Brasilien
Zazaki: Brezilya
dolnoserbski: Brazilska
डोटेली: ब्राजिल
ދިވެހިބަސް: ބުރެޒިލް
eʋegbe: Brazil
Ελληνικά: Βραζιλία
emiliàn e rumagnòl: Braṡil
English: Brazil
Esperanto: Brazilo
español: Brasil
eesti: Brasiilia
euskara: Brasil
estremeñu: Brasil
فارسی: برزیل
Fulfulde: Barazil
suomi: Brasilia
Võro: Brasiilia
Na Vosa Vakaviti: Brazil
føroyskt: Brasil
français: Brésil
arpetan: Brèsil
Nordfriisk: Brasiilien
furlan: Brasîl
Frysk: Brazylje
Gaeilge: An Bhrasaíl
Gagauz: Braziliya
贛語: 巴西
Gàidhlig: Braisil
galego: Brasil
گیلکی: برزيل
Avañe'ẽ: Pindoráma
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: ब्राझील
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌱𐍂𐌰𐌶𐌹𐌻
ગુજરાતી: બ્રાઝિલ
Hausa: Brazil
客家語/Hak-kâ-ngî: Pâ-sî
Hawaiʻi: Palakila
עברית: ברזיל
हिन्दी: ब्राज़ील
Fiji Hindi: Brazil
hrvatski: Brazil
hornjoserbsce: Brazilska
Kreyòl ayisyen: Brezil
magyar: Brazília
Հայերեն: Բրազիլիա
interlingua: Brasil
Bahasa Indonesia: Brasil
Interlingue: Brasil
Igbo: Brazil
Ilokano: Brasil
íslenska: Brasilía
italiano: Brasile
日本語: ブラジル
Patois: Brazil
la .lojban.: razgu'e
Basa Jawa: Brasil
ქართული: ბრაზილია
Qaraqalpaqsha: Braziliya
Taqbaylit: Brazil
Адыгэбзэ: Бразилэ
Kabɩyɛ: Piresiili
Kongo: Brazilia
Gĩkũyũ: Brazil
қазақша: Бразилия
kalaallisut: Brazil
ភាសាខ្មែរ: ប្រេស៊ីល
ಕನ್ನಡ: ಬ್ರೆಜಿಲ್
한국어: 브라질
къарачай-малкъар: Бразилия
Kurdî: Brazîl
kernowek: Brasil
Кыргызча: Бразилия
Latina: Brasilia
Ladino: Brasil
Lëtzebuergesch: Brasilien
лезги: Бразилия
Limburgs: Brazilië
Ligure: Braxî
lumbaart: Brasil
lingála: Brazil
لۊری شومالی: برزيل
lietuvių: Brazilija
latgaļu: Brazileja
latviešu: Brazīlija
मैथिली: ब्राजिल
Basa Banyumasan: Brasil
мокшень: Бразилие
Malagasy: Brazila
олык марий: Бразилий
Māori: Parīhi
Baso Minangkabau: Brasil
македонски: Бразил
മലയാളം: ബ്രസീൽ
монгол: Бразил
मराठी: ब्राझील
кырык мары: Бразили
Bahasa Melayu: Brazil
Malti: Brażil
Mirandés: Brasil
မြန်မာဘာသာ: ဘရာဇီးနိုင်ငံ
مازِرونی: برزیل
Dorerin Naoero: Bradir
Nāhuatl: Brasil
Napulitano: Brasile
Plattdüütsch: Brasilien
Nedersaksies: Brazilië
नेपाली: ब्राजिल
नेपाल भाषा: ब्राजिल
Nederlands: Brazilië
norsk nynorsk: Brasil
norsk: Brasil
Novial: Brasilia
Nouormand: Brési
Sesotho sa Leboa: Brazil
occitan: Brasil
Livvinkarjala: Braziilii
Oromoo: Biraazil
ଓଡ଼ିଆ: ବ୍ରାଜିଲ
Ирон: Бразили
ਪੰਜਾਬੀ: ਬ੍ਰਾਜ਼ੀਲ
Pangasinan: Brazil
Kapampangan: Brasil
Papiamentu: Brazil
Picard: Brésil
Deitsch: Brasilien
Pälzisch: Brasilje
पालि: ब्रासील
Norfuk / Pitkern: Bresel
polski: Brazylia
Piemontèis: Brasil
پنجابی: برازیل
پښتو: برازیل
português: Brasil
Runa Simi: Prasil
rumantsch: Brasilia
Romani: Brazil
Kirundi: Brazil
română: Brazilia
tarandíne: Brasile
русский: Бразилия
русиньскый: Бразілія
Kinyarwanda: Burezile
संस्कृतम्: ब्रासील
саха тыла: Бразилия
sardu: Brasile
sicilianu: Brasili
Scots: Brazil
سنڌي: برازيل
davvisámegiella: Brasilia
srpskohrvatski / српскохрватски: Brazil
සිංහල: බ්‍රසීලය
Simple English: Brazil
slovenčina: Brazília
slovenščina: Brazilija
Gagana Samoa: Pasila
chiShona: Brazil
Soomaaliga: Barasiil
shqip: Brazili
српски / srpski: Бразил
Sranantongo: Brasilkondre
Sesotho: Brazil
Seeltersk: Brasilien
Basa Sunda: Brasil
svenska: Brasilien
Kiswahili: Brazil
ślůnski: Brazylijo
தமிழ்: பிரேசில்
తెలుగు: బ్రెజిల్
tetun: Brazíl
тоҷикӣ: Бразилия
ትግርኛ: ብራዚል
Türkmençe: Braziliýa
Tagalog: Brazil
Tok Pisin: Brasil
Türkçe: Brezilya
татарча/tatarça: Бразилия
chiTumbuka: Brazil
Twi: Brazil
reo tahiti: Parīihi
тыва дыл: Бразилия
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: برازىلىيە
українська: Бразилія
اردو: برازیل
oʻzbekcha/ўзбекча: Braziliya
Tshivenda: Brazil
vèneto: Braxil
vepsän kel’: Brazilii
Tiếng Việt: Brasil
West-Vlams: Brazilië
Volapük: Brasilän
walon: Braezi
Winaray: Brasil
Wolof: Breesil
吴语: 巴西
isiXhosa: Brasil
მარგალური: ბრაზილია
ייִדיש: בראזיל
Yorùbá: Brasil
Vahcuengh: Bahsih
Zeêuws: Brezilië
中文: 巴西
文言: 巴西
Bân-lâm-gú: Pa-se
粵語: 巴西
isiZulu: IBrazili