Aardbewing

Die episentrum van aardbewings wêreldwyd vanaf 1963–1998.
Wêreldwye bewegings van tektoniese plate.

'n Aardbewing is die waarneembare skud van die aarde se oppervlakte as gevolg van die skielike vrystelling van energie in die aardkors wat seismiese golwe vrystel. Aardbewings kan gewelddadig genoeg wees om mense rond te gooi en stede totaal te verwoes. Die seismiese aktiwiteit in 'n gebied verwys na die frekwensie, tipe en die omvang van aardbewings wat oor 'n bepaalde tyd voorkom.

Aardbewings wek gewoonlik wye openbare belangstelling as gevolg van die verwoesting en lewensverlies wat algemeen daarmee gepaard gaan. Die meeste skade word gewoonlik aangerig deur vallende geboue en brande wat uitbreek. Brandwaterpype word gewoonlik beskadig en daarom woed die brande onverstoord voort. Grondverskuiwings en sneeustortings kan in sommige gebiede deur aardbewings veroorsaak word en groot skade kan aan ondersese kabels aangerig word, asook groot visvrektes te wyte aan ondersese aardbewings.

Aardbewings word gemeet volgens waarnemings op seismiese meters. Die  Moment-magnitude-skaal is die algemeenste skaal waarvolgens aardbewings groter as sowat 5 vir die totale aarde aangeteken word. Die meertallige aardbewings minder as omvang 5, wat by nasionale seismologiese waarnemingstasies gemeet word, is meestal op die plaaslike omvangskale gegrond, wat dikwels na verwys word as die Richterskaal. Die twee skale is numeries eenders.  Omvang 3 is meestal byna onsigbaar of swak en omvang 7 rig ernstige skade oor wye gebiede aan, afhangende van die diepte daarvan. Die grootste aardbewings in menseheugenis was net bietjie meer as 9 gemeet, hoewel daar geen beperkings op die omvang van so 'n aardbewing is nie. Die intensiteit van die skud word gemeet op die aangepaste Mercalliskaal. Hoe vlakker die aardbewing gebeur, hoe meer verwoestend is dit vir huise, geboue en ander strukture. [1]

Aardbewings kan ook veroorsaak word deur mynbedrywighede, soos in 2005 by Stilfontein en Klerksdorp in Noordwes. Gewoonlik is die werklike beweging baie klein, bv. 'n paar millimeter of selfs minder, maar dit gebeur so skielik dat die uitwerking op die oppervlakte chaoties kan wees.

Oor die algemeen word die woord aardbewing gebruik om enige seismiese gebeurlikheid te beskryf- of dit nou natuurlik- of deur die mens self veroorsaak word- wat seismiese golwe veroorsaak. Aardbewings word in die meeste gevalle veroorsaak deur die skeuring van geologiese verskuiwings, maar ook as gevolg van ander aktiwiteite soos vulkaniese uitbarstings, grondstortings, en kerntoetse. 'n Aardbewing se punt van aanvanklike skeuring word die fokus of hiposentrum genoem. Die episentrum is die punt op grondvlak reg bokant die hiposentrum.

Wanneer 'n aardbewing aan 'n kuslyn of onder die see plaasvind, kan daar 'n reuse getygolf, of Tsunami, ontstaan. Hierdie golwe kan ontsaglike skade aan laagliggende kuslyne veroorsaak. Aardbewings kom in sommige dele van die aarde meer dikwels voor as in ander. Die gebiede wat die meeste geraak word lê langs 'n omvangryke gordel wat feitlik oor die hele aarde strek. Hierdie gevaargebiede kan nagespeur word vanaf die weskus van Suid-Amerika, oor Sentraal-Amerika en die Karibiese eilande en verder noordwaarts met die Stille Oseaan tot langs die weskus van Noord-Amerika. Daarna swaai die gordel weswaarts weg deur die Aleoetiese Eilande na Asië en omspan die hele ooste en suidooste van Asië met die aanliggende eilande, om daarna weer weswaarts uit te dy na die Mediterreense streke en na Suid- Europa.

