Bouches-du-Rhône

Bouches-du-Rhône (13)
Blason département fr Bouches-du-Rhône.svg
Ligging van Bouches-du-Rhône in Frankryk
GewesProvence-Alpes-Côte d'Azur
PrefektuurMarseille
OnderprefektureAix-en-Provence
Arles
Istres
Bevolking835 719 inw.
(1999)
Bevolkingsdigtheid361 inw./vk km
Oppervlakte5 087 vk km
Arrondissemente4
Kantonne57
Munisipaliteite119
President van die
Conseil général
Jean-Noël Guérini

Bouches-du-Rhône [buʃdyˈʀoːn] (Oksitaans: Bocas de Ròse) is 'n Franse département aan die Middellandse See en vernoem na die Rhône-rivier wat hier in die see uitmond. Sy prefektuur (hoofstad) is Marseille, sy onderprefekture Aix-en-Provence, Arles en Istres. Die département maak deel uit van die gewes Provence-Alpes-Côte d'Azur.

Geskiedenis

Sononder in die Alpilles-bergreeks

Die eerste menslike nedersettings in die gebied van die huidige département het sowat 400 000 jaar gelede ontstaan. Sowat 25 000 jaar gelede het die destydse bewoners tonele uit hulle lewe op die byna ontoeganklike rotswande van die Cosquer-grot uitgebeeld. Hierdie muurskilderye is eers in die 20ste eeu ontdek.

Sowat 2 600 jaar gelede is die destydse Massalia (tans Marseille) ná die huwelik van 'n Griekse seevaarder en 'n Liguriese prinses as die eerste stad in Frankryk gestig. Die stad is later ná 'n beleg van ses maande deur Gaius Julius Caesar en sy troepe ingeneem.

Maar die Romeine was nie die laaste vreemde heersers nie. Die gebied is later nog deur die Wes-Gote, Boergondiërs en Oos-Gote verower.

Die huidige département is gedurende die Franse Rewolusie op 4 Maart 1790 deur vader Sieyès, 'n afgevaardigde in die Konstitusionele Vergadering (Frans: Constituante), geskep. Veral die bewoners van die omgewing van Aix-en-Provence, die geboortestad van Mirabeau, was getroue aanhangers van die rewolusionêre beweging.

Other Languages
aragonés: Bocas d'o Roine
العربية: بوش دو رون
беларуская: Буш-дзю-Рон
беларуская (тарашкевіца)‎: Буш-дзю-Рон
български: Буш дю Рон
Чӑвашла: Буш-дю-Рон
فارسی: بوش-دو-رون
客家語/Hak-kâ-ngî: Bouches-du-Rhône-sén
עברית: שפך הרון
Հայերեն: Բուշ դյու Ռոն
Bahasa Indonesia: Bouches-du-Rhône
ქართული: ბუშ-დიუ-რონი
қазақша: Буш-дю-Рон
한국어: 부슈뒤론 주
lietuvių: Ronos delta
latviešu: Bušdirona
Bahasa Melayu: Bouches-du-Rhône
Plattdüütsch: Bouches-du-Rhône
Nederlands: Bouches-du-Rhône
norsk nynorsk: Bouches-du-Rhône
Kapampangan: Bouches-du-Rhône
polski: Delta Rodanu
português: Bocas do Ródano
русский: Буш-дю-Рон
davvisámegiella: Bouches-du-Rhône
srpskohrvatski / српскохрватски: Bouches-du-Rhône
Simple English: Bouches-du-Rhône
slovenčina: Bouches-du-Rhône
slovenščina: Bouches-du-Rhône
српски / srpski: Ушће Роне
українська: Буш-дю-Рон
Tiếng Việt: Bouches-du-Rhône
Bân-lâm-gú: Bouches-du-Rhône
粵語: 隆河河口