Amptelike taal

Amptelike tale van Afrika:
██ Afrikaans ██ Arabies ██ Engels ██ Frans██ Portugees ██ Spaans ██ Swahili ██ ander tale
Indiese deelstate met Hindi, Engels of plaaslike tale as amptelike tale

Die term amptelike taal (ook ampstaal of offisiële taal) verwys na dié taal wat deur die regering en ander owerhede van 'n bepaalde staat gebruik word om met mekaar en met die burgers te kommunikeer en wat ook deur die bewoners van die land gebruik word indien hulle 'n administratiewe instelling kontak. Meesal is die taal wat vir die grondwet van 'n land gebruik word, ook sy amptelike taal. Veelvolkige lande soos Suid-Afrika het dikwels meer as een amptelike taal.

In teenstelling met amptelike tale word verkeerstale in 'n veeltalige omgewing gebruik om die kommunikasie te vergemaklik, terwyl skool- of onderwystale net in die onderwys van 'n bepaalde land gebruik word.

Die keuse van die ampstaal

Die ampstaal of ampstale is nie noodwendig die moedertaal van die bevolking van 'n bepaalde land nie.

In Europa, Asië of die Amerikas is gewoonlik die taal met die meeste sprekers as die amptelike taal gekies; derhalwe is Duits die amptelike taal van Duitsland en Portugees (Brasileiro) die amptelike taal van Brasilië. In Afrika het die voormalige koloniale taal dikwels die status van amptelike taal gekry, soos byvoorbeeld Frans in Mali of Engels in Zambië. Hierdie praktyk bevoordeel meesal die heersende elite, wat die ampstaal in teenstelling met die gewone bevolking magtig is.

Slegs in 'n klein aantal lande soos Switserland (met vier amptelike tale: Duits, Frans, Italiaans en Romansch), België (met drie amptelike tale: Nederlands, Frans en Duits) en Suid-Afrika (met elf amptelike tale) is die belangrikste landstale as amptelike tale erken. Die meeste minderheidstale (soos Bretons, Duits en Nederlands in Frankryk) geniet nie hierdie soort erkenning nie – enersyds word minderheidstale as 'n bedreiging vir die nasionale eenheid van 'n land beskou, andersyds kan baie lande dit nie bekostig om alle beamptes twee- of meertalig op te lei en amptelike dokumente in meer as een taal uit te gee nie. In die praktyk lei 'n sodanige taalbeleid moontlik tot die afskaling en maatskaplike minagting van nie-amptelike of tweederangse amptelike tale.

'n Moontlike kompromis is die erkenning van 'n streeksgebonde status as amptelike taal (Italië erken byvoorbeeld die ampstaalstatus van Duits in die oorwegend Duitstalige Suid-Tirool).

Other Languages
Alemannisch: Amtssprache
አማርኛ: የስራ ቋንቋ
aragonés: Idioma oficial
العربية: لغة رسمية
asturianu: Llingua oficial
azərbaycanca: Dövlət dili
башҡортса: Рәсми тел
Boarisch: Amtssproch
žemaitėška: Valstībėnė ruoda
беларуская: Афіцыйная мова
беларуская (тарашкевіца)‎: Афіцыйная мова
български: Официален език
Bahasa Banjar: Bahasa rasmi
brezhoneg: Yezh ofisiel
bosanski: Službeni jezik
qırımtatarca: Resmiy til
čeština: Úřední jazyk
Deutsch: Amtssprache
ދިވެހިބަސް: ރަސްމީ ބަސް
Ελληνικά: Επίσημη γλώσσα
Esperanto: Oficiala lingvo
español: Idioma oficial
estremeñu: Luenga oficial
فارسی: زبان رسمی
Gàidhlig: Cànan Oifigeil
客家語/Hak-kâ-ngî: Kôn-fông ngî-ngièn
עברית: שפה רשמית
हिन्दी: राजभाषा
hrvatski: Službeni jezik
interlingua: Lingua official
Bahasa Indonesia: Bahasa resmi
日本語: 公用語
Basa Jawa: Basa resmi
қазақша: Ресми тіл
ភាសាខ្មែរ: ភាសាផ្លូវការ
ಕನ್ನಡ: ರಾಜಭಾಷೆ
한국어: 공용어
къарачай-малкъар: Официал тил
Кыргызча: Ырасмый тил
Lëtzebuergesch: Offiziell Sprooch
Limburgs: Officieel taol
latviešu: Valsts valoda
олык марий: Кугыжаныш йылме
Baso Minangkabau: Bahaso rasmi
македонски: Службен јазик
मराठी: राजभाषा
Bahasa Melayu: Bahasa rasmi
مازِرونی: رسمی زوون
Nāhuatl: Tecpantlahtolli
Napulitano: Lengua ufficiale
Plattdüütsch: Amtsspraak
Nederlands: Officiële taal
norsk nynorsk: Offisielt språk
پښتو: رسمي ژبه
português: Língua oficial
Runa Simi: Tukri simi
саха тыла: Ил тыл
sicilianu: Lingua ufficiali
srpskohrvatski / српскохрватски: Službeni jezik
Simple English: Official language
slovenčina: Úradný jazyk
slovenščina: Uradni jezik
српски / srpski: Службени језик
Seeltersk: Amtssproake
Basa Sunda: Basa resmi
Kiswahili: Lugha rasmi
ślůnski: Urzyndowo godka
Türkçe: Resmî dil
татарча/tatarça: Рәсми тел
українська: Державна мова
oʻzbekcha/ўзбекча: Davlat tili
吴语: 官方語言
მარგალური: სახენწჷფო ნინა
中文: 官方语言
Bân-lâm-gú: Koaⁿ-hong gí-giân
粵語: 法定語言