Natuurlike aardbewings

Soorte van verskuiwingslyne

Tektoniese aardbewings gebeur op enige plek in die wêreld waar daar genoegsame elastiese vervormingsenergie opgegaar is om  fraktuur- voortplanting langs verskuiwingslyne af te dryf. Die sye van 'n verskuiwingslyn  beweeg net gladweg en seismies by mekaar verby as daar nie enige onreëlmatighede of afwykings langs verskuiwingsoppervlakte voorkom wat die wrywingsweerstand vererger nie. Die meeste verskuiwingslyne het sulke afwykings en dit veroorsaak 'n soort van vassteek-gly gedrag. Wanneer 'n lyn vassteek veroorsaak die voortdurende relatiewe beweging tussen die lyne toenemende druk en word daar dus vervormingsenergie rondom die verskuiwingslyn se oppervlakte opgegaar. Dit duur voort totdat die druk genoeg deur die hewigheid van die energie breek, en dan bied dit ruimte vir die lyn om skielik oor die vasgekeerde lyn te breek. Dit stel dan die opgegaarde energie vry. [2] Dié energie word as 'n kombinasie van uitgestraalde elastiese vervormingsenergie, seismiese golwe, wrywingskragverwarming van die lynoppervlakte, en rotskrake vrygelaat, wat 'n aardbewing veroorsaak. Die meeste van 'n aardbewing se energie word gebruik om die aardbewing se krake groter te maak of dit om te skakel na hitte-geleide wrywing. Aardbewings verlaag dus die aarde se beskikbare elastiese potensiële energie en verhoog sy temperatuur, hoewel hierdie veranderings nie belangrik is, in vergelyking met die geleidende en konvektiewe vloei van hitte uit die diepte van die aarde. [3]

Aardbewings se soort van verskuiwingslyne

Daar is drie hooftipes van lyne, wat almal 'n sort van verskuiwingslyn is, wat almal 'n interplate aardbewing kan veroorsaak: normale, omgekeerde (stukrag) en tref-gly. Normale en omgekeerde verskuiwing is voorbeelde van afwip en gly, waar die verplasing langs die verskuiwing is in die rigting van 'n dip en die beweging daarop vertikaal geskied. Normale verskuiwings gebeur normaalweg in gebiede waar die kors gestut word soos by 'n uiteenlopende grens. Omgekeerde verskuiwings gebeur in gebiede waar die kors verkort is, soos by 'n uiteenlopende grens. Tref-gly verskuiwings is steil strukture waar die twee kante van die verskuiwing, horisontaal by mekaar verby gly. Baie aardbewings word veroorsaak deur die beweging van verskuiwings met komponente van beide dip-gly en tref-gly. Dit staan bekend as skuinsgly.

Aardbewings en vulkaniese aktiwiteite

Aardbewings kom dikwels in vulkaanstreke voor en word veroorsaak deur beide die Plaattektoniek en die beweging van  Magma in  Vulkane. Sulke aardbewings kan dien as vooraf waarskuwings van vulkaniese uitbarstings, soos met die uitbarsting van Mount Saint Helens in 1980.

Naskokke

'n Naskok is 'n aardbewing wat na 'n vorige een, die hoof-aardbewing- gebeur. 'n Naskok is in dieselfde gebied as die hoof een, maar altyd van minder omvang. Wanneer 'n naskok erger as die eerste een is, word die naskok as die hoofskok beskou en die oorsponklike eerste skok as 'n voorskok gedokumenteer. Naskokke vorm as die kors rondom die verplaasde verskuiwingslyne wat aanpas by die uitwerking van die hoofskok. [4]

Aardbewingswerms

Aardbewingswerms is 'n reeks van aardbewings wat 'n spesifieke gebied in 'n kort tyd tref. Dit is anders as die aardbewings wat met naskokke opgevolg word omdat nie een van 'n rits sulke bewings eintlik die hoofskok is nie, daarom het nie enige van sulke opvolgbewings 'n groter omvang as enige van die ander nie. 'n Voorbeeld hiervan is die swerm wat die  Yellowstone Nasionale Park in 2004 getref het. [5] In Augustus 2012 tref so 'n aardbewingswerm suid-Kalifornië se Imperial Valley wat die ergste geval in die gebied sedert die 1970's was. [6]

Soms gebeur 'n sogenaamde aardbewingstorm waar die aardbewing die verskuiwinglyn in trosse tref, wat elkeen deur die skok of stresverspreiding van die voorafgaande aardbewings ontketen is. Soortgelyk aan naskokke, maar in segmente van verskuiwingslyne gebind, gebeur sulke storms deur die jare, met die aardbewings wat opvolg, en wat netso verwoestend as die voriges is. Sulke patrone ht voorgekom in die paar dosyn aardbewings wat die Noord-Anatoliese Lyn in die twintigste eeu in Turkye getref het. [7] [8]

Other Languages
Alemannisch: Erdbeben
aragonés: Tierratremo
Ænglisc: Eorþbeofung
العربية: زلزال
অসমীয়া: ভূমিকম্প
asturianu: Terremotu
azərbaycanca: Zəlzələ
تۆرکجه: زلزله
башҡортса: Ер тетрәү
Boarisch: Eadbebm
žemaitėška: Žemės kustiejėms
Bikol Central: Linog
беларуская: Землетрасенне
беларуская (тарашкевіца)‎: Землятрус
български: Земетресение
भोजपुरी: भुँइडोल
Bahasa Banjar: Lindu
বাংলা: ভূমিকম্প
brezhoneg: Kren-douar
bosanski: Zemljotres
català: Terratrèmol
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Dê-cīng
Cebuano: Linog
corsu: Terramotu
čeština: Zemětřesení
Чӑвашла: Çĕр чĕтрени
Cymraeg: Daeargryn
dansk: Jordskælv
Deutsch: Erdbeben
Zazaki: Erdlerz
डोटेली: भूकम्प
Ελληνικά: Σεισμός
emiliàn e rumagnòl: Taramòt
English: Earthquake
Esperanto: Tertremo
español: Terremoto
eesti: Maavärin
euskara: Lurrikara
estremeñu: Terremotu
Võro: Maavärrin
føroyskt: Jarðskjálvti
français: Séisme
Nordfriisk: Eerdbeewrin
Frysk: Ierdbeving
Gaeilge: Crith talún
贛語: 地震
Gàidhlig: Crith-thalmhainn
galego: Terremoto
ગુજરાતી: ધરતીકંપ
客家語/Hak-kâ-ngî: Thi-thûng
हिन्दी: भूकम्प
hrvatski: Potres
Kreyòl ayisyen: Tranblemanntè
magyar: Földrengés
Հայերեն: Երկրաշարժ
interlingua: Seismo
Bahasa Indonesia: Gempa bumi
Ilokano: Gingined
íslenska: Jarðskjálfti
italiano: Terremoto
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᓴᔪᑉᐱᓛᕗᖅ
日本語: 地震
Patois: Oertkwiek
Basa Jawa: Lindhu
ქართული: მიწისძვრა
қазақша: Жер сілкіну
ភាសាខ្មែរ: រញ្ជួយផែនដី
ಕನ್ನಡ: ಭೂಕಂಪ
한국어: 지진
Ripoarisch: Äädbevve
Kurdî: Erdhej
Кыргызча: Жер титирөө
Latina: Terrae motus
Lëtzebuergesch: Äerdbiewen
Limburgs: Eerdsjók
lingála: Moningí
latviešu: Zemestrīce
македонски: Земјотрес
മലയാളം: ഭൂകമ്പം
मराठी: भूकंप
Bahasa Melayu: Gempa bumi
Mirandés: Sismo
မြန်မာဘာသာ: ငလျင်လှုပ်ခြင်း
Napulitano: Tarramute
Plattdüütsch: Eerdbeven
Nedersaksies: Eardbewing
नेपाली: भुईंचालो
नेपाल भाषा: भुखा
Nederlands: Aardbeving
norsk nynorsk: Jordskjelv
norsk: Jordskjelv
Diné bizaad: Kéyah haʼdéísná
occitan: Tèrratrem
ଓଡ଼ିଆ: ଭୂମିକମ୍ପ
ਪੰਜਾਬੀ: ਭੁਚਾਲ
Papiamentu: Terremoto
پنجابی: بھونچال
پښتو: رېږدله
português: Sismo
Runa Simi: Pacha kuyuy
rumantsch: Terratrembel
română: Cutremur
русиньскый: Землетрясїня
Kinyarwanda: Umutingito
संस्कृतम्: भूकम्पः
саха тыла: Сир хамсааһына
sardu: Terremotu
sicilianu: Tirrimotu
Scots: Yirdquauk
srpskohrvatski / српскохрватски: Potres
සිංහල: භූචලන
Simple English: Earthquake
slovenčina: Zemetrasenie
slovenščina: Potres
Soomaaliga: Dhulgariir
shqip: Tërmeti
српски / srpski: Земљотрес
Sranantongo: Grontapubeyfi
Basa Sunda: Lini
svenska: Jordbävning
తెలుగు: భూకంపం
тоҷикӣ: Заминларза
Tagalog: Lindol
Türkçe: Deprem
татарча/tatarça: Җир тетрәү
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: يەر تەۋرەش
українська: Землетрус
اردو: زلزلہ
oʻzbekcha/ўзбекча: Zilzila
vèneto: Teremoto
Tiếng Việt: Động đất
West-Vlams: Eirdbevienge
Winaray: Linog
吴语: 地震
მარგალური: დიხაშნწალუა
Vahcuengh: Deihdoengh
中文: 地震
Bân-lâm-gú: Tē-tāng
粵語: 地震